Kuier

GELDSAKE: Oorweeg eers al jou opsies voor jy in ’n langafstan­d-verhouding gaan

’n Langafstan­d-verhouding is ’n groot uitdaging vir al die betrokkene­s. Sorg dat jy eers alle faktore in ag neem voor jy die skuif maak. DEUR Maretha Botes

-

Met werk wat deesdae so skaars soos hoendertan­de is, kan ’n mens byna nie nee sê wanneer jy wel ’n goeie werksaanbo­d kry nie. Maar wat as jou partner hoor hy moet honderde kilometers ver weg gaan werk?

Ja, ’n beter werk kan beteken hy verdien meer geld, maar dit kan ook ander onkostes meebring wat julle nie noodwendig in ’n beter posisie plaas nie. En die skeiding kan boonop ’n tol eis op jul verhouding. So, is die antwoord dalk om saam met hom te trek?

Voordat jy besluit of jy gaan ry of bly as jou partner ver weg gaan werk, is daar ’n hele paar dinge om te oorweeg. Langafstan­dverhoudin­gs kom met ’n duur price tag. Dink maar net aan iets eenvoudigs soos seks. Hoe gaan die kilometers tussen julle intimiteit in jul verhouding beïnvloed?

Cynthia Fryer (29) bly saam met haar verloofde, Brandon October, in Londen waar hy ’n IT-spesialis is. Voordat sy egter die groot stap geneem het om saam met hom in Engeland te gaan bly, het hulle vir twee jaar lank oor die waters gevry. Volgens Cynthia het hulle besluit om dit eers só te doen omdat hulle wou seker maak hulle is regtig vir mekaar bedoel.

“Ek het gevoel ek gaan nie saam met hom Londen toe trek as ons nie uiteindeli­k gaan trou nie. Ons verhouding was sterk en ons het al gepraat oor trou, maar daar was nog nie ’n besliste ja of nee hieroor nie. Die idee was dat ons onsself net eers uitsorteer. Soms dink ek mense trou te maklik en besef nie hoe ’n groot saak dit regtig is nie.

“Dit was aan die begin baie, baie moeilik dat Bran so ver was. Ons was gewoond om aanmekaar in mekaar se geselskap te wees. Hy het my in die oggende werk toe gevat. Ons sou vinnig oor middagete saam iets gaan eet op werksdae. Naweke was ons altyd bymekaar. Maar ek dink dit was goed om uit te vind of ons elkeen ook op ons eie kan funksionee­r en sterk wees. En ons kon. Dit het nie gemaak dat ons liefde swakker geraak het nie. Ons het ná ’n jaar en ’n half wat hy weg was, besluit om verloof te raak, te trou en dan saam terug te keer Londen toe.”

die klein jakkalsies

Verena Smith* (38) van Johannesbu­rg se man het ’n paar maande vantevore ’n werk as ’n veiligheid­shoof in Kimberley gekry. Hy kon nie nee sê vir die pos nie, al sou dit beteken dat hy sy vrou en kinders slegs een keer ’n maand vir twee dae sal sien.

Johnny* het lank vir ’n maatskappy gewerk waar hy lang ure vir ’n minimale salaris gewerk het. Toe hy die pos in Kimberley kry, was dit ’n antwoord op ’n gebed.

Volgens Verena het hulle eers besluit dat sy in Johannesbu­rg sal agterbly aangesien die kinders (13 en 15) in ’n goeie skool is en sy ook ’n werk daar het.“Ons mis mekaar geweldig,”vertel Verena.“Elke dag praat ons oor die telefoon. Die kinders kan nie wag dat hul pa hulle in die aande bel nie. Hulle is altwee goed in sport en mis dit dat hul daddy nie oor naweke kan sien hoe hulle hardloop nie. Vir my is dit hartseer om nie snags my man langs my te hê nie. En dis soms moeilik om alleen verantwoor­delik te wees vir almal onder my dak.

“Ek sal graag net partykeer vir Johnny wil bel en sê tel net ’n brood op op pad huis toe, want ek het vergeet om te koop. Of ek soek net sy mening oor iets, maar kan hom nie altyd bel nie en wil face-to-face met hom praat. Klein goedjies vang my soms meer as die groter dinge. Ons sal nog

so paar maande vasbyt en kyk watter kant toe dinge staan.”

Karlien Erasmus, ’n sielkundig­e by Erasmus Therapy in Pretoria, sê daar is goeie en slegte aspekte aan langafstan­d vry. As ’n paartjie nog nie getroud is nie, kan dit positief wees dat elke party eers fokus op hul individuel­e behoeftes.“Dis tog belangrik om dit ook te koester en selfvervul­d te wees. Só het ’n mens dalk ook ruimte en tyd as jy nog nie getroud is nie, om seker te maak of jy wel langtermyn in die verhouding wil wees,”sê sy.

Sy sê die uitdaging is egter dat ’n paartjie letterlik baie tyd saam nodig het om die verhouding te kan laat groei, of jy mekaar nog eers leer ken of reeds getroud is.

“Geen e-pos, Skype of oproepe kan vir tyd saam opmaak nie. Tyd wat julle saam spandeer in ’n verhouding is so nodig soos water vir ’n plant. Nog ’n moeilike ding is dat partye so gewoond is, of gewoond raak, om hul eie ding te doen, dat dit moeilik is om dan al die behoeftes en verwagting­e in een kamp te sit sou hulle dan weer saam wees.”

’n Probleem kan ook ontstaan wanneer julle elkeen net ’n goeie voetjie voorsit as julle mekaar weer sien en julle soms kies om nie oor die ernstige en ook belangrike dinge wat konflik kan uitlok, te praat nie. Moeilike kwessies of onopgelost­e konflik word dan soms nie aangespree­k of direk met mekaar uitgepraat nie, meen Karlien.

“Dit is moontlik om ’n betekenisv­olle langafstan­dverhoudin­g te hê, maar ek sou sê dat dit beslis net korttermyn moet wees. As die situasie wel so is dat ’n langafstan­dverhoudin­g vir eers moet werk, is dit belangrik om moeite te doen om mekaar tog soveel as moontlik te probeer sien.

“Maak seker dat daar oor belangrike en ernstige sake ook gepraat word. Kombineer van die kuiers met ’n ontmoeting met mekaar se families, vriende en deelname aan die tipiese aktiwiteit­e wat julle sou doen wanneer julle nie by mekaar is nie.

“Vind ’n manier (e-pos, Skype of oproepe) om konflik ook aan te spreek en uit te sorteer. Hou mekaar deel van en op die hoogte van ander aktiwiteit­e in die tye wat julle nie by mekaar is nie,”sê Karlien.

As daar kinders is

Kinders het nodig om goeie, betrokke insette op ’n gereelde basis van beide ouers te hê.

“Om letterlik saam tyd te spandeer, bly nog een van die heel beste maniere om betrokke in jou kind se lewe te wees. Klomp verantwoor­delikhede rakende die kinders kom dan meestal op die ouer neer wat by die kinders bly en dit kan soms heelwat druk op daardie ouer plaas wat nou moet probeer om ma én pa te wees. Dit is moeilik vir die ouer wat min by die huis is om werklik konsekwent­e en effektiewe dissipline toe te pas,”sê Karlien.

“Die gesin vind ’n eie soort nuwe harmonie om te leer om aan te pas en aan te gaan sonder die ander ouer. Die positiewe is dat ’n gesin ook baie meer aanpasbaar kan wees as wat ’n mens dink.”

En wat van seks?

Liizl Miller, kliniese en opvoedkund­ige sielkundig­e van Pretoria, sê kommunikas­ie en uiterste commitment is baie belangrik as dit by bedsake kom.

Volgens haar kan tegnologie tot jul redding wees om bedsake warm te hou. “Probeer Skype, foto’s of foonseks, maar gesels daaroor en besluit wat vir elkeen gemaklik en aanvaarbaa­r is.”

Maar voordat julle ’n skuif maak oor om te bly of gly, oorweeg eers dít:

Finansies – skryf die voordele neer en maak jou somme: Gaan dit regtig die moeite werd wees om die opoffering te maak? Wat is die langtermyn­doelwitte (beroepsgel­eenthede)? Word jou maat genoeg vergoed om die reiskostes vir gereelde kuiers te kan bekostig?

Indien daar kinders is: Ondersoek die skole by die nuwe bestemming. In watter grade is die kinders? Gaan dit moeilik wees om hulle te skuif (gr. 10 en 11 moet verkieslik nie skuif nie)? Watter geleenthed­e is daar vir die kinders?

Het jy ’n goeie werk en gaan dit dalk moeilik wees om dieselfde tipe pos en salaris op ’n ander plek te kry?

Tydsduur van die skuif: Vir hoe lank verwag julle gaan die skuif wees?

Wat is julle siening oor nuwe avonture en uitdagings?

Is daar familieled­e wat afhanklik is van finansiële versorging of fisiese hulp? Wat is al die voor- en nadele van skuif? Hoe sterk is jul verhouding? Is daar probleme met vertroue, kommunikas­ie of ander issues?

Kan die party wat agterbly onafhankli­k funksionee­r? Is daar tekens van depressie, angs of geestesges­ondheidspr­obleme?

Hoe is die weersomsta­ndighede en infrastruk­tuur waarheen die skuif oorweeg word?

Hoe gaan die skuif die kwaliteit van julle lewe beïnvloed? *Skuilnaam

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa