Kuier

Wat die hart van vol is

Dis ’n nuwe jaar met nuwe uitdagings, maar moenie bakhand by ander staan nie. Wees selfstandi­g en sort jouself uit!

- DEUR NICOLETTE FOULDIEN

Dnet mooi niks vir hulself kan doen nie en glo my, daar is baie diesulkes in ons wêreld. Mense wat soos parasiete op ander se tyd, moeite en aandag teer. Ek leer my kinders al van jongs af om op hul eie reg te kom. Ek is hul ma, nie ’n huishulp nie, so hulle maak hul eie kamers skoon en was hul wasgoed. (My jongste is maar 13 jaar.) My man stryk sy eie klere en ons deel huishoudel­ike take. Ons huishoudin­g weet, as jy iets self kan doen, doen dit. En só pluk ek die vrugte van selfstandi­ge kinders wat my net nodig het vir broodjies inpak, daai laaste minuut- skooltaak (eish!), verlore items opspoor, skeidsregt­er speel en sommer net moederlief­de in oorvloed gee. ’n Mens moet leer om nie so maklik van ander te vra nie. Oorweeg jou opsies. Is dit iets wat jyself kan doen? Is dit nodig? Is dit die moeite werd? Jou belange is nie altyd ander s’n nie. Jy betrek dalk iemand by jou sake wat nie betrokke wil wees nie, maar uit menslike ordentlikh­eid nie vir jou kan of wil‘nee’sê nie. En sê iemand wel vir jou nee, loop jy vir die res van jou lewe dikmond vir die persoon rond terwyl die rede vir die onenigheid nie eens meer saak maak nie. Wys net hoe onbenullig die versoek was.

Natuurlik moet ’n mens help waar jy kan en waar dit regtig nodig is. Soos om ’n honger mens te voed, ’n trui aan te bied in die koue, iemand se pap band te help omruil op ’n besige snelweg (veiligheid eerste), ’n pot breyani te maak vir ’n begrafnis, gratis vervoer te bied vir ’n hospitaalb­esoek, jou vriendin se baba op te pas terwyl sy gaan vir ’n werksonder­houd, ensovoorts.

Maar dan kry jy daardie“leen asseblief vir my R50 vir krag tot einde van die maand . . .”, terwyl jy weet sy’t laasweek gepay en heelnaweek gebraai en party gehou. Of daardie vriende wat dit as vanselfspr­ekend aanvaar dat jy vir hulle iets sal doen. Jy offer jou tyd vir hulle op en ontvang dikwels nie eens ’n dankie nie. Met sulke vriende het jy regtig nie vyande nodig nie. Tyd kos geld. Ons moet leer om dit te respekteer en nie ander s’n te mors nie.

Laat my nou dink aan my dierbare ouma wat altyd gesê het,“ons moenie loaf nie”. Jy vra nie koffie of suiker by ander mense nie, want dis nie ’n lewensnood­saaklikhei­d nie. Daarsonder kan jy klaarkom. So kom ons raak ontslae van die bakhand-mentalitei­t.

Ons almal wil graag van hulp wees en barmhartig­heid toon, maar pasop! Moenie dat ander ons agter ons rug begin“loafers” noem nie.

Ons moet ook nie ander mense se goedheid misbruik nie. Jy gaan hulle dalk net weer eendag nodig kry.

Gelukkig het ek my les al vroeg in die lewe geleer: “Staan op jou eie voete.”

ie lewe bied jou nie altyd wat jy wil hê nie, maar aan die ander kant moet jy besef, met al sy“ups and downs,”skuld die lewe jou eintlik niks.

Alles wat jy het, wat jou gelukkig maak en vrede en vreugde verskaf, het jy aan jouself te danke. Dit het te make met hoe jy leef, droom, wat jou verwagting­e van ander en jouself is, hoe getrou en opreg jy as mens is, hoe hard jy werk om jou drome na te streef, hoe jy jou volle potensiaal uitleef, hoeveel jy omgee en gee, hoe sterk jou geloof is, hoe selfstandi­g jy is, hoe lief jy het en hoeveel liefde jy het om te deel.

Ons verwag soms te veel van ander en word dan bitter teleurgest­el in die proses. Dit terwyl ons in baie gevalle onsself kon gehelp het om te leer om onafhankli­k te wees. Ons lewe in ’n gejaagde tyd. Almal is gedurig besig met een of ander iets, maak nie saak hoe belangrik dit is of nie.

Ons het min tyd om te spaar. Ons hardloop soms teen mekaar vas of skoons onderstebo in ons gejaag na wind. Daar is skaars tyd vir brieke trek en ’n gevallende ophelp.

Gelukkig het ek my les al vroeg in die lewe geleer:“Staan op jou eie voete.”En ek is so bly oor hierdie kosbare lewensles, want danksy dit, kon ek al baie bereik. Ek is nie iemand wat maklik vra nie. Ek probeer liewer self en as ek flop, het ek net myself te blameer. Gelukkig flop ek nie maklik nie omdat ek altyd hard probeer om eers die kat uit die boom te kyk. Mens moet in vandag se tyd oopkop dink.

Ek het ’n kleintjie dood aan mense wat

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa