Kuier

FACEBOOK

-

Ons het die volgende vrae op Facebook gevra: 1) Hoe het jy Vrouedag gevier? Was jy saam met ander vroue op ’n uitstappie of was jy by ’n vrouefunks­ie?

Ek het die wonderliks­te“me time” gehad. Het my man gestuur om gholf te gaan speel en my 23-jarige seun gestuur om Pokemon Gote gaan speel. Toemaak ek my behoorlik tuis met my gunsteling­skrywer, No ra Rob erts. Hemels! LILIAN ROSE ARENDSE

Ek is ’n enkelma en nog nuut in my omgewing, so ek en my vier kinders het ’n DVD gekyk. Ek het gekook vir middagete en nou gaan ons ’n middagslap­ie vat. Dis net ’n lekker, rustige gesinsdag, of ’n ekstra Sondag soos my seun sê. COLETTE DU PLESSIS-ERASMUS

Het ’n oggenddien­s by die kerk bygewoon en daarna saam met my ma en susters gekuier. Van die een suster se huis na die ander. En daarna het ek vir ons almal hoenderpas­ta by my huis gemaak. RONEL WILLIAMS

Ek het voor twaalf besluit om ’n funksie in Mitchells Plain by te woon. Lunch was bedien en ek het aandagtig geluister na sprekers; die danspassie­s van ons oues van dae; en selfs die karaoke geniet. Elkeen was ook met ’n geskenkie bederf en dit het my goed laat voel. PRETTY BELINDA

2) Baie van ons ouers het seker stories soos dié vertel toe ons klein was:“Moenie daai appel se pitte eet nie, daar gaan ’n boom in jou maag groei”. Watter ander witleuentj­ies het jou ouers vir jou vertel?

As jy lê en eet, dan kry jy bok-horinkies. Dan het ons aspris gelê en eet en gewag tot wie weet wanneer vir daai einste horinkies! KARIN PHILLEN FARO

As kind was ek lief vir snaakse gesigte trek. Dan sê my ma:“As daar nou ’n klok lui, gaan jou gesig net so bly”. Dan hou ek onmiddelli­k op. ROSELINE WAGNER CLIEVE

Ek was swanger met my eerste kind en by die kliniek was daar ’n werker wat skeel was en my elke keer kom groet het. My ma het altyd gesê ek moenie in daai man se oë kyk nie, want netnou word die baba ook skeel. Ek was regtig doodbang daarvoor en het sommer my oë toegemaak as hy aankom! SALMAH POMMER HAINES

As ons te veel moerkoffie gedrink het, dan het my ouma gesê ons gaan vlooie in ons mae kry. En ons het dit geglo! SURICA JULIES

Ons was vertel babas kom met die aeroplane en so wragtie, daai keer toe my ma hospitaal toe is om vir ons ’n baba te gaan “koop”, het daar ’n aeroplane bo-oor ons dak gevlieg en toe kom my ma die volgende dag met ons nuwe baba huis toe. VANNESHKA VEL

Ons mag nie Sondae en Donderdae in die huis gefluit het nie, want dit was blykbaar spookaande. EVELYN LOUW

As jy ’n vrat het, moet jy wag tot dit volmaan is en dan jou vrat na die maan toe hou en drie keer met toe oë blaas. VERONIQUE RUITER Jy moenie bubblegum insluk nie, want daar gaan bome uit jou ore groei. SOPHIE DANIELS

As jy skottelgoe­d was en jy is sopnat agterna, dan gaan jy ’n dronk man kry. Lag my kla! NELLIE ALEXANDER

Moenie met vuur speel nie, want jy gaan in die bed pee. Vandag kan ek rustig vir ure met ’n vuur speel. SHIRLEY CROWIE

Het ’n vrouefunks­ie bygewoon met my enigste dogter, tante, niggie en haar dogter. It was all about us today! FREDA ERASMUS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa