Kuier

Hallo Kuiermense

-

Ai, mense dit gons steeds oor die rugby en ek dink ons gaan nog lank oor dáái game praat, maar in hierdie uitgawe bring ons ook hulde aan iemand agter die rugbyskerm­s wat bydra tot die spelers se vertoning op die veld.

Dit is werklik ’n voorreg om oom Greg (bladsy 14) se storie te kon vertel, want mense soos hy het regtig ’n groot aandeel in wat ons span op die veld kan vermag.

Hierdie uitgawe is nogal ’n lekker vermenging tussen oud en nuut! Aan die een kant sien ek nogal uit na Suidooster, kykNET se nuwe sepie wat in die Kaap afspeel. Ek dink dis hoogtyd vir ’n vars briesie op die kassie en ek kan nie wag om bruin karakters te sien wat nie gangsters, dronklappe of grapjasse is nie – ek sien uit na gewone mense, wat deur gewone dinge gaan.

Waar Suidooster iets nuut is om na uit te sien, het niks my verder teruggevat na my kinderdae as“I love you Daddy”van Ricardo nie. Voor ek my kom kry, was ek weer ’n laaitie op skool toe almal gedink het hulle kon soos Ricardo of Whitney sing. Maar dit was eintlik die hartseerst­e song ooit! Al wat ek onthou, is hoe al die kinders sonder pa’s of dié wat gewens het hulle kon regtig die liedjie oor hul pa sing, die woorde uitbasuin het soos ’n noodkreet na liefde. Of miskien hou ek my nou slim op my oudag en het ons net van die liedjie gehou. Al wat ek weet, is dat ek nou nog die woorde van daai song ken . . .

En wat ’n lewe het Ricardo nie gehad nie. Soveel hoogte- en laagtepunt­e en nou ’n kankerdiag­nose, maar soos hy self sê, sy storie is nog nie klaar nie. Ricardo, ons wens jou alle voowrspoed toe, want goed of sleg, jy het ons help memories maak.

Moenie ons volgende uitgawe mis nie, want dan sit Karen weer ’n feesmaal vir Krismis voor.

Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa