Kuier

Maak dié sag, sappige en romerige hoenderbor­sies

Min dinge kom by sag en sappige hoendervle­is. Voeg dan ’n lekker romerige sous by en jy het ’n absolute wenner.

- Deur Karen Hart

HOENDERBOR­SIES MET ROOMSOUS

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E

4 hoenderbor­sies (been- en velloos) Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 3 eetlepels botter 3 eetlepels olie 60 ml hoenderaft­reksel 150 ml room

METODE

1. Gebruik jou hande en volg die natuurlike vloei van die hoenderbor­sie om dit in twee te verdeel. Jy het nou 8 stukke – 2 vir elke porsie.

2. Plaas elke stuk tussen 2 lae kleefplast­iek en slaan liggies met ’n vleishamer om dit mooi eweredig en dun te kry. Geur die borsies met sout en peper.

3. Verhit die olie en botter in ’n groot pan en braai die borsies in sarsies alkant mooi goudbruin. Hou eenkant warm.

4. Giet die aftreksel in die warm pan en sorg dat jy al die stukkies in die pan mooi bymekaarsk­raap en meng met die aftreksel. Voeg die room by en kook tot jy ’n lekker dikkerige karamelbru­in sous het. Plaas die borsies op ’n plat opdienbord en giet die sous bo-oor.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa