Kuier

’n Geskinder by die werk kan erge nagevolge hê

Skinder kan verwoesten­de gevolge hê, so dink mooi voor jy stories oor jou kollegas by die werk aandra.

- DEUR ILLANA FRANTZ

Ons almal hou van ’n lekker juicy storie wat die tonge laat klap en die monde laat oophang. Soms is dit skadeloos, maar ander kere kan dit blywende skade aanrig. Selfs by die werk gebeur dit soms dat een kollega ’n ander slegmaak deur haar swakpunte aan ander uit te wys om haarself beter te laat lyk. En wanneer skindersto­ries by die werk versprei word, kan dit nie net mense se lewens verwoes nie, maar die hele werk-atmosfeer omkrap.

AANTYGINGS

Janine Terhoven (26)* van Stellenbos­ch is deur een van haar kollegas beskuldig dat sy ’n affair gehad het met ’n ander kollega – ’n gevaarlike aantyging aangesien albei van hulle getroud is.

“Tydens ’n team building geleenthei­d het ek en die kollega lekker begin gesels en besef ons het baie in gemeen. Daarna was ons baie meer vriendelik met mekaar by die werk; ons het saam koffie gaan maak en omdat ons nie in dieselfde vertrek in die kantoor gewerk het nie, het ons so nou en dan vir mekaar emails gestuur. Net om te hoor hoe dit gaan, als heeltemal vriendelik en onskuldig.”

Die ander spanlede het dié nuutgevond­e vriendskap agtergekom en onder mekaar begin praat. Dit het gegons en almal het bespiegel oor wat presies die aard van dié twee se verhouding was. Op ’n dag het Janine moeg geraak van die geskinder en wou dit stopsit.

Janine, wat vir ’n bemarkings­maatskappy werk, onthou sy het ’n draai gaan loop, maar het doelbewus haar

rekenaar se skerm op haar inbox gelos sodat die een kollega, wie sy oortuig was agter die gerugte sit, haar inbox kon sien. Janine sê sy was seker dat dié skinderbek haarself nie sou kon keer om in haar inbox te gaan snoop nie.

“Ek moes my timing perfek uitwerk om na my lessenaar terug te keer, want ek wou haar daar vang. Toe ek daar kom, het sy gemaak asof sy iets work-related op my rekenaar soek, maar haar hele gesig het gewys dat sy skuldig is and that I caught her red handed,”vertel Janine, wat toe die kollega gekonfront­eer het.

Daarna was dinge nooit weer dieselfde nie. Hulle het in dieselfde afdeling gewerk, maar Janine sê sy het die kollega daarna heeltemal geïgnoreer.

“Ja, dit mag dalk nou ’n bietjie kinderagti­g klink, maar ek het net gevoel dat sy geen reg gehad het om in my persoonlik­e goed te krap nie, veral omdat daar geen bewyse van enige affair was nie.”

Volgens Janine het hul onderonsie die atmosfeer by die werk so onaangenaa­m gemaak dat die kollega kort daarna bedank en iewers anders gaan werk het.

VURIGE KOOPLUS

Doreen September* (36) van Grassy Park op die Kaapse Vlakte het met ’n gemener soort kwaadpraat te doen gekry. Sy koop gereeld items aanlyn wat by haar werk afgelewer word, want online shopping spaar haar tyd, dan sy hoef nie na die winkel te ry of in ’n lang queue te gaan staan nie.

Maar van haar kollegas stem nie heeltemal saam met haar manier van dinge doen nie. Sy moet gereeld aanmerking­s verduur wanneer die pakkies afgelewer word en ook nog wanneer sy dan die nuwe klere of skoene werk toe aantrek.

“Ek is ’n baie private mens, maar wanneer my goed afgelewer word, moet ek hoor:‘Wat het jy nou weer gekoop?’of‘Het jy alweer iets nuuts gekoop?’. Ek gaan nie na hulle toe en vra wat hulle in hul lunchtyd gekoop het nie.

“Ek voel ook asof ek geboelie word, want dit voel asof hulle in my persoonlik­e spending is. Wat ek koop, wanneer ek dit koop en hoeveel ek daarop spandeer, is my besigheid,”sê Doreen.

Sy voeg by wanneer sy ’n nuwe kledingstu­k of skoene werk toe dra, sou sy verkies dat haar kollegas haar eerder ’n opregte kompliment gee of liewer moet stilbly, in plaas van om altyd te vra:“Het jy alweer nuwe klere of skoene aan?”

Doreen sê sy is nou al so ingestel op wat haar kollegas gaan sê dat sy nou eerder haar nuwe klere en skoene vir afterhours en naweke hou en dit dan dra wanneer niemand niks daaroor gaan sê nie.

Sy sê sy het al probeer om grappender­wys haar ongelukkig­heid hieroor bekend te maak, want sy wil nie dinge onaangenaa­m in die kantoor maak nie, maar dit lyk nie of haar kollegas die hint vang nie.

“Ek weet nie of hulle praat omdat hulle jaloers is of niks anders het om te doen nie, maar ek wil net hê hulle moet my uitlos sodat ek my goed in vrede kan dra.”

HOEKOM SKINDER?

Karel van der Molen, buitengewo­ne dosent van publieke leierskap by die Universite­it van Stellenbos­ch, sê daar is ’n paar redes hoekom werkers hulself by skindersto­ries betrek.

Onsekerhei­d in die werkplek. Dit gebeur wanneer iemand bedreig voel oor hul posisie by die werk. Wanneer kollegas onder mekaar praat oor onsekerhed­e by die werk, dui dit op slegte bestuursve­rmoë. Bv. as kollegas wonder hoekom een van hulle nou skielik in ’n kantoor sit, sal hulle begin praat oor of daardie persoon nou bevorder gaan word. ’n Goeie bestuurder moet sulke onsekerhed­e uit die staanspoor uit die weg uit ruim sodat samesyn en spanwerk in die kantoor handhaaf kan word.

PHD Syndrome. Die Pull Her Downsindro­om kom voor wanneer jy iemand anders laat sleg lyk om jouself beter te laat lyk. Wanneer jy op iemand ander se verkeerde punte en foute wys, sodat jy goed kan lyk voor jou baas of bestuurder. Dit word veral gesien oor ’n koppie koffie op ’n Maandagogg­end wanneer kollegas op catch op die naweek se gebeure en ander slegmaak oor wat hulle die naweek gedoen het na aanleiding van foto’s en posts op sosiale media.

’n Kultuur van onrussaaie­ry. Wanneer mense net skinder vir die lekkerte, oor ’n lekker, juicy storie of hulle skep selfs een wanneer daar nie een is nie. Wanneer hulle byvoorbeel­d goed sê soos:“Wat het sy nou weer vandag aan? Sy wil seker die grootbaas beïndruk.”Sulke stories is soos ’n kanker en versprei net meer en meer.

HANTEER DIT SÓ

Karel stel voor in die geval waar jy ’n probleem het met ’n kollega wat stories oor jou aandra, is die beste benadering om die saak one-on-one met haar te bespreek.

Hy verduideli­k in die geval waar die kollegas altyd iets te sê het oor die ander een se koopgewoon­tes, kan dit ’n geval van jaloesie wees.“Die persoon moet reguit sê hoe die gedurige aanmerking­s in die kantoor haar laat voel. Sy moet ook verduideli­k dat die pakkies slegs by die werk afgelewer word omdat dit is waar sy die meerderhei­d van die dag deurbring.”

Hy voeg by sy moet dit ook duidelik maak dat sy weens die aanmerking­s nou ingeperk voel en nou nie meer haar nuwe klere en skoene werk toe wil dra nie.

Die ander geval is egter meer ernstig, waar aanmerking­s en aantygings oor mense se persoonlik­e verhouding­s gemaak word, veral as daar geen bewyse is om dit te staaf nie. Karel sê die benadering hier is baie tricky. Jy kan verkies om dit te ignoreer, maar dan lyk dit asof jy nie omgee oor jou reputasie nie. Jy kan ook probeer om te praat met die persoon wat die gerugte versprei, maar dan lyk dit weer asof jy skuldig is, want hoekom tree jy so verdedigen­d op?

Karel meen jy moet eers goed dink voor jy sommer uit die staanspoor jou bestuurder of selfs die HR-departemen­t hierby betrek, omdat dit dalk soos ’n aanval op die persoon sal lyk. Dit kan dinge heeltemal uit proporsie ruk, bv. met die gevolge van ’n dissiplinê­re verhoor.

“Die situasie moet reg hanteer word. Daar moet ’n balans wees tussen werkers se private sake en sake wat die produksie by die werk beïnvloed, want as dinge skeefloop, kan dit ook die verhouding en vertroue tussen die werkgewer en werknemer afbreek.”

*Skuilnaam

Ek weet nie of hulle oor my praat omdat hulle jaloers is of niks anders het om te doen nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa