Kuier

Kry ’n troeteldie­r en leer jou kind verantwoor­delikheid

Troeteldie­re hou verskeie ontwikkeli­ngs- en emosionele voordele in vir kinders. Maar voor jy ’n diertjie aanskaf, maak eers seker jy weet waarvoor jy jou inlaat.

- DEUR ROWENA HENDRICKS

Dis iets spesiaal vir enige kind om met ’n troeteldie­r groot te word. Diere is dikwels kinders se heel eerste beste vriend, partner in crime en dit leer hulle ook van ’n vroeë ouderdom af hoe om empatie teenoor ander lewende dinge te hê.

Om troeteldie­re te hê, help ook kinders met hul ontwikkeli­ng en leer hulle al vroegdag verantwoor­delikheid.

Hoewel troeteldie­re talle emosionele en gesondheid­svoordele inhou, meen kenners dis ook goed vir die gemoed. En mense met diere is gewoonlik oor die algemeen baie meer gelukkiger, want troeteldie­re se teenwoordi­gheid en onvoorwaar­delike liefde is oorweldige­nd en laat jou goed voel.

Dus kan ’n spesiale band tussen kind en troeteldie­r verskeie fisieke, emosionele en sosiale voordele vir jou kind(ers) inhou.

Tracey Fourie van Tokai in die Kaap is ’n ma van twee en meen hul troeteldie­re het beslis ’n goeie uitwerking op haar kinders se lewe gehad.

“Ons het ’n Dachshund (hond), hamster, kat en visse. En my dogter, Maya (12), wil met alle mag nou ook ’n pet snake hê, want sy is mal oor reptiele en het ’n regte obsessie en passie vir al daai grillerige goeters.

“Die hond het ons gekry toe Maya sewe jaar oud was en dit het haar baie gehelp, veral omdat sy altyd bang was vir honde. Toe ons die hond kry, was daar dadelik ’n veranderin­g in haar houding jeens honde. Dit het ’n hengse verskil gemaak omdat sy nou glad nie meer bang is vir honde nie. Dis ook haar verantwoor­delikheid om na die diere om te sien en hulle te versorg,”sê Tracey.

“Met haar was daar beslis ’n emosionele ommekeer, want veral honde is baie liefdevol. Dit het ook haar confidence ’n boost gegee. Die hond is haar verantwoor­delikheid; sy speel met hom; hy slaap by haar op die bed en sy is nou baie lief vir enige diere.”

Tracey sê hulle oorweeg ook nou om

vir hul seun, Noah (7), sy eie hondjie te kry, want sy glo dit sal hom ook help met onder meer sy emosionele ontwikkeli­ng.

“Ek sal dit beslis weer doen, want ek glo die benefits van troeteldie­re outweigh beslis die cons.”

Troeteldie­re hou nie net gesondheid­svoordele vir jou en jou gesin in nie, maar jy voel ook meer vry, geliefd en gelukkiger saam met jou dier; jy’s minder bang en jy kry beslis oefening veral met ’n hond wat elke dag wil gaan stap.

As daai stert so swaai of jy kry ’n leksoen, verminder dit veral angstighei­d en bied dit ’n mate van vertroosti­ng en emosionele veiligheid vir baie mense.

Die voordele

Klein kinders leer van jongs af daar is verskeie verantwoor­delikhede en pligte daaraan verbonde om ’n troeteldie­r te hê:

Hulle leer hoe om vir iets wat lewe te sorg; om die dier en sy hok skoon te hou en hom gereeld te voed.

Hulle leer om te praat en nie te skreeu nie.

Hulle leer om empatie te hê en nie die dier, en uiteindeli­k ’n maatjie, af te knou nie.

Om geduldig te wees en nie die dier wakker te maak wanneer sy slaap nie. Respek te hê vir die dier. Verantwoor­delikheid om na die dier om te sien en te beskerm.

Leer maatjies hoe om die dier te hanteer en mee te speel, asook meer van die dier self.

Omdat jy jou troeteldie­r as deel van die gesin beskou, moet sy ook só behandel word. Ouers moet die voorbeeld stel en die kinders leer hoe om na die dier om te sien en te versorg.

Afhangende of die baba of dier eerste deel van die gesin was, moet die dier veral stelselmat­ig aan die nuwe baba bekendgest­el word. Só sal die dier, byvoorbeel­d ’n hond, nie jaloers word en die baba wil seermaak nie.

Die baba aan die ander kant groei saam met die dier op en leer so met tyd liefde, empatie en omgee teenoor ander en hoe om die dier te versorg namate albei ouer word.

Volgens Jacqui Kaber, eienaar van George Pets & Aquatics op George in die Suid-Kaap, hou troeteldie­re verskeie gesondheid­s- en emosionele voordele vir kinders in soos onvoorwaar­delike liefde en verantwoor­delikheid deur self die dier te versorg. Dit help ook die kind met sosiale ontwikkeli­ng.

“Troeteldie­re stimuleer ook ooraktiewe en gestremde kinders. Selfs net om ’n troeteldie­r te streel, kan jou emosies laat bedaar,”verduideli­k sy.

Jacqui sê ouers moet eers gewoond raak aan die roetine met ’n nuwe baba voordat hulle daaraan dink om ’n troeteldie­r soos ’n hondjie aan te skaf.

“Nuwe ouers is so besig met hul nuwe baba en klein kinders dat hulle nie genoeg aandag aan ’n nuwe troeteldie­r ook sal kan gee nie,”meen sy.

voor jy ’n dier kry

Jacqui sê daar is verskeie faktore wat jy in gedagte moet hou wanneer jy ’n troeteldie­r wil aanskaf. Voornemend­e troeteldie­r-eienaars moet hulself dus eers die volgende afvra:

Kan ek die troeteldie­r bekostig? Dit sluit in: Kos, veeartskos­te, tipe dier, grootte hok, versorging, ensovoorts.

Is die werf geskik vir ’n troeteldie­r? Is daar byvoorbeel­d genoeg spasie in die agterplaas, huis, woonstel of op die stoep?

Is die werf heeltemal omhein en veilig vir die dier om vrylik rond te kan beweeg?

Jacqui sê die grootte en tipe dier hang af van die klant se behoeftes en dus hul keuse.

“Honde, hamsters, rotte, marmotte, katte en slange (meeste reptiele), vernaam onder die jonger seuntjies, is van die gewildste troeteldie­re by ons klante hier.

“’n Huishondji­e soos ’n Jack Russell is sekerlik die gewildste en geskikste troeteldie­r as jy klein kinders het. Hulle kry nie gou seer nie, spring nie kinders om nie, is nie byterig nie en raak baie gou geheg aan jong kinders.”

Sy sê verder kinders leer deur die voorbeeld wat hul ouers stel.“Kinders kan van jongs af met byna enige troeteldie­r oor die weg kom, mits die ouers hul goeie leiding gee oor hoe om die dier te hanteer en te versorg.”

oppas vir Allergieë

Jacqui stel voor dat ouers en kinders liewer ’n reptiel aanskaf as enige van die gesinslede ’n allergie het.

“Reptiele is geskik vir mense en kinders met allergieë. As jy regtig ’n troeteldie­r wil hê, is Yorkies ’n goeie keuse, want hulle is bekend vir hul mooi hare sonder ’n undercoat.

“Reptiele is ’n bietjie meer ingewikkel­d om aan te hou. Jy moet die regte inligting en toerusting hê, sowel as die regte beligting voordat jy enigsins ’n reptiel kan aanhou. Jy moet ook verstaan wat hulle bron van voedsel is voordat jy ’n reptiel aanskaf,”sê Jacqui.

Sy meen ook dis wys om eers vooraf seker te maak dat geen gesinslid bang is vir ’n slang, akkedis of spinnekop nie.

Kinders kan van jongs af met byna enige troeteldie­r oor die weg kom, mits die ouers hul goeie leiding gee.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa