Kuier

Facebook

-

Yoh, dis darem lekker in die Kaap! Dankie vir die CD, ek het lekker gejol. Dis ’n plesier om elke tweede week die Kuier te koop. Ek het sommer vir al vier my vriende ook tydskrifte met die langarm CD in gekoop, net ingeval dit uitverkoop is. Ek kan nie wag vir volgende jaar se CD nie. DEBBIE RACHELLE MORGAN GOLIATH

My wêreld! Ek verkyk my aan jul voorblad met Amy Kleinhans-Curd en haar ma en dogter (16 Desember 2015). As die voorblad so pragtig is, dan is die artikels beslis ’n wenner. Dankie aan die Kuier- span. AMY PETERSEN

Wow, die KuierCombo is regtig iets spesiaals. Dis die beste ooit. Baie dankie Kuier- span vir al julle moeite. ALMA JOUBERT

Dankie Kuier vir die R50 wat ek gewen het. Groot was my verbasing toe ek my wenk en naam in die Kuier van 16 Desember 2015 sien. Julle is die beste. ZETA ZEE

Ek wens ek kan elke week ’n nuwe Kuier kry. Ek sweer ek is verslaaf aan die tydskrif. Sodra ek die nuutste uitgawe in die winkel gewaar, maak ek dat ek so gou moontlik daarmee by die huis kom. Dan is ek min gespin van almal, want dan is dit me time met my Kuier.

FAGMIEDA JURIES

Ek lees nou die langarmsto­rie in die Kuier van 2 Desember 2015 (Lekker langarm). Sjoe, dit het my omtrent laat verlang na my pa! Sy liefde vir langarm het hy vir al sy sewe kinders geleer. Ons het met ons voete op sy voete gedans. Lank lewe langarm!

PAULETTE WAGNER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa