Kuier

SMS FACEBOOK

-

Dankie vir ’n puik tydskrif. Ek geniet elke uitgawe en waardeer die artikels waarmee ’n mens kan identifise­er, want jy besef dan jy is nie die enigste persoon wat deur moeilike tye gaan nie. Ander mense gee ’n mens nuwe hoop deur hul stories te deel. Mag God ons familie seën. Kuier Kuier- LEONA VOIGT, KIMBERLEY Ek wil net dankie sê aan Chemico en vir die handigste geskenk: My nat-endroog-stofsuier. Dit gaan handig te pas kom vir my aftree-huis. Dankie weereens, jul tydskrif is puik. Kuier HETTIE LUBBE, MOKOPANE

Ek lees al vandat hy uitgekom het en wil net sê dankie vir julle wenke en resepte. Kuier MIREAL PIETERS, KENHARDT Ai, my serp is uiteindeli­k amper voltooi

Ek kon nog nie regkom met die mussie se patroon nie, maar ek gaan weer probeer. Dankie vir die pragtige tydskrif. Dit bevat soveel interessan­te nuus. (Beskerm jou bates, 29 Junie 2016). MARIA VAN WYK, SASOLBURG Dit is baie hartseer wat met Kayla gebeur het (Swanger en agtergelaa­t vir dood, 5 Oktober 2016). Ek voel diep seer. Die Here was haar Herder en ons bid saam met haar en vir haar ongebore baba. M. SMITH, BOKSBURG Kayla, ek is nou so hartseer toe ek jou storie lees (Swanger en agtergelaa­t vir dood, 5 Oktober 2016).

Dis ’n wrede, gemene ding wat met jou gebeur het. Baie sterkte. ZANDRA CLAASEN DJ Mouton het ’n goeie rol gespeel, maar volgens my is dit ’n vieslike prent (Van skollie tot grootskerm, 7 September 2016). Al die vloekery en als so in die openbaar! Ek verstaan dis hoe dit gaan, maar dis nie in my smaak nie. Ek het sommer halfpad uit die fliek geloop. MARITA BRITS, GOODWOOD Ek het sopas vir gaan kyk. . . Wat ’n ongeloofli­ke goeie film! Noem my Skollie (Van skollie tot grootskerm, 7 September 2016). Dit beeld die bende- en tronklewe uit nes dit is; hard en ongenaakba­ar. Dis baie skokkend ook, so ek hoop ons jongmense gaan kyk dit. Teen die einde het ek die trane afgevee. As jy nog nie het nie, gaan kyk dit asseblief. Dis elke sent werd! ALETTA STANDER Die movie het my baie emotional gemaak (Van skollie tot grootskerm, 7 September 2016).

Dit het my ook bang gemaak vir my tiener wat ek grootmaak en alles wat kan gebeur. HELEN WILLEMSE Ons het die volgende vrae op Facebook gevra: 1. Slegte reuke, mense wat jou druk en stamp, geraas . . . Wat is die slegste ervaring wat jy al gehad het met ’n mede-passasier in die bus, taxi of trein? Ek het een keer langs iemand gesit wat lanklaas gewas het. Toe ek hom baie ordentlik vra om die venster oop te maak, sê hy ewe onbeskof “nee”. Die wind laat sy ore pyn. Toe moes ek maar in die stank sit. KATHLEEN WILSON JULEAN PAYLE Jare gelede moes ek en my dogter (3) terug huis toe met die Roadlink-bus. Ek beland toe langs ’n vrou wat ook ’n kind het en so moes ons vir ’n hele lang ruk met kinders op ons skote sit. Ek weet nie wanneer dit gebeur het nie, maar toe ek weer kyk, was my baadjie vol opgooi. Dit was aaklig! ROELINE SCHUTTE

Net vanoggend in die taxi het die guard so gestink na drank en voete, op my nugter maag. Ek was so vaak, maar daai reuke het my wakker gehou! GAYNOR VAN WYK Ek het in die fabriek gewerk en die skoonmaker het geruik asof hy al dood is.

Dankie vir die lekker resepte, wenke en kortverhal­e. In die afgelope twee jaar wat ek ’n leser is, het ek nog net twee uitgawes gemis. God seën julle. PAULINE CLOETE, MITCHELLS PLAIN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa