Kuier

Sanger laat nie kanker hom onderkry

-

Noem die naam Ricardo en“I love you Daddy”in een sin en daar is waarskynli­k nie ’n Suid-Afrikaner wat nie sal weet van wie jy praat nie.

Ons is al in 2015, maar“I love you Daddy” word steeds op versoek op die radio gespeel. Dit was nie Ricardo se eerste single nie, maar die liedjie wat hom in die jare tagtig grootskaal­se roem besorg het.

Ricardo (gebore Ricardo Groenewald) was destyds ’n kinderster sonder gelyke in Suid-Afrika. Sedertdien was daar plaaslik nog nie weer ’n kinderster wat soveel opgang gemaak het en wie se liedjies so helder onthou word nie.

Waar hy vandag op sy lang loopbaan terugkyk, onthou die 43-jarige Ricardo die hoogte- én laagtepunt­e wat hom tot op hierdie punt in sy lewensreis gebring het: ’n kankerdiag­nose.

KANKERSKOK

Ricardo is ’n paar maande gelede met die kanker limfoom gediagnose­er en hy is tans gewikkel in ’n stryd om oorlewing. In die week van die onderhoud, moes Ricardo met chemoterap­ie begin, maar die dokters kon nie voortgaan nie, omdat hulle nie 100% seker is watter behandelin­g reg is vir hom nie.

Die verkeerde behandelin­g kan sy gesondheid verder agteruit laat gaan en daardie kans kan hulle nie vat nie. Met die onderhoud moes Ricardo nog ’n verdere twee weke wag om te hoor of dokters al weet hoe om hom te behandel. Intussen raak hy swakker en sieker by die dag.

Maar ten spyte van die stryd wat hy tans stry, lyk en praat Ricardo nie asof sy lewe verby is nie. Inteendeel, sy positiwite­it en sy lewenslus is inspireren­d en aansteekli­k.

Met Kuier se aankoms by Ricardo en sy vrou, Helen, se huis in Kuilsrivie­r in die noordelike voorstede van Kaapstad, het ons sowat tien minute gewag terwyl Helen vir Ricardo regkry.

In hierdie tyd wonder jy watter prentjie jou gaan begroet.

Toe Ricardo sy verskyning maak, is hy geklee in ’n kortbroek met wit sokkies en ’n warm trui. Dis egter nie sy klere wat jou aandag trek nie, maar hoe baie gewig hy verloor het en hoe min krag hy in sy bene en liggaam oor die algemeen het. Hy kon nie sonder Helen se ondersteun­ing tot in die voorkamer loop of gaan sit nie.

Ricardo en Helen se geestelike adviseur en woordvoerd­er, past. Julian Claassen, van die House of Mercy-kerk in die Mitchells Plain/Mandalay-omgewing, was ook daar om hom geestelik te ondersteun.

En net toe die atmosfeer dreig om swaar te raak, omdat dit nooit maklik is om siek mense te interview nie, breek Ricardo die ys en sê:“Helen, nee jinne, kom rol af my sokkies, asseblief. Ek lyk dan nou soos ’n ou man met my sokkies wat so hoog opgetrek is! En bring daar ietsie vir my hare om dit so ’n bietjie blink te maak.”

Dis met dieselfde humoristie­se en positiewe ingesteldh­eid en nederighei­d wat Ricardo uitdagings aanpak en dinge bietjie makliker maak vir almal rondom hom.

Hy erken met die onderhoud het ons hom op“een van my beter dae”gekry. Die onderhoud was lank, maar Ricardo het nooit sy glimlag verloor nie.

“Die Here het my opgevat; laat val en daardie boek toegemaak. Toe het Hy my gevat na ’n nuwe boek in my lewe, waar ek mense moet werf vir Hom. Wat nou ook met my gebeur (die kanker) wys die Here voel my testimony is nog nie klaar nie of (my boek) nog nie dik genoeg nie,”sê hy.

Hy erken so sterk as wat sy geloof is, het hy sy oomblikke gehad waarin hy vir die Here gevra het of dit (die kanker) is hoe sy lewe gaan eindig ná alles waardeur hy is? Maar dan kry hy hernude krag om te veg en nóg bladsye by sy lewensboek te voeg.

Ricardo vertel die limfoom het hom skielik en vinnig gevat.

Hy sê hy het ’n paar maande gelede snaaks begin voel. Sy sig het onder meer swak begin raak; hy het lam geraak en sy spiere het ook begin pap word.

“Maar omdat ek in my jare baie dwelms gebruik het en onder meer epilepsie en vog op die brein gehad het as gevolg daarvan, het ek gedink dalk is dit weer so iets wat terugkom. Ek het vir myself gesê, nee, man dit kan nie wees nie, want ek gebruik al jare nie meer dwelms nie. Maar toe ek nie meer my kar kon ry nie, het ek bekommerd begin raak,”vertel Ricardo.

Hy vertel voorts by Eersterivi­er-hospitaal aangekom, is hy dadelik na Tygergberg­hospitaal verwys, waar dokters limfselgew­asse in sy liggaam gekry en vermoed het dit is kankerdrae­nd. (Limfselle is weefselvog wat uit serum en witbloedli­ggaampies bestaan en deur wande van die bloedare dring om weefsels te voed.)

Eers kon dokters ná aanvanklik­e toetse nie kankerdrae­nde limfselle kry nie, maar ongelukkig was Ricardo se verligting tydelik. Want toe dokters van dié selle uitsny en toetse daarop doen, het die diagnose teruggekom: Ricardo het limfoomkan­ker.

Alles het so vinnig gebeur en nou sit en wag hy angstig vir nuus oor of dokters hom sal kan behandel . . .

PAD NA ROEM

Maar Ricardo glo dokters is hier op aarde deur God geplaas om“ons te help”

Van vorige bladsy

en daarom sal hy nie moed verloor oor effektiewe behandelin­g vir sy kanker nie.

Dit voel amper onwerklik om te dink ’n laaitie van Humansdorp buite Port Elizabeth kon soveel sukses bereik – boonop in die apartheids­era.

Maar Ricardo se sangtalent was groter die politieke omstandigh­ede in die land in daardie stadium en sy pa, Willie Groenewald, self ’n talentvoll­e sanger, het dit geweet. Wyle oom Willie het nie gestop voordat die regte mense Ricardo hoor sing het en hom ’n superster gemaak het nie. Selfs al het dit beteken hy moes sy jongste vat en weghardloo­p Johannesbu­rg toe en op ’n treinstasi­e slaap en sing om te oorleef. Hy sou seker maak almal hoor sy seun se ongeloofli­ke stem.

En oom Willie se droom het waar geword, want Ricardo het op 10-jarige ouderdom ’n superster geword, maar niks het Ricardo voorberei op die lewe wat daarna vir hom sou wag nie. Alles het te vinnig gebeur – sy roem het so vinnig gekom en terwyl sy hart nog gesmag het om kind te wees, was hy in ’n grootmensw­êreld gedompel en moes hy soos een leer optree. Hoe dan anders as jy op 11 jou hele gesin se broodwinne­r word?

Die druk op hom was groot en iewers sou iets meegee.

Ricardo het op 15 erg begin rebelleer en sy uitklaapkl­ep eers in drank en later in dwelms gevind. Ricardo het gedink hy kan dit beheer, maar toe hy hom weer kom kry, was hy vasgevang in dwelms se greep en dit hom van sy roemryke loopbaan gestroop.

“Ek wou net hê iemand moes na my luister,”sê Ricardo in dié openhartig­e onderhoud met Kuier, waarin hy niks terug gehou het nie – nie oor sy vinnige opgang; die verkeerde besluite; sy opstaan; en verhouding met die Here nie.

Hy is oor niks spyt nie, want sê hy, “mense het nog altyd my lewe soos ’n oop boek gelees”.

Tussen die ouderdom van 18 en 21 het Ricardo ook nie meer geweet wie hy was nie. Hy het probeer opstaan en nog ’n album, Is there any justice, gemaak, maar sy aanhangers het hul vertroue in hom verloor oor sy middelmisb­ruik. Hierdie album het nie so goed gedoen nie en sy loopbaan het tot vandag nie weer dieselfde hoogtes bereik as in die tyd van “I love you Daddy” en sy eerste single “Julia” nie.

Die dwelms het nie net sy lewe en loopbaan negatief geaffektee­r nie, maar ook sy gesondheid. Dokters het hom gewaarsku om te stop, maar hy was diep vasgevang.

Ricardo was op sy laagste ooit toe ’n barmhartig­e samaritaan hom een aand in die negentigs in ’n nagklub in Johannesbu­rg raakloop. Toe het hy al alles verloor – sy loopbaan; sy besittings; sy blyplek; sy familie het elders heen getrek en hy was dié spesifieke aand weer onder die invloed van dwelms. Hy het toe ook al vir etlike dae dieselfde klere en skoene aangehad.

“Ek het seker al gestink, want daai skoene en kouse het ek al vir maklik sewe dae aangehad,”sê Ricardo laggend.

Maar die Here het iemand na hom gestuur, wat hom aan die hand gevat en aangebied het om hom te help om weer op die been te kom en ’n nuwe lewe in die Kaap te begin.

En dis presies wat Ricardo in die BoKaap, knap onder Tafelberg kom doen het. Hy het die Here in sy lewe toegelaat en homself weer gevind.

So, van swaarkry tot die beste in die lewe geniet, val en weer opstaan, kan jy Ricardo niks van vertel nie. Hy het al die lewe en veral Johannesbu­rg, waar sy loopbaan begin het, se mooi en lelike kante gesien.

Die pad wat hy tot dusver gestap het, het hom geleer om nooit op te hou baklei teen struikelbl­okke nie.

Wanneer Ricardo ons terugvat na sy kleurvolle verlede, is dit asof ’n movie voor jou afspeel.

Ricardo vertel hy het as die jongste van vyf kinders grootgewor­d met musiek en dat sy pa, wat sulke groot drome vir hom gehad het, self ’n hond uit ’n bos kon sing. Sy pa het egter nie ’n toekoms vir Ricardo in Humansdorp gesien nie en gesê hulle moet Johannesbu­rg toe.

“My pa het die kat uit die boom bekyk en gesê hy wil kyk wat ’n groot dorp vir ons kan doen. Ons het gehoor Johannesbu­rg is ’n plek waar alles gebeur. Ek was sewe jaar oud toe ek en my pa in 1979, in die middel van apartheid, Johannesbu­rg toe is. Sonder my ma se toestemmin­g! Ons het

Dis nog nie klaar voordat God sê dis klaar nie. Dit maak nie vir my sin dat dit nou die einde moet wees nie.

Ricardo

 ??  ?? HOOFFOTO EN REGS: Ricardo (Groenewald, 43) met sy unieke stem se naam was in die tagtigerja­re op almal se lippe. Sy musiek is vandag steeds uiters gewild.
HOOFFOTO EN REGS: Ricardo (Groenewald, 43) met sy unieke stem se naam was in die tagtigerja­re op almal se lippe. Sy musiek is vandag steeds uiters gewild.
 ??  ??
 ??  ?? VAN LINKS: Ricardo, eens op ’n tyd ’n energieke sanger, ly aan kanker wat sy spiere en liggaam erg aftakel. Hy het sy vrou, Helen, se hulp nodig om rond te beweeg.
VAN LINKS: Ricardo, eens op ’n tyd ’n energieke sanger, ly aan kanker wat sy spiere en liggaam erg aftakel. Hy het sy vrou, Helen, se hulp nodig om rond te beweeg.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa