Kuier

FACEBOOK

-

Die storie van die bode het my baie aangegryp (Van bode tot baas, 29 Junie

2016). Hy is so nederig en ’n klop op die skouer aan sy vrou wat hom so bygestaan het. Asook sy werkgewers wat in hom geglo het. Sulke mense verander die wêreld sonder om hul weldade aan die groot klok te hang. Politici kan by sulke mense leer; om meer te doen en minder te praat! Ons gemeenskap­pe benodig sulke rolmodelle! MICHELLE THOMAS Die bode wat direkteur geword het (Van bode tot baas, 29 Junie 2016). Wat ’n inspirasie vir ons jongmense wat armoede voorhou as hulle nie verder as matriek of hoërskool kan gaan nie. VANESSA MATON

Die Kuier is baie goeie leesstof. Ek koop elke tweede week my uitgawe en ek is mal oor die wenke en die resepte. Dit lyk ek raak van my kop af as ek nie my Kuier in die hande kan kry nie. ENDREA MIENNIES

Ek het vandag ’n paar ou Kuiers by ’n vriendin gekry. Die uitgawe van 11 Maart 2015 het ek van die eerste tot die laaste bladsy gelees – power packed! Baie goed gedoen, Kay en span! PATRICIA DU TOIT Wat ’n spannende vervolgver­haal (Nog ’n kant van liefde, 1 – 29 Junie 2015). Dis amper soos die soapies op TV! ROMA BAILEY Ons het die volgende vrae op Facebook gevra: Het jy ná jou kinders se geboorte weer jou figuur teruggekry? Hier is van ons lesers se antwoorde: Ná die eerste een, ja. Ná die tweede een, nie so baie nie. Ná die derde een, figure figure, wherefore art thou?? Maar ek reken: There’s more of me to love en gelukkig tel my binneste meer as my buitenste; vra maar my man! JUDY GOVENDER

Ná die eerste een, ja. Binne drie maande was ek terug op 45 kg. Maar my tweede enetjie het vir my my grootmensl­yf laat kry. Hahaha. ABRAHAMS STOBER

Ná my tweede kind het ek gewig aangesit, maar dit was nie ’n probleem nie. Ek was baie skraal as jongmesie en het van die kurwes begin hou. ANTHEA JONES Dink jy dis gesond vir ’n getroude vrou om ’n vriendskap te hê met ander mans?

Daar kan gesonde verhouding­s wees. Dit hang af of hulle mekaar se verhouding­s en hulself respekteer. Ek het baie goeie verhouding­s net meer as een getroude man sonder enige intensies, so dit kan gedoen word. CARMEN CLOETE

Dis nie ’n probleem nie, behalwe as die man of vrou die grense van hul vriendskap begin oorskry. Dit moet onmiddelli­k aangespree­k word, of dan moet die vriendskap verbreek word. DEVEROUX MARTIN

Hang af hoe die vriendskap is en of jou eggenoot bewus is van jou vriendskap met die ander persoon. As jy dit wegsteek, dan is daar ’n probleem. ILSE LUCINDA GROBBELAAR

Ek geniet elke tweede week die Kuier, maar hierdie week was Mymoena se verhaal (Kyk vir Mymoena, 29 Junie 2016), veral na aan my hart. LAETITIA TISHA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa