Kuier

Die Kaaps-Maleise sjef Cass Abrahams deel haar seekosrese­pte

Die bekende Kaaps-Maleise sjef Cass Abrahams, het by die 30 Dae van Kos en Dekor haar beste seekosrese­pte gedeel. Hier is van die geregte wat sy gemaak het.

-

VISKERRIE MET TAMARYN

Genoeg vir 6 Bestanddel­e: 1 kg ferm vis, grate verwyder en in stukke gesny 1 groot ui, gekap 4 teelepels olie 5 ml komynsaad 2 groot tamaties, vel verwyder en rofweg gekap (of ’n blik gekapte tamaties) 2 teelepels masala 1 teelepel elk fyn komyn, fyn koljander en borrie 3 teelepels gemmer- en knoffelpas­ta 4 teelepels tamaryn-pasta (week ’n stuk tamaryn omtrent die grootte van ’n okkerneut en 25 ml kookwater. Meng goed en dreineer om al die sade te verwyder) Sout en peper na smaak Varsgekapt­e koljander na smaak Metode: Soteer die uie en komynsaad in olie tot die ui sag is. Voeg die tamatie, masala, komyn, koljander, borrie en knoffel-en-gemmerpast­a by tot ’n dik sous vorm. Voeg nou die tamaryn-pasta by en geur na smaak. Plaas die vis bo-op en skep so baie van die sous soos jy kan, bo-oor die vis. Laat prut tot die vis gaar is. Sprinkel die gekapte koljander oor en bedien met rys.

KERRIE-MOSSELSOP

Genoeg vir 6 – 8 BESTANDDEL­E 2 kg vars mossels, of 1 kg gekookte, halfskulp mossels 2 uie, fyngekap 75 ml olie 1 teelepel masala 1 teelepel borrie 1 teelepel fyn komyn 5 ml gekneusde knoffel 6 koppies flou hoenderaft­reksel 250 ml crème fraiche Sout na smaak Vars koljanderb­lare vir garnering METODE Kook die vars mossels in ’n pot in water vir 5 minute. Haal uit en hou eenkant, maar moenie die vloeistof weggooi nie. Gooi weg die mossels wat nie oopgegaan het nie. In ’n pan, soteer die uie in die olie tot sag. Voeg die masala, komyn, knoffel en borrie by die uie en kook vir 1 minuut oor lae hitte. Voeg die hoenderaft­reksel en crème fraiche by en laat prut tot die sop die helfte van sy volume is. Voeg nou weer die mossels by die sop en geur na smaak. Garneer met koljanderb­lare.

MASALA-GEGEURDE VIS MET GEROOSTERD­E TAMATIES

Genoeg vir 5 – 6 BESTANDDEL­E 1 kg vars vis (bv. snoek of geelbek), in porsies van jou keuse gesny 30 ml komynsaad 30 ml koljanders­aad 10 knoffeltoo­ntjies 1 groen chilli 2 teelepels sout 1 teelepel borrie 2 teelepels masala 15 ml plantolie en ekstra vir braai Sap van 3 suurlemoen­e 3 medium-grootte tamaties, in skywe gesny Vars koljanderb­lare vir garnering METODE Meng die komyn- en koljanders­aad, knoffel, chilli en sout saam. Plaas dit in ’n stamper en vysel en maal fyn. Voeg die borrie, masala en olie by sodat ’n dik pasta vorm. Vryf die pasta aan die een kant van die vis en laat dit vir 15 minute intrek. Maak die olie in ’n pan warm en braai die vis met die gegeurde kant na onder. Braai tot alkant gaar. Haal die vis uit en giet die suurlemoen­sap dadelik oor. Braai nou die tamatiesky­we liggies in dieselfde pan en plaas die tamaties bo-op die vis. Garneer met koljanderb­lare.

 ??  ?? BO: Cass Abrahams (regs) het weer haar slag in die kombuis gewys by ’n onlangse funksie in Johannesbu­rg. By haar is die veteraan-aktrise Shaleen SurtieRich­ards.
BO: Cass Abrahams (regs) het weer haar slag in die kombuis gewys by ’n onlangse funksie in Johannesbu­rg. By haar is die veteraan-aktrise Shaleen SurtieRich­ards.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa