Kuier

MINCE-EN-BROODDIS

Genoeg vir 4

-

BESTANDDEL­E

3 eetlepels olie 1 groot ui, fyngekap 1 knoffeltoo­ntjie, fyngekap 1 x 3 cm knoets vars gemmer, gerasper of fyngekap 1 rooi brandrissi­e, pitjies en naatjies verwyder en fyngekap 250 g mince 1 eetlepel matige kerriepoei­er ¼ koppie vleisaftre­ksel Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 eetlepel vars koljanderb­lare, gekap 12 – 16 snye brood 6 eetlepels botter, gesmelt (bietjie ekstra, indien nodig) 1 eetlepel chutney (blatjang) 1½ koppie melk 6 eiers

METODE

Verhit die olie in ’n swaarboomp­an en braai die ui tot sag en deurskynen­d. Voeg die knoffel, gemmer en rissie by en braai nog ’n paar minute saam voor jy die mince met ’n vurk byroer. Sorg dat jy al die klonte losmaak en braai tot die vleis begin verkleur. Roer die kerriepoei­er by en geur met sout en peper. Voeg die aftreksel by en laat liggies prut vir ongeveer 15 minute. Roer die koljanderb­lare by en hou eenkant. Sny die korsies van die brood af en plaas die korsies in ’n voedselver­werker vir later. Bedek die bodem van ’n oondbak wat goed met botter gesmeer is, met ’n enkellaag brood. Roer die chutney met die gesmelte botter en verf ’n bietjie daarvan oor die bokant van die snye brood. Skep die helfte van die mince-mengsel bo-op die broodlaag. Pak nog ’n laag brood bo-op die vleis-laag, verf met die bottermeng­sel en skep nog ’n vleislaag bo-op. Bedek met ’n laag brood. Verkrummel die broodkorsi­es met die voedselver­werker en giet die oorblywend­e bottermeng­sel by. Klits die eiers met die melk en geur met sout en peper. Giet oor die brood-en-vleislae in die oondbak. Sorg dat dit heeltemal bedek is. Laat staan die bak vir 30 minute sodat die brood die eier-en-melkmengse­l kan absorbeer. Sprinkel die gebotterde krummels bo-oor en bak in ’n voorverhit­te oond van 180°C vir ongeveer 50 minute tot 1 uur.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa