Kuier

Ondersteun só jou kind wat werk soek

Dit is elke ouer se wens dat hul kind eendag ’n goeie werk sal hê. Maar wat doen jy as maande se werksoek niks oplewer nie?

- DEUR Maretha Botes

Om sonder werk te sit is nie lekker nie. En in Suid-Afrika is werk so skaars soos hoendertan­de en selfs mense wat met ’n string grade sit, kry soms nie werk nie.

Volgens die Internasio­nale Arbeidsorg­anisasie (IAO) is Suid-Afrika agste op die lys van lande met die hoogste werklooshe­idsyfer en teen 2020 sal ons op nommer ses staan. Dus as jy met ’n kind sit wat werk soek, is dít glad nie ’n lekker gedagte nie.

Raadop van sukkel

Vir Marge van As (48), ’n huisvrou van Johannesbu­rg, is dit nie maklik om te sien hoe haar seun, Jayden (21), sukkel om werk te kry nie. Jayden het ná matriek ’n kursus in kantoor-administra­sie gedoen, maar ná vele aansoeke by verskillen­de besighede, is hy steeds werkloos.

“Hy het eendag ná ’n interview by die huis gekom en net gesê:‘Mammie, ek weet nie wat hulle soek nie’. Hy probeer sy bes.

“Maar ons hou steeds aan. Ek gaan nie dat hy sommer nou opgee nie. Ons sal wel die regte werk vir hom kry,”vertel Marge.

Dit is vir dié ma baie erg om haar jong seun in homself te sien twyfel wanneer hy hoor dat hy nie die pos gekry het waarvoor hy aansoek gedoen het nie.

“Hy is partykeer baie depressief. Dan sal hy goed sê soos hy weet nie wat om nog te doen nie. Hy dink daar’s fout met hom. Hoe gaan hy ooit eendag ’n gesin kan hê as hy nie eens ’n werk kan kry nie . . . sulke goed. Dit breek my hart,”sê Marge.

“En ek erken dat ek nie altyd weet wat om vir hom te sê of hoe om hom te ondersteun nie.”

Jayden het drie maande terug uit sy eie besluit om te begin waiter.“Hy het gesien dit is nie lekker om niks geld te hê of om heeltyd vir sy ma te moet geld vra nie. Nou het hy ’n werkie as kelner by ’n restaurant hier naby en hy verdien darem ’n ietsie om vir homself ’n jeans of paar skoene te koop as dit nodig is,”sê Marge.

“Dit is een ding wat ek vir ma’s kan sê; moedig jou kind aan om in hierdie tyd net ’n klein werkie iewers te kry, al is dit glad nie in die rigting wat hy studeer het nie. Dit help dat hy ’n klein bietjie selfwaarde terugkry en dat hy voel hy kan darem iets vir homself doen. Hy gaan nie vir ewig waiter nie; dis net vir ’n rukkie. En wie weet? Dalk kan hy nou genoeg gespaar kry om ’n bykomende kursus by die kollege te doen.”

Dr. Frances Wessels, uitvoerend­e hoof van volhoubare opheffing en ontwikklin­g by Building Bridges Nationwide (BBN), sê jou ondersteun­ing is van onskatbare waarde vir jou kind in die tyd wat sy werkloos is en dit is belangrik dat jy haar altyd sal laat verstaan jy glo in haar vermoëns.

Frances sê dit is ook belangrik om jou kind aan te moedig om ’n maatskappy of organisasi­e te besoek en ’n daadwerkli­ke poging aan te wend om hulle te oortuig om haar vir ’n ruk lank – sonder betaling – in diens te neem. Op dié manier kan jou kind eerstehand­se ervaring opdoen. Soms is daar in die tydperk ’n posisie wat oopgaan en kan jou kind dan, met ervaring, daarvoor aansoek doen.

Wees kreatief en ondernemen­d en probeer om die behoeftes in jou eie gemeenskap te bepaal, verduideli­k Frances.

Daar is dalk ’n gaping in ’n sekere mark en jou kind kan dalk hierin voorsien en só ’n eie, klein ondernemin­g op die been bring.“Moedig jou kind altyd aan om wyer te kyk as die hier en die nou,”sê Frances.

Leer vaardighed­e

Andy Berelowitz, woordvoerd­er vir Harambee Youth Employment Accelerato­r, sê daar is poste beskikbaar vir ’n wye verskeiden­heid intreevlak­posisies. In die kleinhande­l- en gasvryheid­sbedryf sluit dit in verkoopspe­rsoneel, kassiere, hotel- en restaurant­personeel, asook aflewering­spersoneel. Daar is ook skaars vaardighed­e soos dié van slagters, baristas en bakkers.

In die korporatie­we sektor is daar posisies in kontaksent­rums (inbelsentr­ums) en ander diens- en verkoopomg­ewings. Die industriël­e sektor het werk vir operateurs in vervaardig­ing en konstruksi­e asook ambags- en tegniese vakatures.

Frances stel voor jy lei jou kind om inligting te soek oor skaars, spesifieke en tegniese vaardighed­e wat deur maatskap-

pye landwyd gesoek word en doen dan moeite om opgelei te word in hierdie vaardighed­e. Bel maatskappy­e en vra om met die onderskeie departemen­te of afdelingsh­oofde te gesels en vind uit waar jou kind opleiding kan kry, soos by FET’s, SEDA’s, ens.

vir nuwe werksoeker­s

1. Sien werksoek as ’n“werk”. Maak dit jou doel om elke dag vir ’n sekere hoeveelhei­d poste aansoek te doen.

2. Maak seker jy voldoen presies aan die aansoekver­eistes. As hulle vra vir ’n CV van 600 woorde, maak seker jy het nie 700 nie. Hulle het waarskynli­k ’n stelsel in plek wat elke aansoek filter en dié uitgooi wat nie aan die vereistes voldoen nie.

3. Berei ’n goeie dekbrief (cover letter) voor. Hou dit kort, kragtig en hanteer dit as die geleenthei­d om te wys hoe hoog jou profession­ele standaard is.

4. Doen baie moeite met jou aansoek. Gebruik jou beste spelling en taal (kry iemand wat van taal weet om die spelling na te gaan). En as jy vir iemand ’n hard copy van jou CV gee, maak seker dit is netjies. Jou CV spreek boekdele vir jou wanneer jy nie fisies daar is nie.

5. Klop aan die deur van enige werkgewer, fabriek of besigheid wat jou interessee­r om te hoor of hulle vakante posisies het. Hulle mag dalk jou CV hou vir wanneer daar in die toekoms posisies oopgaan.

6. Doen aansoek vir elke moontlike werk. Moenie dink as jy vir werk A aansoek doen, moet jy eers wag om van hulle te hoor voordat jy vir werk B kan aansoek doen nie. Werk A mag dalk nooit terugkom na jou toe nie en dan het jy tyd gemors.

7. Volg op. Moenie besluit hulle wil jou nie hê nie. Laat hulle vir jou vertel as hulle jou nie wil hê nie (bel hulle, hoor wat die uitkoms is). 8. Doen slegs een keer aansoek vir ’n pos. 9. Doen slegs aansoek vir poste wat reg is vir jou. As ’n pos ’n bestuursli­sensie vereis en jy het nie een nie, moenie vir die pos aansoek doen nie.

10. Netwerk, netwerk, netwerk. Jou loopbaanne­twerk moet enigiemand insluit wat jou kan help om ’n werk te kry!

VIR DIE OUER

Luister na jou kind. Jy kan dalk nie die situasie verander nie, maar wees net dáár.

Wees ondersteun­end. Jy kan nooit genoeg smiles en drukkies gee nie. Speel haar gunsteling-musiek of neem haar uit om te gaan fliek.

Stel voor dat sy vrywilligh­eidswerk doen (volunteer). Dit sal jou kind ’n doel gee en sy sal waardevoll­e ervaring kan opdoen. Registreer by www.myhandsand­heart.org.

Stel voor dat sy iets anders studeer of probeer ’n aanlynkurs­us volg.

Werk saam met jou kind deur onderhoud-terugvoer en dink aan maniere om hierop te verbeter en swakhede te versterk.

Moedig haar aan om fisiese oefening te kry wat sy geniet om haar te help ontspan.

Doen ’n paar praktiese onderhouds­essies om jou kind te help voorberei.

Moedig haar aan om ’n mentor te kry met wie sy kan gesels en by wie sy kan leer. Besoek ook www.harambee.co.za en www.bbn.co.za.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa