Kuier

Vir god

-

esus is deur die Heilige Gees weggelei na die woestyn om vir 40 dae en 40 nagte te vas. Hy het later honger begin geword en dis toe dat die duiwel Hom in die versoeking stel. Die duiwel het Jesus uitgelok toe Hy op Sy kwesbaarst­e was. Die duiwel het na Jesus gekom en gesê: As U die seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word. Jesus het geantwoord en gesê: Daar staan geskrywe: “Die mens sal nie van brood alleen kan lewe nie, maar elke woord wat deur die mond van God kom.”

Toe neem die duiwel Hom na die heilige stad en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan en sê vir Hom: As U die seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: “Hy sal Sy engele oor jou opdrag gee en op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip stamp nie.”

Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”

Daarna het die duiwel Jesus met rus gelaat en daar het engele gestaan en Hom gedien (Matt 4: 1-11).

Jesus het geweier om te swig voor die drie versoeking­s wat die duiwel aan Hom gestel het en nie Sy Vader op die proef gestel nie. Sy verhaal van oorwinning is voltrek toe Hy aan die kruis vir ons gesterf het en as die ware Seun van God die dood oorwin het.

Nes Jesus, word ons ook dikwels beproef deur die versoeking­s wat die duiwel oor ons pad bring en dikwels swig ons en laat ons toe dat dit ons oorheers. Dis juis in dié tye, wanneer ons lewe buite beheer voel, dat dit sal help om te vas en jou oë stewig op die rots Jesus te hou.

Om te vas, gaan oor God en om in Sy nabyheid te wees. As jy die wil van die Here in ’n sekere saak soek, moet jy jouself geestelik daarvoor voorberei. Vas gaan ook oor dissipline en selfbeheer­sing; dis ’n manier hoe ons voor God staan en verklaar dat ons op Hom alleen vertrou.

Dikwels het ons ’n wanindruk van wat dit beteken om te vas. Jy dink as jy koeldrank, sjokolade of sigarette opgee, jy só vas en daardie uithouverm­oë laat jou goed voel. Maar dit gaan nie oor aardse dinge wat jy vir ’n sekere tydperk opgee nie, dit gaan oor die veranderin­g wat jy in jou geestelike lewe wil sien.

As jy vas vir jou huwelik, familie of enigiets wat jou na aan die hart lê, kan God wel veranderin­g bring. Ons kan klaarkom sonder die klein plesiertji­es en gewoontes in die lewe, maar sonder God kan ons nie.

Sê vir jouself: “God, ek is honger vir U genade alleenlik en dit is genoeg vir my.”

Wanneer ons besef waaroor die vastyd (Lent) gaan en op God vertrou, kan die uitkoms geseënde gevolge hê. Maar die fokus moet op God en jou geestelike verhouding met Hom wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa