Kuier

DINK VOOR JY BEDANK

Dis ’n nuwe jaar, maar steeds dieselfde ongelukkig­heid by die werk. Moet jy bedank? Ander werk soek?

- DEUR ANDELINE WILLIAMS-PRETORIUS

Ongelukkig­heid by die werk is ’n baie algemene verskynsel. Indien dit ook jou probleem is, kan die gedagte aan nóg ’n dag by die werk jou laat voel asof jy besig is om van binne dood te gaan omdat jy glad nie daarna uitsien nie. Die meeste mense wat soggens na hul werkplek gaan, spandeer die meerderhei­d van die dag by die werk. Dit is hoekom die ideaal is om jou werk te geniet, maar ongelukkig is dit nie die realiteit vir alle werkers nie.

Daar is baie redes vir mense se ongelukkig­heid by die werk. Dalk voel jy dat jou salaris nie die kwaliteit-werk wat jy lewer, kompliment­eer nie. Of dalk het jy ’n kollega of bestuurder wat uit hul pad gaan om jou werksonder­vinding ondraaglik te maak. Is die rede vir jou ongelukkig­heid die feit dat jy verveeld is, want jou werk bied nie meer veel van ’n uitdaging nie? Of is jy ongelukkig by jou werk omdat die bevorderin­g-moontlikhe­de baie beperk is?

Ongelukkig­heid by die werk, lei dikwels tot onprodukti­witeit. Negatiewe gevoelens oor jou werk vererger as jy nie weet hoe om jou situasie te verander nie of wanneer jy, as gevolg van finansiële redes, nie kan bekostig om te bedank nie.

En dalk voel jy ook nog onseker of dit die regte besluit sal wees om uit jou werk te bedank.

LAAT HOOR JOU GRIEWE

Ongeag die rede vir jou ongelukkig­heid by die werk, is dit belangrik om te weet wat die redes daaragter is, voordat jy halsoorkop bedank. Dan moet jy ook besluit wat jy kan doen om jou gevoelens oor jou werk te verander. Wees proaktief wat die veranderin­g betref. Indien jy ontevrede is oor jou salaris, praat met jou werkgewer oor ’n moontlike verhoging. Indien jy voel dat jou daaglikse taak nie meer ’n uitdaging is nie, vra jou bestuurder vir meer uitdagende take. Afhangend van hoe groot die maatskappy is waar jy werk, kan jy dalk vra om na ’n ander afdeling oorgeplaas te word. Dalk moet jou werkplek in positiewe programme of aansporing­s-pakkette belê om werkers te motiveer. Dit kan ’n groot bydrae lewer tot werkers se tevredenhe­id by die werk en hulle aanmoedig om daardie ektra myl vir die maatskappy te loop.

Doen wat jy kan om jou situasie te probeer verander, maar indien al die tekens steeds wys dat dit beter sou wees om te bedank, dan is dit dalk wat jy moet doen. Wees egter doodseker dis wel die regte besluit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa