Kuier

MARIE KRY haar stukkie

Sy het gedink haar manier van dinge doen maak haar ongewild, maar toe word sy aangenaam verras.

- Deur David Viljoen

Marie Brits het nooit niemand iets gegun nie. Ek weet, want sy het saam met Ma en ses ander tannies in blou verpleegst­er-uniforms by die oogdokter se spreekkame­r gewerk.

Wanneer een van die dames ’n geskenk van ’n pasiënt ontvang het as bedanking vir uitsonderl­ike diens, het Marie seker gemaak dat die sjokolade of biltong of wat ookal, gelykop tussen die personeel verdeel word. Want sy werk ook daar en het indirek bygedra tot die pasiënt se dankbaarhe­id. En sy soek haar stukkie. Marie het altyd haar stukkie gekry. Toe Mariska die dag nie haar bottel piekeluie wil deel nie, stap Marie na dr. Pienaars e kantoor toe .“Dokter ,” Marie haal senuweeagt­ig asem en sit een hand op dr. Pienaar se lessenaar.“Ek wil nie moeilik wees nie, maar dit is onregverdi­g dat geskenke nie gedeel word nie. Ons wat agter werk, word nooit raakgesien nie, maar ons werk net so hard. Ek dink jy moet . . . ”Dr. Pienaar lig sy hand uit frustrasie en maak haar stil. Hy staan op en stap verby Marie die gang af.

“Wie het die boks sweets gekry?”vra hy meer moedeloos as kwaad. Mariska steek bangerig haar hand op.“Dis piekeluie dokter, dis net ….”Dr. Pienaar maak haar ook met sy handpalm stil.“Ek gee nie om wat dit is nie. Deel dit net! Julle moet dit deel. Altyd!”Hy skree amper die laaste woord – en storm die gang af. Minute later staan Marie en glimlag vermakerig terwyl Mariska die uie in agt nageregbak­kies skep.

Marie was die rekeningku­ndige en ook verantwoor­delik vir die skryfbehoe­ftes en die koffiegoed.“Kom asseblief middagete vir ’n vergaderin­g, die nuwe skryfbehoe­ftes het gekom,”sê Marie vir Chantelle.“Goed” antwoord Chantelle sonder om op te kyk. Marie loop stelselmat­ig deur die kantoor om die ander in te lig.“Ek het gehoor,”val Mariska haa rin die rede .“Ja aa a ,” brom Elize, maar Marie maak ’n punt daarvan om vir elkeen te sê.

Middagete sit almal om die tafel en Marie staan aan die hoof met die kartondoos voor haar.“Kom ons begin by die potlode,” sê sy en haal ’n veelkleuri­ge boks potlode uit.“Rooi,”sy kyk in haar boekie,“dis Chantelle”en sy gee die potlood aan.“Groen . . . is Elize.” Toe sy klaar die potlode uitgedeel het, haal sy die boksie met die gepaardgaa­nde loot uit.“Neem ’n houertjie en gee dan aan.”Chantelle haal ’n houertjie uit die boksie en bestudeer dit.“Maar Marie, daar is net twaalf lote in ’n houertjie.”

“Dis reg, ja,”antwoord Marie saaklik.“So wil jy vir my sê ons het twaalf lote vir die jaar?”Marie se gesig bly uitdrukkin­gloos.

“As hulle op raak kan julle kom sê, en as dit billik is, sal ek vir julle nog gee. Ook as hulle breek en jull-““Wat bedoel jy as dit billi-”probeer Christel haar in die rede val maar misluk. Marie verhef net haar stem en gaan voort. Dit is haar vergaderin­g.

“Ook! As julle een breek, bring julle die stukkies vir my en ek sal dit vir ’n nuwe verruil.”

“Maar dit is ’n loot ’n maand Marie,”sê Christel.“Ons is nou klaar met die potlode,” antwoord sy en glimlag amper.

Later die jaar is dit amper weer dokter se verjaardag. Toe Marie vir Ma in die gang vaskeer, het Ma geweet wat kom.“Is dit vir dokter se verjaardag?”vra Marie en beduie na die toegedraai­de boek in Ma se hand. “Ja,”sê Ma en probeer haar sug inhou.“Is dit die dokter se geskenk?”vra Marie. Duidelik, dink Ma, maar sê“ja, jammer – ek het nie almal gevra nie, maar ek was haastig om dit oor en verby te kry.”Marie kyk haar skuins aan en sê:“Jy kan mos nie mense se geld vat om ’n ding te gaan koop en nie eens vra wat hulle voorstel nie.”Ma sê niks nie, maar soek deur haar handsak vir ’n R20 om vir Marie te gee.“Wie sê jy weet beste wat dokter van hou?”Maar voor sy haar volgende sin kan uiter, gee Ma vir haar die geld en stap in die gang af.

Die volgende oggend daag Marie nie op vir werk nie.“Moet jy nie dalk bel en vra wat aangaan nie?”stel Elize aan Ma voor.“Dalk vat sy nie haar maandeliks­e siekdag nie, dalk is iets rêrig fout?”

“Kom nou Elize.”Ma kyk haar ongelowig

aan.“Dit is middel van die week, middel van die maand.”Elize wil nog iets bylas, maar besluit daarteen .“Koffie ?” vra sy.

“Asseblief.”Net toe stap dr. Pienaar die vertrek binne en roep Ma na sy kantoor toe.

Toe Ma uit die dokter se kantoor stap roep sy die dames bymekaar. Hulle gaan sit om die tafel en kyk haar aandagtig aan. “Dokter wil hierdie jaar ’n nuwe stelsel met die jaarlikse bonusse probeer.”

Hulle kyk verbaas, maar niemand sê iets nie.“Moenie worry nie, dis nie ’n slegte ding nie.”Almal lyk effens verlig.

“Hy wil hê ons moet mekaar evalueer.” Verwarde gesigte.“Hoe dit werk is: Elkeen maak ’n lysie van wie volgens hulle die meeste tot die minste ekstra moeite by die werk insit. Elke plek, van een tot agt, kry ’n sekere aantal punte.”Sy deel vir elkeen ’n bladsy uit wat die puntestels­el verduideli­k.

“Vanselfspr­ekend mag jou eie naam nie op die lysie verskyn nie,”sê sy, terwyl almal nog hul bladsye bestudeer.“Is daar enige vrae?”Koppe skud en daar is stilte, maar die wantroueri­ge flitse van oë stem nie saam.

Toe Ma die volgende dag vir Marie die nuus gee, het haar wêreld geskud. So vinnig soos wat haar hakskoene haar toelaat, loop sy die gang af na Dokter se kantoor toe. Hoe kan hy dit doen? Dis nie hoe dit werk nie. Dis nie regverdig nie.

“Dokter,”sê sy toe sy voor hom staan,“die ding met die bonusse, dit is nie regverdig nie. Jy weet nie hoe hulle is nie, hulle gaan stem vir hulle vriende, nie vir wie die hardste werk nie. Ek dink dit sal beter wees as ons dit terug verander soos dit altyd was.”

Dokter kyk haar ongelowig aan. Hy lig sy wenkbroue.“Wat bedoel jy ons,”vra hy so bietjie gefrustree­rd en toe skielik woedend“Jy het geen reg om my besluite te bevraagtek­en nie! Wie dink jy is jy?”Marie skrik, maar staan vas.“Loop!”sê dr. Pienaar.

Marie sit in haar hoek en haar hakskeen wip teen ’n spoed van die naastehaat in haar binneste. Die onregverdi­gheid. Tel ek vir niks? Ná al die jare! Marie was oor een ding wel reg. Dr. Pienaar het nie vroumense verstaan nie en het geen benul gehad van die onderdrukt­e jaloesie en vervolgend­e vyandighei­d wat vroumense in ’n kantoor vir mekaar kan hê nie.

Met gespitste ore sit Marie en maak asof sy werk. In die weerkaatsi­ng van haar rekenaarsk­erm hou sy haar kollegas dop. Hulle sit in groepies van twee of drie, praat in gedempte stemme en maak ook asof hulle werk. Sy staan op om verby Mariska en Elize te stap, maar is teleurgest­eld toe hulle met haar verbygang skielik tjoepstil is. Sy stap aan na waar Chantelle, Christel en Ma sit en is weer met ’n doodse stilte begroet. “Jammer om te pla,”sê sy vir Ma.“Wanneer wil jy die lysie vir die bonusse hê?”

“Almal moet dit môreoggend eerste ding by my inhandig. So julle kry kans om daaroor te slaap.”

Maar Marie kon daardie aand glad nie slaap nie. Haar selfoon biep vir die hoeveelste keer op haar bedkassie.“Met wie praat jy so dié tyd van die aand?”vra haar man, Piet, deur die slaap.“Ek vertel net my suster hoe belaglik hierdie hele storie by die werk is,”sê sy en maak die boodskap op haar foon oop.“Los dit nou vrou. Dit is buite jou beheer. Ek is moeg,”grom Piet.

“Goed, dis nie nodig om so te brom nie. Ek sê net gou nag.”Terwyl sy die boodskap tik wonder sy wie by die werk SMS vir wie en wie het vir wie waar op hul lysie gepen.

Die volgende dag het Ma al die geseëlde koeverte ingesamel. Die week wat toe volg tot salaristyd was vir Marie ’n marteling. Sy kon aan niks dink behalwe die inhoud van daardie koeverte nie. Sy het nie meer die koffie en suiker nagegaan nie. Sy het nie meer deur die venster geloer om te sien wie laat is vir werk nie. Sy het nie meer elke nou en dan ’n draai deur die kantoor geloop om te kyk wie sit op Facebook nie.“My highlighte­r is droog Marie. Kan ek ’n nuwe een kry?”vra Sharon oor haar skouer. Sonder ’n woord beduie Marie na die laai en skryf niks in haar boekie neer nie. Wat help dit ek doen ekstra moeite en maak seker die kantoor is georganise­erd? Hulle kom dit nie eens agter nie, dink sy.

Salarisdag kom en daardie aand wag Marie vir die SMS van die bank af. Net ná twaalfuur die aand kom hy deur. Tot haar verrassing, het sy wat Marie is, ’n 50% bonus (die hoogste) op haar salaris ontvang. Sy skud Piet wakker.

“Jy sal dit nie glo nie. Ek kan dit nie glo nie.”Sy wys vir Piet die SMS.“Wat beteken dit?”vra hy. Marie verduideli­k . . .

“Rêrig? Het daai klomp vrouens vir jou gestem? Ek dog jy sê hulle like jou niks?” Marie glimlag breed en kriewel onder die kombers van opgewonden­heid.

“Nee, ek twyfel. Dit is seker dokter wat gesien het dat hulle almal my naam onder neergeskry­f het.”Sy sê ernstig:“Hy was nog altyd ’n regverdige man.”

Die volgende week dra Marie ’n glimlag kantoor toe. Maandag vra Elize vir Ma“het jy nog melk gaan koop?”

“Nee, dit was Marie.”Elize staan stomgeslaa­n vas.“Ek kon dit ook nie glo nie,”sê Ma, “maar ek het gesien hoe sy dit vanoggend hier aanbring.”

Dinsdagogg­end ontdek elke dame ’n netjiese hopie skryfbehoe­ftes op hul tafel. “En dit?”vra Ma vir Marie.“Ek het gedink dit sal makliker wees as elkeen beheer het oor sy eie goed. Dit hou julle uit die werk uit om elke keer vir my te kom vra.”“Dankie Marie, dis ’n goeie idee,”sê Ma en stap weg met ’n beïndrukte gesig. Woensdag word ’n groot sak wildsbilto­ng in die voortporta­al afgelewer .“Elize ,” roep Sharon in die gang af.“Jy beter dit vinnig wegsteek,”sê sy en lag asof sy sopas ’n vuil grap gehoor het.

“Nee wat, sy het my klaar gesien,” antwoord Elize gelykmatig en gaan sit by haar tafel. Sy sit die biltong tussen haar voete onder haar stoel. Vasberade om Marie uit te daag om haar dit te máák deel. Toe Elize huis toe gaan met die biltong onder haar arm, het Marie net gegroet en geglimlag.

Vrydag is die laaste werksdag van die jaar en Marie is vroeg op kantoor. Sy sit haar goedjies neer en stap kombuis toe om koffie te maak. Sy steek vas by die ingang toe sy onverwagte stemme hoor.“. . . so die hele lysie ding was ’n doellose oefening?” vra Chantelle vir Mariska.“Ja, Dokter het vir almal presies dieselfde bonus gegee.” Albei lag. Marie lag nie. Sy tree terug, wag ’n oomblik in stilte, dan stap sy die kombuis binne.“Goeie môre,”groet sy, maar haar glimlag het verdwyn. Voor enigiemand agterkom dat die ou Marie terug op kantoor is, word ’n boks koekies in die voortporta­al afgelaai. Marie is nog van plan om op haar stukkie aan te dring, toe Chantelle ’n bordjie koekies voor haar neersit. “Lekker dag, Marie,”sê sy opreg. Sedertdien is Marie ’n nuwe mens. Weet ek, want sy het saam met my Ma en ses ander tannies by die oogdokter se spreekkame­r gewerk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa