Kuier

‘EK WENS MY MA KON MY NOU SIEN’

Lynelle skitter op die planke

- DEUR ERNUSTA VAN WYNGAARD

Die afgelope jaar kon loopbaange­wys nie beter verloop het vir die Pasella- aanbieder, sangeres en teater-aktrise, Lynelle Kenned, nie. Dit is veral in die teater waar sy uitblink en enigeen wat al na produksies gaan kyk het waarin sy speel, sal beaam dat haar talent onmiskenba­ar is. Lynelle (27) het die afgelope jaar betower in groot teaterroll­e soos dié in West Side Story waarvoor sy ’n Fleur du Captoekenn­ing ontvang het; David Kramer se Orpheus in Africa; La Bohème in District Six, wat by die Suidooster­fees op die planke was en Heidi – Die musiekblys­pel, ’n KKNK-produksie. Maar met elke applous, goeie resensie en selfs die wete dat die legendarie­se teaterkoni­ng David Kramer spesiaal vir haar ’n rol geskryf het (dié in Orpheus in Africa), knyp sy haarself, want die kruin van sukses wat sy nou in haar loopbaan beleef, voel nog soms onwerklik. Maar wanneer die gordyne gesak het en die ligte gedoof is, staan Lynelle broos voor die realiteit – dat sy nie hierdie groot oomblikke met haar ma, Christine, sal kan deel nie. (Christine is verlede jaar aan kanker dood.) Dán proe Lynelle die bittersoet van haar lewe waar dit op die oomblik is: Die soete gevoel dat sy werk doen waarvoor sy lief is en daarvoor erken word; en die bitter, dat die vrou met wie sy dit die graagste wou deel, nie meer daar is nie.

oorweldige­nde stryd

Lynelle veg elke dag ’n stryd teen die somberheid wat haar soms wil oorweldig. Ander tye oorweldig dit haar wel en wil sy sulke tye nie opstaan nie en net bly lê en huil tot daar nie meer trane oor is nie.

Maar dan is daar mense soos haar beste vriendin en huismaat, Natalie Williams, wat haar met gentle support weer op haar voete help, en haar kêrel wat haar die nodige ruimte gee om te rou oor haar ma.

Op 5 Mei was dit die eerste herdenking van haar ma se dood en Lynelle sê sy kry nog swaar. Sy gaan nie ’n front van“alles is fine”probeer voorhou en haar kwesbaarhe­id wegsteek nie. Dis hoekom sy besluit het om ’n sielkundig­e te sien om haar te help deal met haar ma se dood.

Hieroor is sy nie skaam nie, want sy het besef sy hoef nie altyd sterk te wees nie.

“Dit voel asof ek die afgelope jaar vyf jaar ouer geword het. Ná my ma se dood was ek in survival mode en het nie regtig gedeal met dit nie. Ek het destyds ’n deksel op my emosies gesit, maar het geleer wanneer jy dít doen, kom goed soos ’n boomerang terug na jou toe. Dis hoekom ek met iemand gaan praat het, want dit (iemand se dood) affekteer alles in en om jou lewe,”sê Lynelle eerlik.

Kuier het oor die jare al ’n paar keer onderhoude met Lynelle gevoer en hierdie keer is daar definitief iets anders aan haar. Sy glimlag steeds en is dieselfde warm, vriendelik­e mens, maar in haar oë is iets wat amper soos sielsmoegh­eid lyk. Dis nie ’n moegheid van die lewe in sy totaliteit nie, maar moeg van die seer wat die lewe soms bring en waarvan jy nie kan weghardloo­p nie.

Lynelle raak ook nie sommer emosioneel in onderhoude nie en ek het haar nog nooit tydens een sien huil nie, maar hierdie keer is dit anders. Voor ons onsself kom kry, pik ons ’n paar trane weg wanneer Lynelle sê:“Ek dink baie dae aan haar wat nie daar gaan wees as ek eendag trou of ander mylpale haal nie.

“Baie mense probeer ’n perfekte lewe uitbeeld, soos op sosiale media byvoorbeel­d, maar die lewe kan aaklig ook wees en ons moet dit sê! Ek sê nie ’n mens moet ’n pity party hou nie, maar ’n mens moet eerlik wees oor hoe jy voel.”

Sy is nou op die punt waar sy nie omgee om haarself te stroop van enigiets wat in die pad kan staan van haar healing proses nie.“Te midde van my seer wil ek net oop wees. Iemand het eendag vir my gesê,‘daar is nie sterkte in denial nie, maar sterkte in vulnerabil­ity’,”verduideli­k Lynelle haar redes oor hoekom sy openlik is oor die feit dat sy nog leer om met haar hartseer te deal.

Wanneer sy nou terugkyk op die tyd voor haar ma se dood, wens Lynelle haar ma het aan haar erken hoe seer sy gehad het; hoe bang sy was; dat sy ook gevoel het die lewe is onregverdi­g vir wat besig was om met haar te gebeur; vir die goed in haar kinders se lewe waarop sy gaan uitmis; en ja, hoe dit voel om dood te gaan.

Lynelle sê haar ma het nooit oor enigiets gekla nie, maar sy voel as haar ma bogenoemde aan haar erken het, sou dit vir haar“toestemmin­g”gegee het om ook nie so sterk te wees nie. Dan sou sy geweet het dis oukei om kwesbaar te voel.

kry Ondersteun­ing

Dit gaan stadig, maar sy leer om met alles te deal. Lynelle sê ’n mens kan die impak wat ’n geliefde se dood op ’n gesin sal hê voorspel nie, maar dat haar ma se dood vir haar, haar pa, Ralph (54), en boetie, Raven (23), emosioneel nader aan mekaar gebring het.

Hulle sien mekaar nie baie nie omdat hulle almal besig is; haar pa met sy meestersgr­aad in teologie; haar broer met sy meestersgr­aad in ingenieurs­wese; en sy met haar teater- en Pasella- werk af en toe. Wat hulle wel weet, is dat hulle daar is vir mekaar. Die ander ding wat vir haar bemoedigen­d is, is dat sy weet sy nie al een is wat al deur kanker van iemand spesiaals in hul lewe beroof is nie.

Lynelle sê sy het ook ’n klein binnekring, wat haar ongeloofli­k baie ondersteun.

“Jy kom nie deur so iets op jou eie nie,” sê sy sag. Haar werk help haar ook, meen sy en sê dis juis in haar teaterwerk waar sy haar kreatiewe kant behoorlik kan uitleef en haar kan oorgee aan die emosies.

Teaterwerk is ook waarin sy tans baie van haar energie ingooi. Dit is hoekom sy ook minder op Pasella te sien is, sê Lynelle, want sy weet sommige mense wonder daaroor.

“Teaterwerk verryk my, want ek kan mense emosioneel raak en dit het ’n dieper betekenis vir my. Teater slyp ook my acting skills, daarom sal ek nie net aanbieding­swerk wil doen nie – ek moet my kreatiewe kant ook uitleef.”

Oor haar suksesse is Lynelle nederig en sê sy voel ongeloofli­k bevoorreg om te kan doen waarvoor sy lief is en om te kan werk met die kaliber mense in die bedryf waarmee sy werk en wie se werk sy bewonder.

TYD VIR HAARSELF

En ná alles wat die afgelope jaar gebeur het – die hoogtepunt­e en haar laagste laagtepunt – beplan Lynelle om binne die volgende paar maande tyd vir haarself te vat. Sy wil die Camino-staproete tussen Spanje en Portugal alleen én sonder ’n foon aanpak. (Dit vat ongeveer ’n maand om hierdie staproete te voltooi en baie mense doen dit om te reflekteer op hul lewe.)“’n Mens moet soms na jouself kyk. Ek moet nou eerste my koppie volmaak voor ek vir ander kan gee.”

En met hierdie afsluiting van die onderhoud, is haar bekende glimlag terug, maar met ’n nuwe wysheid in haar oë.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa