Kuier

SMS

-

Dagsê Kuier- span! Dit is die beste tydskrif wat ek nog ooit teëgekom het. Selfs my man en kleinkind lees dit ook. Ek hoop julle het Kersfees saam met jul familie geniet. Ek het die vorige Kersfees CD gemis, maar dankie vir die langarm CD.

HESTER PETERSEN, EIKENHOF

Baie dankie vir die R250 wat ek gewen het met jul Sheet Street-kompetisie. Ek kon dit beslis gebruik en het dit baie geniet! Dankie vir die aangename bestuurder­es en personeel van Sheet Street in Witbank. En dankie ook aan die personeel van Kuier, julle is tops.

ANNATJIE VENTER, WITBANK

Ek het die storie van langarmdan­s baie geniet (Lekker langarm, 2 Desember 2015). Ek is in my 60s en ons het omtrent elke Vrydagen Saterdagaa­nd gaan langarm by Double Bar. Ook Wat die hart van vol is... was baie oulik in daardie uitgawe. En sommer alles. Ek geniet my Kuier!

MARITA BRITS, GOODWOOD

Graag bring ek net eers my dankbaarhe­id aan julle as die Kuier- span vir al die goeie en uitstekend­e leesstof. Alles wat julle met ons deel: Die rubriek, die wenke, die verhale en die inspirasie storie smaak ons almal een groot familie. Baie kere sit en dink jy aan alles wat jy deurmaak, maar wanneer ’n mens die stories begin lees, dan sien jy hoeveel ander mense sit met groter probleme as dit waarmee jy sit. Dan sê ek net dankie Here dat ek nog my oë op Hom gevestig kan hou. Hoop julle het die Kersfees geniet en ’n voorspoedi­ge 2016 vir julle. Mag God julle met liefde seën. JEANETTE LOTTERING, FRANSCHHOE­K

Vir ’n hele week in Desember het Kuier ’n draai by ons maatskappy in Soutrivier gemaak en almal se voete het beslis gejeuk omdat ons ons werksdag met Kuier se Kersfees CD begin het. Ons kon nie wag vir die langarm CD nie en my ma weet, elke keer wanneer Kuier ’n CD uitbring, kry my ma haar eie pakkie, want dit is die ideale geskenk. BELINDA ELIZABETH, MITCHELLS PLAIN

Jong, ek kon nie wag vir die langarm CD nie. Ek moet sê in Bloemfonte­in het langarm weer herleef, danksy ons plaaslike orkes, Alex Combo. Dankie vir ons eie lekker-lees tydskrif. FREDERIKA LIMBURGH, BLOEMFONTE­IN

Baie dankie aan julle almal by Kuier. Ek hoop julle het ’n geseënde en vreugdevol­le Kersseisoe­n gehad. Dankie vir ’n puik tydskrif. Hou so aan! NATASHA JACOBS, JEFFREYSBA­AI

Kuier- mense, dankie vir mooi storie oor Debbie Pijoos van George oor haar wonderlike gemeenskap­werk in Syferfonte­in (Debbie se doel, 2 Desember 2015). Ek het ’n voorstel: Hoekom leer sy nie daardie baie arm mense van birth control nie? Hoe meer kinders hulle het, hoe meer kinders is daar om te voed en wat geklee moet word. Ek glo so kan sy nog meer mense /vroue /jongmeisie­s help om vooruit te gaan.

MARTHA EYSSEN, GOODWOOD

Zyaan, jy moet net vashou aan jou geloof (Bloed om te leef, 16 Desember 2015). Jy is baie dapper! Die groot geneser Jesus sal altyd met jou wees. Sê net vir jouself: Ek is tot alles in staat deur God wat my krag gee. Sterkte meisie! God seën jou en jou familie.

MAGRIETHA BOOYSEN,WITBANK

Hoe verskrikli­k nederig is sy nie (Bloed om te leef, 16 Desember 2015). Sy laat my so klein voel en

besef hoe maklik ons verniet kla. Ons het oneindig baie om voor dankbaar te wees. Liefste kind, dankie vir die goeie voorbeeld!

LENIE SCHULTZ, MEYERTON

Vir so ’n blymoedige kind, beloof ek om elke aand vir haar te bid (Bloed om te leef, 16 Desember 2015). Nie net vir haar nie, maar ook vir haar ma. Sterkte, ek het lanklaas sulke blymoedigh­eid gesien. BEATRICE JAFFER, DOUGLAS

Ek het voorheen ’n ander Afrikaanse tydskrif gelees, maar het eendag besluit om Kuier te probeer. Ek het dit gekoop en nooit weer teruggekyk nie. Ek is glad nie spyt oor dié kopie nie. Vandag haal ek my hoed af vir die kind (Bloed om te leef, 16 Desember 2015). Sy is pragtig en het ’n ongeloofli­ke positiwite­it. Baie sterkte, Zyaan!

ALICE VAN NIEKERK, PRETORIA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa