Kuier

MEDITERREE­NSE BIETJIEVLE­IS-BAIE-BREDIE

Genoeg vir 6

-

BESTANDDEL­E

3 eetlepels olie ½ koppie koekmeel 1 teelepel sout ½ teelepel varsgemaal­de swartpeper 1 teelepel droë origanum 800 g beesdikrib, in stukkies gesny 3 middelslag uie, fyngekap 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 1 groot eiervrug, in blokkies gesny 6 middelslag murgpampoe­ntjies, in skyfies gesny 2 groot tamaties, gekap 1 elk groen, rooi en geel soetrissie, wit gedeeltes en pitjies verwyder en in repies gesny 1 x 425 g blik chickpeas (kekerertji­es), goed afgespoel en gedreineer 1 koppie vleisaftre­ksel ’n Handvol vars origanum, fyngekap (of 2 teelepels gedroog) Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

METODE

Verhit die olie in ’n pot. Meng die meel met die sout, peper en origanum en rol die stukkies vleis daarin. Braai die vleis in sarsies tot alkant goudbruin en hou eenkant. Braai die uie in dieselfde pot tot sag en deurskynen­d. Voeg die knoffel by en braai nog ’n minuut of twee. Plaas die vleis terug in die pot en voeg die res van die bestanddel­e by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte, bedek die pot en laat vir ongeveer ’n uur en ’n half onverstoor­d liggies prut. Loer af en toe om seker te maak dat jou pot nie aanbrand nie. Haal die deksel af en laat so oop vir nog ’n halfuur prut sodat die meeste van die vloeistof wegkook. Geur met sout en peper en bedien op koeskoes of lekker witrys.

WENK: Jy kan enige stowebeesv­leis vir die potjie gebruik. Beesdikrib is van die goedkoopst­e snitte en ook die geurigste. Om die potjie nog meer te maak, kan jy ook ’n pakkie knopiesamp­oene (250 g) byvoeg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa