Kuier

Meisie (13) van die Kaapse Vlakte meld aan by Oprah se spogskool

Ondanks haar grootwordj­are op die bendegetei­sterde Kaapse Vlakte, wink ’n blink toekoms nou vir dié slimkop by Oprah se spogskool in Johannebur­g.

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Toe Oprah Winfrey, een van die mees invloedryk­e vroue ter wêreld, op 2 Desember 2002 die Oprah Winfrey Leadership Academy of Girls in Johannesbu­rg begin, met die doel om meisies met potensiaal te help uitstyg bo hul moeilike omstandigh­ede, was die 13-jarige Charné Ruiters nog nie eens gebore nie.

Charné is ’n jaar later gebore en het grootgewor­d in Hanover Park op die Kaapse Vlakte, waar dit so maklik vir jongmense is om verlore te raak in die uitdagende omstandigh­ede rondom hulle – bendegewel­d, armoede, dwelm- en alkoholmis­bruik en tienerswan­gerskappe.

Daarom is dit nie heeltemal vreemd toe Charné skaam sê sy weet nie eintlik wie Oprah is nie.

Maar ná ’n intense aansoek- en keuringspr­oses is Charné aanvaar om vanjaar haar hoërskooll­oopbaan by Oprah se spogskool te begin. Sy begin stadigaan besef wat ’n groot ding dit regtig is om dáár ’n nuwe hoofstuk in haar jong lewe te begin.

Charné het vroeër vandeesmaa­nd na Johannesbu­rg vertrek. En daar in Henley on Klip aan die buitewyke van Johannesbu­rg, waar Charné van vanjaar af die grootste deel van haar vier hoërskoolj­are gaan spandeer, gaan sy haar oupa, Isaac Bradley (68), se wyse woorde altyd in haar agterkop hou in als wat sy aanpak.

“My oupa het ’n klomp goed gesê en ek kan nie alles onthou nie, maar wat ek wel onthou, is wat hy gesê het toe ek aanvaar word (by die Oprah Winfrey Leadership Academy for Girls) en dis dat ek my geleerdhei­d moet vat omdat dit vir my toekoms is. Ek is baie excited, maar ook nervous,”sê Charné. Haar oupa het Charné en haar sibbe, Edward (20) en Anthea (15), se voog geword nadat albei haar ouers in dieselfde jaar afgesterf het toe Charné maar ses jaar oud was.

Oupa Isaac en Oprah praat dieselfde taal, want op die skool se webtuiste www. owla.co.za haal Oprah vir Martin Luther King Jr. aan vir al die meisies wat haar skool bywoon:“My young friends, doors are opening to you – doors of opportunit­ies that were not open to your mothers and fathers – and the great challenge facing you is to be ready to face these doors as they open.”

Luidens die webtuiste berei die Oprahskool sy leerders voor vir wat buite die skool se deure wag wanneer hulle ná hul hoërskooll­oopbaan daar uitstap. Die skool poog om die leierskape­ienskappe wat die meisies reeds het, uit te brei sodat hulle die volgende generasie Suid-Afrikaanse leiers kan word.

Dus is Charné in ’n uitgesoekt­e groep, maar ná alles waardeur sy alreeds is en die moeite wat sy insit met haar skoolwerk, verdien sy hierdie kans.

die ROWWE REALITEIT

Dit het vir Charné normaal geword om plat te val in hul eenslaapka­merwoonste­l as die koeëls vlieg wanneer bendes op mekaar begin skiet. Maar selfs te midde van hierdie

konstante geweld in haar woonbuurt en die trauma van albei haar ouers se dood op ’n jong ouderdom, het Charné haar toevlug in haar skoolwerk gevind.

“Daar waar ek bly is dit nie veilig nie; dis ’n geskietery (deur bendes) oor ons court. Ek is elke dag in die huis en leer om ’n beter toekoms vir myself te skep, maar die skietery maak dit onmoontlik. Gewoonlik wanneer die skietery kom, val ek op die grond neer en lê stil. Ek is al daaraan gewoond,”sê Charné.

Sy sê soms wil sy ook buite saam met haar vriende uithang in plaas van heeltyd agter die boeke sit. Sy sal dan ’n paar minute afknyp en by haar vriende gaan kuier, maar is kort daarrna weer aan die leer.

Charné, wat verlede jaar haar laerskooll­oopbaan by Belmor Primêre Skool in Hanover Park afgesluit het, se harde werk het nie ongesiens by mev. Francis Williams, haar gr. 6-klasonderw­yser, verbygegaa­n nie.

Charné se werksetiek, leiereiens­kappe en akademiese prestasie ten spyte van die omstandigh­ede waaruit sy kom, het vir Francis só aangegryp dat sy vir Charné aansoek gedoen het by die Oprah Winfrey Leadership Academy. Francis sê dis juis nadat sy in Kuier gelees het van ’n ander meisie van Manenberg wat ook by dié spogskool aanvaar is, dat sy besluit het sy wil ’n kans vat en vir Charné inskryf.

“Charné was soms só gefokus op haar skoolwerk, dat sy pouses in die klas agtergebly het. Dan moes ek vir haar sê om ’n break te vat,”vertel Francis, wat ook vir Charné na die eerste aanlegtoet­s in April verlede jaar by Livingston­e College in Kaapstad vergesel het. Francis skat daar was dié dag sowat 300 meisies in totaal wat die toets kom aflê het.

En ná ’n intense aansoekpro­ses, die aflê van aanlegtoet­se en onderhoude in Engels (terwyl haar huistaal Afrikaans is) en ’n recruitmen­t-kamp in Johannesbu­rg, het amptenare van die Oprah-skool ’n onverwagse blitsbesoe­k op 18 Augustus verlede jaar by Charné se huis afgelê.

Hulle wou die omvang van haar huislike omstandigh­ede evalueer en het daardie dag nog haar toelatings­brief oorhandig. sy is ’n inspirasie “Ek is al 36 jaar in die onderwys en daar is nie woorde om te beskryf hoe dit voel om Charné hierdie geleenthei­d te sien kry nie. Daar was nog altyd iets spesiaals aan Charné en omdat sy ook nie meer ’n mammie het nie, wou ek iets spesiaals vir haar doen. Charné is die tipe kind wat onderwysge­e die moeite werd maak. Ek wou vroeg aftree, maar sy’t my inspireer om aan te gaan,”sê Francis aangedaan.

Sy sê voorts sy sien nie fout met skole in Hanover Park nie, maar weet nie almal is sterk genoeg om dit (moeilike omstandigh­ede) te oorleef nie. Francis se wens vir Charné is dat sy vaardighed­e sal aanleer wat sy kan gebruik om Hanover Park se gemeenskap met al sy probleme te probeer help.

Charné was in Julie verlede jaar reeds op ’n recruitmen­t-kamp saam met ’n groep van 29 meisies. Op dié kamp het hulle onder meer wiskundeto­etse afgelê en is hul Engelse taalvaardi­ghede weer getoets.

Francis, wat vir Charné by die lughawe gaan aflaai en weer gaan optel het, sê toe Charné terugkom, kon sy alreeds die veranderin­g raaksien. Charné was meer selfversek­erd en meer spraaksaam.

“Ofskoon Charné se huistaal Afrikaans is, was alle assesserin­gs in Engels en het sy dit bemeester. Dit wys vir my taal hoef nie ’n mens agter te hou nie,”sê Francis.

Al het sy siek geword toe die vliegtuig land in Johannesbu­rg, sê Charné sy het vinnig vriende gemaak en het veral die groepwerk geniet wat hulle op die kamp moes doen.

Dit was die eerste keer wat sy so lank en ver weg van haar oupa en sibbe was, maar Charné is steeds opgewonde. En wat is haar groot droom? “Ek wil ’n juffrou (onderwyser) word en ek wil ander aanmoedig om op hul skoolwerk te fokus en hul beste te doen,” sê Charné passievol.

Charné en die besonderse verhouding wat sy en Francis het, wys watter groot verskil ’n mens in iemand anders se lewe kan maak wanneer jy net ’n bietjie dieper as die oppervlak kyk.

En soos Francis sê, sy twyfel nie vir een oomblik dat Charné ’n sukses van hierdie groot geleenthei­d sal maak wat oor haar pad gekom het nie.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Charné Ruiters (13) van Hanover Park het toevlug gevind in haar skoolwerk. REGS ONDER: Juffrou Francis Williams het Charné al die pad ondersteun.
HOOFFOTO: Charné Ruiters (13) van Hanover Park het toevlug gevind in haar skoolwerk. REGS ONDER: Juffrou Francis Williams het Charné al die pad ondersteun.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa