Kuier

SMS

-

Dit is ’n skokkende en baie onmenslike wet om so iets van enige ouer te verwag (Met leë arms . . ., 24 Februarie 2016). Ek het nog nooit ’n baba verloor nie, maar ek kan my indink hoe traumaties dit moet wees om op so ’n manier afskeid te móét neem van die bondel liefde wat in jou gegroei het. Gee die ouers ten minste die keuse! Dis hartelose mense wat so ’n wet sal ondersteun. ONTSTELD, STELLENBOS­CH

Ek voel dit saam met daardie mammies wie se kinders doodgebore is (Met leë arms . . . , 24 Februarie 2016). Ekself is twee keer daardeur. Al het ek weer kinders gebaar, is dit ’n seer wat nooit verdwyn nie. Ek wonder elke dag wat van hulle geword het en my trane loop steeds oor my kinders wat ek nie kon begrawe of veras het nie. Ek bid dat Sonja sal wen om mammas te help wat dit moet deurmaak.

DORETHY DOUGLAS, MALMESBURY

My seun was ook met Russell Silver-sindroom gediagnose­er (Klein, maar getrein, 24 Februarie 2016). Baie dokters weet nie wat dit is nie. Gee Justin tyd om homself te bewys. CECILIA NUWENHUYS, STRAND

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa