Kuier

SMS

-

Ek wil net dankie sê aan Kuier vir die lekker tydskrif. Ek kry net nie genoeg daarvan nie, veral die resepte en wenke. Ek het twee van die wenke gebruik: Die een van die Vicks vir die uitgroeise­l onder die toonnaels en die een waar jy Jik moet spuit op mufkolle en dit werk 100%! Baie dankie, Kuier- span! S. ALEXANDER, PAARL-OOS

Genade, hoe het ek Kuier soveel jare misgekyk? Ek is ’n getroue leser vir die afgelope jaar, maar het gedink dis ’n nuwe tydskrif. Nietemin, dis ’n lekkerlees-tydskrif met alles wat jy wil sien daarin. Doen so voort! P.R., OAK GLEN

Ek het so lekker gelees aan die kortverhaa­l“Oom Voorman” (21 September 2016). Ja, hy’s nog van daai ou soort wat wil hê als moet vlot verloop in die werkplek. Hy was voorwaar ’n streng oom met murg in sy pype en hy het duidelik gewys wie’s Baas en wie’s Klaas! KATHLEEN GORDON, WELLINGTON

Ek wil net baie dankie sê aan Kuier vir my Chicago 7 Bernette-masjien van Bernina wat ek vanjaar by Pienk Plesier gewen het. Dit was ’n wonderlike verrassing en die geleenthei­d was weer uit die boonste rakke. Nogmaals baie dankie Kuier! SHIRLEY RITTMANN, BELLVILLE

”Drie keer geseën,” (7 September 2016): Wat ’n wonderlike gevoel moet dit nie wees om só geseën te word nie, en sommer met ’n drieling! Baie geluk julle en mag die drieling julle sommer baie plesier gee. KATHY PAULSE-NICKOLA, RAVENSMEAD

A nee a, julle kan nie die wenresep verander nie. ’n Kuier elke tweede week werk, want dan is ons honger vir die volgende een. Besige mensies kan nie die hele Kuier in een sitting baasraak nie. Só neem die span ook hul tyd met al die goeie stories. D. SARUP, KAAPSTAD

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa