Kuier

Kaapse koffiewink­el gee hoop aan mense met Down-sindroom

Die stereotipe is dat mense met Downsindro­om maar min in die werkplek kan doen. Maar in dié koffiewink­el in die Kaapse middestad, bewys hulle almal verkeerd.

- DEUR AMY JOHNSON

Van buite lyk Brownies & downieS soos enige ander koffiewink­el in die besige Kaapse middestad, maar dit is allesbehal­we doodgewoon.

Ja, jy kan beslis hier iets te drinke en te ete kry, maar as jy hier uitstap, voel jy dikwels asof jou siel ook gevoed is en jy sonder veel moeite ’n bydrae tot die samelewing gemaak het.

Brownies & downieS is inderdaad ’n koffiewink­el met ’n verskil en enig in sy soort, sê Wendy Vermeulen, die maatskapli­ke werker wat saam met die personeel werk.

Hier word jou kos, met die hulp van ’n profession­ele sjef, voorberei deur mense met Down-sindroom, outisme, leergebrek­ke of fetale alkoholsin­droom (FAS).

Die winkel is ’n organisasi­e sonder winsbejag wat bewusmakin­g wil skep oor die opleiding en aanstellin­g van verstandel­ik gestremde mense. Volgens Wendy is dit ook nie die laaste nie. Hulle het al versoeke van regoor die land gekry om die konsep uit te brei, maar dit sal nog ’n ruk neem voor dít gebeur.“Dit sal uiteindeli­k gebeur, maar vir nou moet ons eers seker maak hierdie een is suksesvol, want nie ek, die bestuurder of die sjef kan bekostig om vir ’n dag die winkel te verlaat nie,”sê sy.

Behalwe vir die mengelmoes van geure wat jou met die intrapslag tref, stel die blou geverfde“Wall of Fame”met die foto’s van al die werkers jou voor aan almal wat in die winkel werk– al bieg van hulle dat hulle nie eintlik“famous”wil wees nie.

Die plek is ingerig om alles vir die personeel so maklik as moontlik te maak. En jy kan vir enige van die 23 werkers vra, hulle is doodgelukk­ig hier. Die plek gee hulle ’n sense of belonging, want die meeste van hulle se grootste vrees was dat hulle nooit sou werk kry nie. En hulle is so dankbaar vir die werk wat Brownies & downieS vir hulle geskep het, dat elke dag wanneer hulle deur die deure van die koffiewink­el gestap kom, is hulle doel om hul werk beter te doen as wat hulle dit die vorige dag gedoen het.

Dankbaar

Die kelners kom maak hulle sommer heel tuis by jou tafel en kom knoop ’n geselsie aan. Hulle praat oor allerhande ditjies en datjies. Maar daar’s ander soos Ashley Hoffmann (19) wie se glimlag haar hartseer en werklikhei­d wegsteek.

Volgens Ashley het haar ma haar erg mishandel en op 17 uit die huis gesit. Sy het geen heenkome gehad nie. Die littekens van die glas wat haar ma in haar gesig stukkend geslaan het, is steeds sigbaar. En dis iets waaroor sy baie selfbewus is.

“My grootste vrees was toe ek hoor ek sal my hare moet vasmaak. Ek was bang mense sien my scars en judge my. Nou het ek glad nie ’n probleem daarmee nie, want dit is deel van my storie en my verlede. Ek het gedink my lewe is verby, maar vandat ek hier werk, is daar nuwe hoop in my om

selfs ’n loopbaan as sjef te begin,”sê sy.

Die hoofsjef, Sean Barrington, het vir 13 jaar lank in toprestaur­ante in Engeland gewerk en het besluit om Wendy met haar nuwe venture te kom help.

WAAR HET ALLES BEGIN?

Die konsep het ses jaar gelede in Nederland begin toe twee vriende Teun Horck en Thijs Swinkels – een ’n sjef en die ander het by ’n skool vir kinders met spesiale behoeftes gewerk – besef het baie min mense met gestremdhe­de word in die kosmaakbed­ryf aangestel. En hulle wou dit verander.

Wendy het in 2010 haar internskap en graad as maatskapli­ke werker voltooi en besluit om haarself in Suid-Afrika te vestig. Nes Teun en Thijs het sy besef daar is nie baie geleenthed­e vir verstandel­ik gestremde mense nie.“Hulle verlaat die skool en hulle kry nie eens werk nie. Ek het ook besef die publiek is bang om met hulle te kommunikee­r,”vertel sy.

Die lang swartbord by die deur is ’n duidelike bewys van die publiek se ondersteun­ing aan hierdie NGO.“Good morning,”“have a nice day,”“just so great to support you guys; keep it up,”“best place in CT, love it”en “it’s time for coffee”, is maar net van die boodskappe wat kliënte al op dié bord neergeskri­bbel het.

Die winkel se slagspreuk is“Where good things happen over Coffee”. En dis definitief hier waar goeie dinge oor ’n lekker koppie koffie – of in my geval ’n cappuccino – gebeur.

 ??  ??
 ??  ?? VAN LINKS: Die meerderhei­d van die personeel by die koffiewink­el Brownies & downieS in die Kaapse middestad, het Down-sindroom of is gestrem, maar hulle bedien steeds al die klante met respek en vriendelik­heid; Die span is baie trots en dankbaar dat...
VAN LINKS: Die meerderhei­d van die personeel by die koffiewink­el Brownies & downieS in die Kaapse middestad, het Down-sindroom of is gestrem, maar hulle bedien steeds al die klante met respek en vriendelik­heid; Die span is baie trots en dankbaar dat...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa