Kuier

Wat werk!

Ons gee raad vir growwe hakke, sonbrand, stram skarniere en slotte, omlope en pitswere.

-

Wanneer jy brei en jy moet vinnig jou penne neersit, maar jy is bang jou steke gaan uitval, steek kurkproppe aan die voorpunt van jou breipenne om dit te verhoed. Joseline Titus, Wellington Wanneer jy dink jou roll-on-houer is heeltemal leeg, moet dit nie weggooi nie. Vryf dit ’n paar keer oor jou klere. Dit gee nog ’n heerlike reuk af. Marie van Rensburg, Tulbagh Gebruik ’n sleutelrin­g en draai dit om jou verskeie zips, soos jou handsak of coolerbag. Dit vergemakli­k die oop- en toemaak en verhoed dat jou naels beskadig word. Alet Jacobs, Noord-Kaap Om self by die huis te toets of jy swanger is, pee in ’n houertjie en gooi ’n paar druppels Dettol in. As daar ’n lagie bo-op vorm wat soos suurmelk lyk, dan is jy swanger. Maar as die Dettol saam met die uriene meng, dan is jy nie swanger nie. Christine Johnson, Wellington

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa