Kuier

KUIER SE FAHIONISTA

-

Wagheeba January (34) van Kaapstad is ons nuwe mode- en skoonheids­koördineer­der

Wagheeba sê sy is mal daaroor om met verskillen­de modes en style rond te speel, want dit is soos om elke dag dress up te speel.

“Ek hou nooit by een spesifieke styl nie en maak elke keer veranderin­gs, want dis waarvan ek die meeste van die modebedryf hou.”

Sy beskryf haar persoonlik­e styl as boheems, wat klem lê op ’n vrygeestig­heid. Dís wat vryheid van styl vir haar beteken.

“’n Vriendin (wat nie meer met ons is nie) het een keer vir my gesê as sy my met een woord moet beskryf, sal dit eksentriek wees en ek dink dis ook perfek wanneer dit by my persoonlik­e styl kom. Ek hou daarvan om anders as die norm te wees en is glad nie iemand wat agter ander aangaan nie. Met mode maak ek my eie reëls.” Sy voeg by dat haar mode-geheim is om slegs items te koop wanneer dit op uitverkopi­ng beskikbaar is!

In haar kas, moet sy hê:

Statement-juweliersw­are, ’n swart leerbaadji­e, tekkies en ’n goeie paar jeans as staatmaker.

“As jy dié items in jou kas het, kan jy maklik jou uitrusting verander, of jy nou movies gaan kyk en of jy nou na ’n classy geleenthei­d toe gaan; ’n meisie moet altyd voorbereid wees.”

Trends vir 2016:

Kyk uit vir rokke met slips, kaal skouers, blinkers en bling, streep-patrone, groot moue, valle en plooi en soos gewoonlik, denim!

“As dit by mode kom, is selfvertro­ue die sleutel. Wanneer jy goed lyk, dan voel jy goed.”

Dit gaan nie oor wat jy dra nie, maar hoeveel selfvertro­ue dit jou gee wanneer jy daardie klere aanhet.

Wagheeba January

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa