Kuier

Verpleegst­er kry erkenning vir haar omgee in gemeenskap

Sy is pas vir haar onbaatsugt­ige diens vereer, maar vir dié verpleegas­sistent gaan dit nie oor toekenning­s nie, maar eerder die wete dat sy ’n verskil maak in haar gemeenskap.

- DEUR JACKIE PIENAAR-BRINK

Jenetta Oliphant was in gr. 9 toe haar ma ná ’n beroerte in die Tygerberg-hospitaal gesterf het. Te midde van die hartseer kon sy haar verkyk aan die verpleegst­ers in hul destydse wit uniforms en mantels. “Hulle het soos engele gelyk en hulle kon jou só inspireer. Hulle was baie, baie, baie goed vir ons,”vertel sy.

Net daar het sy besluit dat sy ook ’n verpleegst­er wil word en nie meer ’n onderwyser of maatskapli­ke werker, soos sy tot in daardie stadium gedink het nie.

Twee jaar later het sy by dieselfde hospitaal ingeval en vandag, op 53-jarige ouderdom, is sy steeds daarvan oortuig dat dit die regte besluit was.

En sy is nie al een wat só dink nie.

sy kry erkenning

Jenetta, wat intussen ook ’n diploma in fisioterap­ie verwerf het, het pas onder die toptien genomineer­des geëindig vir die Cecilia Makiwane Nurse’s Recognitio­n Award, waarmee die Wes-Kaapse regering jaarliks onbaatsugt­ige diens vereer. (Cecilia was die eerste geregistre­erde swart verpleegku­ndige in die land.)

Hoewel sy daarna nie die topdrie gehaal het nie, is die toptien geen geringe prestasie nie as mens in ag neem dat daar tans 12 898 verpleegku­ndiges in die Wes-Kaap alleen is.. En Jenetta voldoen in alle opsigte aan dit wat hierdie toekenning verteenwoo­rdig: Iemand wat nie net daardie ekstra myl saam met haar pasiënte loop nie, maar ook in haar gemeenskap na ander uitreik.

Oor die nominasie wil sy nie veel praat nie.“Ek is nou nog geskok. Dit was so oorweldige­nd. Ek is opgewonde, maar wil nie ’n te groot bohaai daaroor maak nie. Dis iets wat ek uit liefde doen.”

In ’n gesprek met Jenetta word dit gou duidelik dat sy vir haar pasiënte en haar gemeenskap leef. Met dekades se ondervindi­ng in rehabilita­siesentrum­s, lê veral fisiek gestremdes en maniere om hulle omstandigh­ede te verbeter, haar baie na aan die hart.

Met só iemand as voorbeeld, verras dit daarom nie wanneer jy hoor dat haar dogter, die 21-jarige Rue-ann, tans verpleegku­nde aan die Universite­it van Wes-Kaapland (UWK) studeer nie.

Jenetta se eie verpleeglo­opbaan het in 1982 by Tygerberg-hospitaal begin en vier jaar later is sy na die Karl Bremer-hospitaal oorgeplaas. Tussendeur het sy onder meer ook in die Goodwood-nasorgsent­rum se rehabilita­siesentrum gewerk. En sommer uit die staanspoor het sy geweet dis vir haar bedoel om met fisiek gestremdes te werk.

By Karl Bremer-hospitaal is sy by ’n multidissi­plinêre span betrek.“Ek is baie nuuskierig,”lag sy.“Dokters praat mos maar ’n ander taal en ek het baie vrae gevra. Ek het ook hand-aan-hand met die fisio- en arbeidster­apeute gewerk en kon baie goeie terugvoeri­ng op saalrondte­s gee.”

Sy onthou hoe ’n professor haar op sy rondtes“ontdek”het en wou weet of sy nie belangstel in ’n fisioterap­iekursus nie.

Die uiteinde was dat sy indiensopl­eiding gedoen het – die meeste daarvan by Lentegeur in Mitchells Plain – en ’n diploma in fisioterap­ie verwerf het met onderskeid­ing.

Daarna het sy van 1992 tot 2000 as fisioterap­eut-assistent gewerk voordat ’n jaar diens by ’n private arbeidster­apieprakty­k gevolg het.

Verpleging het egter bly roep en kort voor lank het Jenetta haar weer in haar ou beroep bevind.

Die afgelope tien jaar is sy ’n ingeskrewe verpleeg-assistent aan die Wes-Kaapse Rehabilita­siesentrum in Lentegeur.

Jenetta, wat in Malibu Village in Blue Downs woon, wy letterlik haar lewe aan haar medemens. En dit sluit haar familie in.

Haar een suster het sy ná vele beroertes by haar aan huis ingeneem en drie jaar lank tot met haar dood versorg.

Haar ander suster, wat aan kanker gesterf het, het sy by haar eie huis in Malibu Village bygestaan.

In haar gemeenskap – met sy hoë werklooshe­idsyfer, armoede, substance abuse – is sy as vrywillige­r ten nouste betrokke by kerk-aktiwiteit­e en ondersteun­ingsgroepe.

’n engel vir ander

Wanneer Jenetta van diens af is, doen sy gereeld huisbesoek­e, asook opvolgbeso­eke by pasiënte wat uit rehab ontslaan word – sonder enige vergoeding.

Hoewel sy op gestremdes fokus, weet die gemeenskap maar te goed dat enigiemand op haar nommer kan druk. Niks is vir haar te veel moeite nie, selfs al is dit net om iemand ter ondersteun­ing na die daghospita­al toe te vergesel.

Een van Jenetta se hoofdoelwi­tte is om gestremdes se omstandigh­ede ná ontslag uit die hospitaal te verbeter deur nie net aan hulle nie, maar ook aan hul familieled­e leiding en advies te gee.

“Armoede is ’n swaar ding,”sê sy.“As iemand hier (in Lentegeur) gerehabili­teer is, is my vraag wat ek daarna vir hom in die gemeenskap kan doen om dinge vir hom makliker te maak.”

Dis nie altyd nodig om geld uit te gee nie, beklemtoon sy. Trouens, daar is baie praktiese en goedkoop of gratis maniere waarop gestremdes se lewensgeha­lte en onafhankli­kheid bevorder kan word.

Vir respirator­iese doeleindes is dit byvoorbeel­d belangrik dat gestremdes soveel moontlik regop sit. Het iemand byvoorbeel­d nie ’n tafeltjie wat etenstyd oor die bed geplaas kan word nie, sny sy doodeenvou­dig ’n kartondoos uit en maak daarvan ’n oorbed-tray.

Nog ’n wenk wat van groot nut kan wees in gemeenskap­pe waar rolstoele en commodes (mobiele toilet) of selfs toilette nie geredelik beskikbaar is nie, is:“Sny ’n gat in ’n plastiekst­oel en sit ’n gewone plastiekem­mer daarin,”beveel Jenetta aan.

“Die stoel het dan twee funksies. Jy kan dit as ’n gewone sitplek gebruik deur kussings daarop te sit. En wanneer die persoon ’n toilet benodig, vat jy net die kussings weg en gebruik dit dan daarvoor. ’n Mens moet dít wat jy in jou omgewing het, inspan en verbeter,”benadruk sy en laat waai sommer dadelik met nog ’n wenk.

Sy sê wanneer ’n pasiënt te swaar is om om te draai om ten einde bedsere te voorkom, kan ’n baie effektiewe sleeptegni­ek met ’n laken toegepas word.

Dis vir Jenetta ook baie belangrik dat pasiënte ten opsigte van persoonlik­e higiëne opgelei word. In die proses leer sy hulle ook meer oor hul eie liggaam.

“Daar is baie basiese goed wat mens kan doen om te oorleef. Mens moet net jou liggaam verstaan,”sê sy.

“Wat doen ’n gestremde byvoorbeel­d as die kateter lek? Hoe kyk ek uit vir simptome van ’n infeksie? Hoe kom ek weer regop as ek op die vloer beland? Hoe kyk ek na my eie rolstoel? Hoe sit ek dat ek reg asemhaal? Hoe voorkom ek bedsere?” Dis alles vrae waarop sy antwoorde bied. “Ek sê altyd in ons beroep moet ’n mens mense as ’n geheel sien. Ek kan nie byvoorbeel­d net op diarree fokus nie; dit gaan oor die mens in geheel.”

En sy sê dit met die voorvereis­te, natuurlik, dat almal met respek en waardighei­d behandel moet word. Jenetta kan haar nie ’n dag voorstel wat sy nie by gemeenskap­swerk betrokke is nie, selfs ná haar aftrede.“Vir my gaan dit net daaroor om ’n ver-skil te maak,”benadruk Jenetta.

En jy glo haar.

Dit was so oorweldige­nd. Ek is opgewonde, maar wil nie ’n te groot bohaai daaroor maak nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa