Kuier

Hallo Kuiermense

-

Hierdie was ’n baie lekker uitgawe om aan te werk, want dis propvol stories wat jou regtig aangryp en stof tot nadenke gee.

Dit laat jou telkens met die vraag: Wat sou ek gemaak het as dit met my gebeur het? Ek weet nou nie van julle nie, maar ek kan my nie eens indink wat ek sou gemaak het as ek verkeerdel­ik met MIV gediagnios­eer moes gewees het of voor my pa deur ’n groep mans verkrag is nie. En wat sê dit dan nie van die besonderse vroue in ons stories dat hulle ’n pad uit hul situasie gevind en besluit het om voort te veg nie. Ons het net die grootste bewonderin­g vir julle en baie dankie dat julle jul verhale met ons gedeel het.

Nog ’n vrou wat altyd welkom is in die tydskrif, is Shaleen Surtie-Richards! Sy is voorwaar ons gunsteling-antie. Nie net omdat sy ’n lekker grappie kan vertel nie, maar omdat sy positiwite­it uitstraal, maak nie saak wat die omstandigh­ede is nie en dít doen sy al vir jare!

Moet asseblief nie ons opwindende Huiskok-kompetisie misloop nie (bladsy 30). Ek hoop baie van julle het sommer dadelik agter die potte ingeskuif en begin kook toe julle daaroor gelees het. Ek wil regtig al die Huiskokke in Kuier- land aanmoedig om in te skryf, nie net om ’n kans te staan om die groot pryse te wen nie, maar ook om hul talent met die wêreld te deel. Ek ken self anties en omies wat baie lekker kook en verslaaf is aan kookprogra­mme, maar tot nou te skaam of te bang was om vir ’n kookkompet­isie in te skryf. Moenie langer jou talent wegsteek nie, stuur vir ons ’n resep!

Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa