Kuier

IS ’N ANDER WERK DIE ANTWOORD?

-

Om van werk te verander omdat jy ongelukkig is by die werk, is ’n besluit wat nie ligtelik geneem moet word nie; jy moet eers oor ’n paar goed besin.

Maak seker jou ongelukkig­heid het nie dalk met ’n situasie in jou persoonlik­e lewe te make nie. Onthou ook dat werk vandag baie skaars is.

As iemand by jou werk jou boelie en daarmee wegkom, veral nádat jy dit gerapporte­er het, moet jy dalk liewer bedank en ’n ander werk soek.

Soms moet mens inisiatief neem om ’n onplesieri­ge situasie te verander deur te probeer om die“beter”persoon te wees. Neem die voortou as jy positiewe veranderin­ge wil sien.

As jou werkgewer of ’n kollega die rede vir jou ongelukkig­heid is, voer ’n eerlike gesprek met hulle. Maak seker jou werkplek het ’n beleid wat jou toelaat om sulke griewe te lig, sonder dat jy jouself aan latere teistering blootstel.

Is daar negatiewe goed wat jy vir jouself sê? Indien wel, verander dit na positiewe boodskappe. In plaas van om te sê:“Ek haat my werk,”sê liewer:“Ek is dankbaar dat ek steeds ’n werk het wat my toelaat om te spaar, sodat ek eendag my droom-werk sal kan doen.”

Onthou, soms wanneer mens op jou eie eiland ’n probleem het, kan dit baie erger voel as wat dit werklik is. Praat met iemand oor jou probleem, dan vind jy dalk uit hul probleem is erger as joune.

Praat met ’n kenner wat kan evalueer of om te bedank, die regte besluit vir jou sal wees. Die kenner sal ook kan bepaal watter loopbaan reg is vir jou en raad gee oor hoe om meer effektief werk te soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa