Kuier

FACEBOOK

- CLAUDINE CUPIDO

Swak sig is ’n realiteit en dit wag nie altyd vir jou oudag nie. Ons het dus die volgende vraag op Facebook gevra: Het jy vroeg begin bril dra en was jy skaam om dit te dra? Hier is van ons lesers se antwoorde:

Lekker lag ek nou! My oë het ook gelol in standerd 6 (gr. 8). Toe ek hoërskool toe gaan, het ek dit net in die klas opgesit en het die gewoonte gehad om dit dan in my rugsak te bêre. Een pouse toe sit ek eendag op my rugsak en daar is die bril toe ook flenters. Ek kon nie sien op die bord nie en moes van iemand se boek afskryf. Die middag moes ek met die taxi oogkundige toe gaan en het hy vir my die leviete voorgelees! Van daar af het ek besef my oë is belangrike­r as wat ander mense sê, want ek was skaam om my bril te dra. Ek dra bril vandat ek 11 is; brilletjie­s met hakkies om my ore. Die kinders het my geterg en gesê ek dra oumensbril­letjies. Dit het my nie gepla nie, ek kon beter sien! SOPHIA ADAMS

Ek het vanaf gr. 9 (daai tyd standerd 7) begin bril dra en was glad nie skaam daaroor nie. Hoekom sou ek dan wees? Dit was eerder ’n verligting dat ek beter kon sien. My punte het gedaal as gevolg van my swak sig, want ek kon nie behoorlik op die bord sien nie. So, nee, ek was en is nog steeds glad nie skaam om my bril te dra nie. Mense dra dan deesdae bril vir die mode, so ons wat bril dra, is mos dan al lankal in die mode, haha. ILSE LUCINDA GROBBELAAR

Ek het my eerste bril in gr. 3 gekry. Ek dink nie ek was skaam daaroor nie; dit het maar deel van my menswees geword. My bril was egter ’n groot beslommern­is met sportaktiw­iteite! HANLIE BOTES

Ek het begin bril dra in die dae toe ons Soutrivier toe moes gaan vir“gowwerment brille”. Ma moes my vat met die trein, my ogies blink gesmeer van die spesiale salf wat ek moes gebruik sodat die pupils groot kon word vir die oogtoets. Dit was 1978 en ek was in standerd een (gr. 3). My bril het ’n plastic frame gehad, met diiiiik lense; ek was so blind soos ’n mol! Maar ek was net half skaam, want my sig op daai tere ouderdom was baie meer belangrik as my looks. Maar op hoërskool, toe ek mos nou“groot”word, was dit ’n ander storie. Ek sou my dik brille afhaal as ek toilet toe gaan en voel-voel my pad soontoe vind; bang die boys sien ek lyk soos ’n nerd. Dankie tog vir die gesegde: Hoe ouer, hoe wyser, want later was ek glad nie meer skaam nie. En met die jare het die raam en lense dunner geraak danksy moderne tegnologie. Ek het begin werk en kon op my medical aid fancy brille kry. En toe ek trou, kon ek pragtig in die aisle af stap sonder enige brille, grille of pille! JUDY GOVENDER

My ou dogtertjie Amorette was 2 jaar oud toe sy begin bril dra. Dit was maar sleg, want ek het byna nie ’n raampie klein genoeg in Springbok vir haar gekry nie. Die lensies was vreeslik dik en ek het my kind sooo jammer gekry. Maar mettertyd het dit dunner geword. Sy bril nou al 17 jaar, maar ek bewaar nog al haar ou brilletjie­s. BERNICE CLOETE

Ek dra bril vandat ek 11 is, want my linkeroog verswak elke jaar. My bril is my lewe en ek kan nie daarsonder nie. IMELDA KLAASE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa