Kuier

NUUT BY KUIER!

-

en hul driejarige dogtertjie, Tamzyn.

“Ek is lief vir my gesin en dit is vir my lekker om my liefde en aandag aan hulle toe te wy, want hulle is my bron van geluk,”sê Carmen.

Ander belangrike mense in haar lewe is haar ouers en sy sê veral haar twee broers, Franwill en Justin, lê haar na aan die hart. As sy nie werk nie, hou sy van familie-uitstappie­s.

“Ek sal myself beskryf as ’n son- en seemens; ek is op my gelukkigst­e as ek op ’n sonnige dag langs die see kan loop.

“My werk by Kuier is ’n nuwe uitdaging en die begin van ’n nuwe positiewe seisoen in my lewe en daaroor is ek baie opgewonde! Ek weet sommer ek gaan dit geniet om ons mense se stories te skryf.”

Carmen Jacobs (née Prins) het onlangs as joernalis by die Kuier- span aangesluit. Carmen (32) van Eersterivi­er buite Kaapstad, sê haar passie is skryf en sy weet sommer by Kuier sal sy die kans kry om dié passie heelhartig uit te leef.

Sy het ’n nasionale diploma in joernalist­iek in 2005 en haar B-tech graad in joernalist­iek in 2009, beide aan die Kaapse Skiereilan­dse Universite­it van Tegnologie (KSUT), verwerf. Daarna het sy haar joernalist­ieke tande by die

Metro Burger-gemeenskap­s koerant geslyp en vir meer as ses jaar by die TygerBurge­r en mees onlangs by die DistriksPo­s in die Strand, gewerk.

Sy beskryf haarself as ’n familiemen­s wat haar toewy aan die versorging van haar man, Tanzi,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa