Kuier

Hallo my Kuier- mense,

-

Oor die jare het Kuier al baie stories vertel. Stories van hoop, deursettin­gsvermoë en oorwinning. En watter beter manier om te begin as by die voorblad, want dis met hierdie einste eienskappe wat ons voorbladge­sig in oormaat geseën is. Wayde van Niekerk is nog net 24, maar op die drumpel van die Olimpiese Spele wat volgende maand begin, het hy reeds die wêreld aan sy jonge, vinnige voete. En ons in Kuier- land is nét soos sy familie sommer baie trots op wat hy tot dusver vermag het en ons staan bankvas agter hom.

Maar net soos ons sulke positiewe en inspireren­de stories soos Wayde s’n al vertel het, is daar ook stories deurweef van pyn en hartseer. Waar families sit met diep seer, soos die Abrahams-familie wat agt geliefdes op so ’n wrede manier op een slag verloor het (bl.8). Maar deur hul pyn met ons te deel, lê daar ook talle lewensless­e vir ons opgesluit. Ons leer opnuut om dankbaar te wees vir ons eie families se gespaarde lewens en ons kry weer ’n kans om te sê hoe lief ons vir mekaar is. So daarom wil ek ook hierdie geleenthei­d gebruik om vir almal dankie te sê wat ons so getrou ondersteun en sulke wonderlike boodskappe vir ons stuur.

Geniet hierdie uitgawe en probeer ook gerus Karen se lekker winterrese­pte. Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa