Kuier

Facebook

-

Die hele Kuier (24 Februarie 2016) is soos gewoonlik puik en die storie oor ons liefste Tracey is wonderlik (Bravo vir Tracey!) Ek het haar al twee keer ontmoet en wat ’n warm mens is sy nie. Plat op die aarde, lekker lag en sy gee jou sommer ’n drukkie asof jy ’n ou vriendin is. Ek is nou besig met my blokkiesra­aisel en ek werk maar stadig deur die Kuier, want twee weke is nog lank! Baie dankie vir ’n puik tydskrif.

MARYNA JOHANNES

Ek het my nuwe Kuier binne ’n uur klaar gelees. Die stories was baie hartroeren­d, maar die een wat vir my uitgestaan het, was die een van die ma’s wat nie hul doodgebore babas kan begrawe nie (Met leë arms . . ., 24 Februarie 2016). Dit was baie insiggewen­d.

SAMANTHA SAM ZACHARIAS

Wanneer ek my Kuier klaargelee­s het, gee ek dit vir my kollega wat saam met my nagdiens werk en sy geniet dit net so baie soos ek. Baie dankie die wonderlike artikels! LETTIE BURGER Baie dankie vir die artikel, Kuier (Bravo vir Tracey! 24 Februarie 2016). Ek het alreeds soveel boodskappe daaroor gekry. Ek waardeer dit so! TRACEY LANGE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa