Kuier

Hallo my Kuier- mense,

-

Daar is hope inspireren­de leesstof in hierdie uitgawe, maar ook stories wat jou plek-plek hoendervle­is gaan gee, daarvan is ek seker!

Dit was vir ons ’n groot voorreg toe ons die geleenthei­d kry om ’n onderhoud te doen met die akteur DJ Mouton, want sy spel in die fliek Noem my Skollie het baie van die Kuier- span beïndruk.

Sy persoonlik­e storie is egter net so aangrypend en ons het dit waardeer dat hy bereid was om dit so eerlik en openlik met ons lesers te deel. Dit het my sommer nog meer van ’n fan gemaak, want daarin is ook die les opgesluit dat jy jou drome kan bewaarheid maak nie saak wie nié in jou glo of nié in jou lewe is nie.

Ek dink ook baie lesers gaan vashaak by die Ware Lewensdram­a (bladsy 14). Dis nie ’n maklike storie om deur te werk nie, want jy kry heeltyd die gevoel daar is nog soveel meer wat moet uitkom. Maar dit sou onverantwo­ordelik wees om voor die tyd tot ’n gevolgtrek­king te kom. Die reg moet nog sy beloop neem en feit is, niemand is nog skuldig bevind nie. Maar dit is ook ’n feit dat Kayla Visser wreed aangerand en langs ’n onbekende pad gelos is.

Hilton Langenhove­n se moeilike reis na sukses (bladsy 18) laat jou ook met nuwe oë na die lewe kyk. Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa