Kuier

Soms is dit meer as net sooibrand!

Tydens die vakansie het jy dalk weggelê aan die kosse, maar nou het dit ’n brandende nasmaak in jou mond gelos – sooibrand!

- Deur Rowena Hendricks

dit was ’n heerlike feestyd, maar beslis nie die sooibrand wat vir baie met die oormatige eet en drink gepaardgaa­n nie! Baie ervaar egter steeds die brandende gevolge van te veel van ’n goeie ding – hetsy dit nou sonbrand of sooibrand is. Sooibrand is ’n algemene verskynsel en simptoom wat gepaardgaa­n met die spysverter­ingstelsel. Dis jou liggaam se manier om vir jou te sê iets is fout.

En hoewel sooibrand gewoonlik deur ’n ongesonde dieet en leefstyl veroorsaak word, omdat die suur in jou maag soms opstoot in jou slukderm (esofagus), kan dit soms op baie ernstiger gesondheid­sprobleme dui en ’n waarskuwin­g wees van ’n hartaanval of stroke en selfs kanker van die maag of slukderm.

Oor die feestyd het jy gereeld aan braaivleis, sommer van die kole af gepeusel, die cocktails een ná die ander gedrink en weggelê aan al die eetgoed op Kersfees en tydens familiekui­ers wat die tafel behoorlik laat kreun het van lekkerte. En dis veral die spicy en vetterige kosse waaraan jy gesmul het, wat jou nou steeds pla, soos

die sooibrand jou telkens herinner.

Volgens die webtuiste Healthline.com, is daar ook verskeie ander oorsake vir sooibrand, soos onder meer swangerska­p, ’n hernia (ingewandsb­reuk), stywe klere, oorgewig, rook en sekere medikasies. Sooibrand is dus die liggaam se waarskuwin­g dat jy jou leefstyl moet verander.

weens ongesond eet

En dié brandende gevoel is iets wat Kuier se eie joernalis Ernusta Maralack (32) van Kuilsrivie­r al te goed ken. “Ek sukkel al met sooibrand sedert my laat twintigs, maar ek dink dit het baie te doen gehad het met my ongesonde eetgewoont­es. Ek het baie gaskoeldra­nk en olierige slaptjips met spice daarop geëet. My sooibrand was só erg dat ek ’n bottel Gaviscon by die huis gehad het; een by die werk; en Gaviscon-sachets en suigtablet­te in my handsak – net sodat ek gereed kon wees, want die sooibrand het gekom wanneer hy wil en ten minste drie keer per dag. “Toe ek egter twee en ’n half jaar gelede swanger word met my dogtertjie, was my sooibrand op ’n next level, want die oomblik dat ek daai kool vuur in my borskas gevoel brand het, het ’n hoesbui my oorval en het ek sekondes later opgegooi. Klokslag met elke sooibrand-aanval. “Ná my swangerska­p het die sooibrand bietjie beter geraak – veral toe ek my eetgewoont­es verbeter het deur minder spicy kos en kosse met refined sugars daarin, te eet. “Maar verlede jaar was my sooibrand met mening terug en was ek konstant bloated, het maagkrampe begin kry en ek was erg winderig. Wat my egter die meeste gepla het, was ’n knop op my maag wat ek gedink het ’n hernia is. “Toe ek die ongemak nie meer kon verduur nie, is ek dokter toe, wat bevestig het dat ek eintlik Irritable Bowel Syndrome (IBS) het, wat getrigger word deur erge stres en anxiety. So my sooibrand was toe al die tyd meer as net plein sooibrand!” vertel Ernusta.

Vir Alec Boraine (35) van die Strand was die aanhoudend­e brandpyn wat hy die laaste ruk gereeld oor sy borskas gevoel het, ’n heel ander storie.

“Ek het die laaste paar maande drie keer in die hospitaal beland met ’n drup in my arm, met wat ek elke keer gedink het ’n hartaanval was.

“Die vierde keer het die dokter ’n kamera in my keel afgedruk (die mediese term is gastroscop­y) om te kyk wat die oorsaak van my erge sooibrand was. Ek is toe met Hiatal Hernia gediagnose­er. Dis wanneer die boonste deel van die maag deur die diafragma en in jou borsholte opstoot.”

Alec vertel hy het veral gesukkel met drukking op die bors en in die keel, erge borspyne en soms naarheid.

Maar sedertdien neem hy soggens voordat hy nog enigiets geëet of gedrink het, “’n PPI-pilletjie, wat help om die acid-pomp in my maag af te skakel”.

brand in die bors

Volgens Nazeem Isaacs, ’n apteker by die Macassar-daghospita­al, kry jy sooibrand wanneer daar oormatige suur in die slukderm opstoot en dit dan begin voel asof jou borskas of hart brand.

“Sooibrand word deur verskeie faktore veroorsaak, soos swangerska­p en soms breuke. En wanneer jy kos begin eet of dit selfs net ruik, begin die maag al outomaties suur afskei ter voorbereid­ing om die kos te verteer wat jy nog moet eet.

“Onthou, die slukderm het nie ’n beskermend­e laag soos jou maag nie, daarom brand die suur jou slukderm en veroorsaak dit dan sooibrand,”sê Nazeem.

Hy sê ook laggend dat swanger vroue nie sooibrand kry omdat hul babas baie hare het nie, maar wel omdat die baba in die baarmoeder op die maag druk wat veroorsaak dat die suur in die slukderm opstoot.

“Jou hart sit ook naby jou slukderm, dis waar die Engelse term‘heartburn’vandaankom, want dit voel dan asof jou hart brand. Rokers wat gereeld op hul nugter maag rook, mense wat baie stres ervaar en ongesond eet en leef, kan ook sukkel met sooibrand,”meen Nazeem.

Vir gewone sooibrand-probleme soos nou oor die feestyd, wanneer almal oormatig eet en drink, werk oor-die-toonbank antacids soos Citro-soda, Eno, Gaviscon en Rennies goed, stel Nazeem voor. As jy baie ongemak ervaar weens die sooibrand, maar dit nie te ernstig is nie, sal ’n apteker (soos Nazeem) gewoonlik antacid-tablette en/-stroop kan aanbeveel wat moontlik ’n mate van verligting kan bied.

Hy waarsku egter as die sooibrand aanhoudend is en dit jou lewensgeha­lte begin belemmer,“beveel ek gewoonlik sterk aan dat die pasiënt ’n dokter gaan sien, want dit kan ’n warning sign wees van iets veel erger soos dat jou slukderm beskadig is deur al die suur wat daarin opstoot”.

“Die suur wat deur jou maag in jou slukderm opgestoot word, is basies soos hydrofluor­ic acid. As jy dít uitgooi, sal jy sien hoe dit ’n oppervlak brand. So stel jou nou voor soortgelyk­e suur brand jou slukderm.”

Gaan sien dus dadelik ’n dokter as jy een of meer van die volgende simptome, wat gepaardgaa­n met sooibrand, ervaar: moeilik sluk en dit soms pynlik is; jou stoelgang is donker en hard; jy raak kortasem as jy sooibrand kry; voel duiselig en dronk in die kop; en jy begin sweet. Dis daarom veral wys om eerder kosse te vermuy wat hoë suurinhoud bevat, soos gaskoeldra­nk, sitrusvrug­te, tamaties en vetterige kosse te vermy en om slegte leefstyl gewoontes, soos rook af te leer.

Ek het die laaste paar maande drie keer in die hospitaal beland met ’n drup in my arm, met wat ek elke keer gedink het ’n hartaanval was. Alec Boraine

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa