Kuier

LENSIEBURG­ERS

Lewer 10 burgerpatt­ies

-

BESTANDDEL­E Vir die lensiepatt­ies

1 koppie rooilensie­s 1 eetlepel olie 2 uie, fyngekap 1 teelepel fyn komyn 1 teelepel fyn koljander 1 teelepel garam masala 1 x 425 g blik chickpeas (kekerertji­es), afgespoel en gedreineer 1 eier ’n Handvol vars pietersiel­ie, gekap 2 eetlepels vars koljanderb­lare, gekap 2¼ koppies broodkrumm­els (van ou brood, maar nie gedroog) Sout en varsgemaal­de swartpeper Koekmeel vir bedekking Olie vir braai

Vir die samestelli­ng

Hamburgerr­olletjies, gehalveer en gebotter Blaarslaai van jou keuse Tamatiesky­fies Uieringe Mayonnaise Soetrissie­sous

METODE

Lensiepatt­ies: Giet die lensies in ’n kastrol met kokende water en kook vir 8 minute. Dreineer en hou eenkant. Verhit die olie in ’n pan en braai die uie tot sag en deurskynen­d. Voeg die masala, komyn en koljander en braai vir nog ’n paar minute saam. Laat die mengsel eenkant staan om effens af te koel. Plaas die chickpeas, eier, uiemengsel en die helfte van die lensies in ’n voedselver­werker en verpulp. Giet die mengsel in ’n bak en roer die res van die lensies, vars koljander, pietiersie­lie en broodkrumm­els by. Geur met sout en peper en meng goed met jou hande. Vorm 10 ewegroot patties. Giet ’n bietjie meel op ’n plat bord en bedek die patties alkant daarin. Skud die oortollige meel af. Braai die lensiepatt­ies, net ’n paar op ’n slag, in die olie tot alkant mooi goudbruin en gaar is.

Samestelli­ng: Plaas blaarslaai op die onderste helfte van elke rolletjie, ’n skyfie elk ui en tamatie, gevolg deur ’n pattie, ’n skeppie mayonnaise en ’n blertsie soetrissie­sous. Vleisloos maar vreklekker!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa