Dís hoe die ge­bruik van geld oor die ja­re ont­wik­kel het

Van­dag ge­bruik ons no­te, mun­te, kaar­te en selfs fo­ne om i­tems te koop, maar dit was nie al­tyd só nie. Kyk hoe het geld ont­wik­kel.

Kuier - - Inhoud - DEUR Car­men Ja­cobs

Voor die ont­staan van geld

Geld was nie al­tyd in ge­bruik vir die koop en ver­koop van goe­de­re nie. Geld of geld­een­he­de soos ons dit van­dag ken, is so­wat 4 000 jaar ge­le­de ont­werp. Dit het vir die eer­ste keer in die vroeë 500 BC in ge­bruik ge­kom. Voor dié tyd is koop­tran­sak­sies be­klink met die ruil­han­del­me­to­de. Ruil­han­del was die uit­ruil van goe­de­re vir an­der goe­de­re. I­tems wat in ruil­han­del baie waar­de­vol was, is sout, tee, ta­bak, graan en vee. Maar hier­die ma­nier van sa­ke doen, het uit­da­gings ge­bied om­dat vee kon siek raak of vrek en oes­te kon ver­gaan. Ruil­han­del was om hier­die re­des nie ’n prak­tie­se en lang­du­ri­ge ma­nier van be­sig­heid dryf nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.