Kuier

VERHOUDING­S: Soen is lekker, maar dit kan ook kieme en siektes versprei

Dis lekker om te soen, maar pasop, dis ook ’n maklike manier hoe kieme versprei wat ernstige gesondheid­sgevare kan inhou.

- DEUR tarren-lee habelgaarn

Vry, ’n piksoentji­e, tong-in-die-long, bymekaar raak, move . . . Hierdie is maar net ’n paar van die uitdrukkin­gs wat mense gebruik om die intieme ervaring van iemand anders se lippe teen hulle s’n te beskryf. Of dit nou ’n nat soen, ’n droë soen, ’n rowwe soen of ’n foot-popping kiss is soos in romantiese Hollywood-flieks, ’n mens het geen beheer oor hoe jou liggaam gaan reageer wanneer iemand inlê vir daardie paar sekondes van plesier nie. Maar jy het beheer oor wie jy jou lippe voor uitleen. ’n Soen tussen geliefdes, vriende of selfs net ’n soengroet tussen famielede, kan ’n spesiale ervaring wees, maar dit kan ook vinnig in ’n nagmerrie ontaard. Dink aan daardie ou oom wat met sy pap mond vol speeksel vir jou in die kerk op die mond wil soen wanneer jy jou wang probeer gee, of daardie kap van jou neus of tande wanneer jy en iemand per ongeluk albei jul koppe in dieselfde rigting draai. Dan word daar nie eens gepraat van die stink reuk wat soms jou asem wegslaan nog voordat jou lippe met iemand anders s’n kontak gemaak het nie. Nicola Mackenzie (30) van Kaapstad sê sy soen niemand behalwe haar man, ouers en kinders op die mond nie. Nicola, wat in haar tienerjare baie oumense op die mond moes soen as deel van haar plig as dogter van die predikant, sê sy raak steeds angstig wanneer sy iemand moet soen. “Ek en my suster het elke Sondag saam met my ouers die kerkdienst­e bygewoon. Voor elke diens moes ons die gemeentele­de groet en soms moes jy maar net jou

oë toemaak en dit verby kry. Ek het dit gehaat, want sommige mense het nie tande in gehad nie, ander het met baie speeksel in hul mond gesoen en van die mense het altyd hulle lippe gelek voordat hulle jou soen,” vertel sy.

“Ek het maar daardie soene ontvang uit respek vir die oumense en my pa se beroep, maar toe ek ouer word, het ek besluit ek soen niemand meer op hul mond nie. Ek sien net nie kans daarvoor nie.”

kan gevaarlik wees

Om slegs jou mond, lippe, tande of tong teen iets of iemand te druk, te lek of daaraan te suig is ’n besluit wat nie ligtelik opgeneem moet word nie. Selfs die mees romantiese soen op die voorpunt van ’n boot terwyl die sonsak teen die berg, sopnat in die reën of op ’n kombers voor die kaggel, kan die wilde dier in jou wakker maak. Maar dit kan ook tot gevaarlike siektes lei en ’n dier van ’n hele ander soort loslaat.

Dít het Chad Jacobs (26) van Eersterivi­er buite Kaapstad, wat nooit koorsblare gekry nie, op die harde manier geleer toe hy homself eendag vasgeloop het.

“Dit (koorsblaar) was baie klein en ek het dit nie raakgesien nie. Sy was aantreklik en ek het met haar begin gesels. Ons het heelaand saam gedans en toe soen ek haar. Sy het nie gesê sy het ’n koorsblaar of dat ek haar nie moet soen nie,”vertel hy.

“Eers later toe ons buitentoe gegaan het en ek haar in die lig sien, het ek agtergekom dat daar twee sere op haar mond is. Ek het eers die volgende week ’n koorsblaar gekry. Ek was baie kwaad toe ek besef sy het koorsblare en dit was die laaste keer wat ons mekaar gesien het.”

Wat mense nie weet nie is dat die poliovirus, meningitis, tandvleiss­iekte en Duitse masels ook almal virusse met kieme is wat deur speeksel oorgedra word. Dus, ’n soen van die verkeerde lippe kan siektes oordra!

MEER AS NET ’N SOEN

Volgens dr. Chris de Wet, ’n gesinsdokt­er in die noordelike voorstede van Kaapstad, word talle mense en kinders gereeld met siektes gediagnose­er wat deur soene veroorsaak word. Hoewel meeste van hierdie siektes nie dodelik is nie, kan dit baie skade en ongerief vir die pasiënt veroorsaak.

Dit is veral gevaarlik om ’n baba op hul mond te soen omdat hul liggame meer vatbaar vir kieme is, soos Gemma Maralack (2) se ouers moes uitvind. Gemma het in Junie verlede jaar kort voor haar tweede verjaardag ernstig siek geword en het met koors, blase en oorpyn gesukkel.

Toe Kuier- joernalis Ernusta, een middag ná werk tuis kom, het sy ’n pap kind by die huis gekry. Hulle het die hele nag gesukkel om haar dogter se koors te breek en gedink dit is haar ore wat pla omdat sy die heeltyd aan haar ore gevat het. Haar mond het ook ’n bietjie geruik en sy het in haar slaap geruk. Hulle het haar met medikasie vir pyn en koors sowel as setpille behandel, maar toe sy nie beter word nie het hulle haar weer dokter toe geneem.

“Ons het eers gedink dit is mangelonts­teking en dat die setpille vinnig sou werk om haar beter te laat voel. Toe sy net erger word en al vir ’n hele naweek sonder kos was, het ek bekommerd geraak en haar weer terug geneem. Die dokter het tydens die ondersoek ontdek sy het blase binne haar wange, neus en verhemelte gehad het. Hy het gevra of een van ons vir haar met ’n koorsblaar gesoen het, maar nie een van ons het een gehad nie. So iemand met ’n koorsblaar wat ons ken, moes haar gesoen het. Ná daardie dag het ek besluit niemand sal my kind weer op haar mond soen nie. Mense kan maar kwaad word, maar ek kan nie weer laat my kind só ly nie. Ek het toe besef hoe gevaarlik dit is vir mense om kinders te soen,”vertel Ernusta.

Daar is ook sekere risikofakt­ore vir volwassene­s en swanger vroue. Die meeste van hierdie siektes word deur middel van speeksel oorgedra. Griep, koorsblare en tandvleiss­iekte is die mees algemene siektes wat deur soen veroorsaak word en hul simptome wissel van koors, moegheid en slegte asem tot bloeiende tandvleis en blase op jou mond of geslagsdel­e.

Daar is ook ’n paar ernstige toestande wat deur speeksel oorgedra kan word. Volgens De Wet kan die poliovirus ook oorgedra word aan iemand deur speeksel en veroorsaak dit dat mense verlamming in een of meer dele van hul liggaam ondervind.

“Die poliovirus veroorsaak dat spiere swak word en mense nie sekere dele van hul liggaam kan beweeg nie. Die nek, kop en bene word veral aangetas en hierdie simptome duur dan vir ’n paar ure. Dit gaan weer vanself weg, maar mense het gewoonlik in ernstige gevalle rehabilita­sie of fisioterap­ie nodig. Sodra jy daarmee gediagnose­er is, kan dit enige tyd weer terugkom,”sê hy.

Duitse masels, pampoentji­es en klierkoors kan oorgedra word en kom veral in kinders voor. Al drie hierdie siektes veroorsaak dat die persoon se kliere of limfknope opswel. Dit gaan ook gepaard met moegheid en koors. Dit is baie aansteekli­k en gevaarlik vir veral swangervro­ue, verduideli­k de Wet.

“Mense wat enigeen van hierdie siektes het, sal baie moeg voel en sal nie baie wil eet nie. Hulle sal ook hoofpyn ervaar. Baie rus en afsonderin­g word benodig om van hierdie siektes te herstel.”

Mense wat mekaar op die mond soen, is ook vatbaar vir meningitis en die cytomegalo-virus. Albei siektes kom meestal in volwassene­s voor en moet so gou as moontlik behandel word.

“Meningitis is ’n bakteriese virus wat die liggaam aantas. Dit kan gevaarlik wees en kan tot breinskade, bors- en leerproble­me lei. Die simptome is dieselfde soos griep en bly gewoonlik vir twee weke daar, maar dit moet goed gemonitor word,”sê De Wet.

“Die cytomegalo-virus is ’n virus wat die mond aantas. Dit veroorsaak dat die persoon se mond bloei, tandvleis rooi en opgeswel word, sowel as slegte asem. Mense verloor hul tande en kan ook van die been rondom die tande verloor. Dit is baie ernstig en moet onmiddelik behandel word. Pasiënte sal vinnig by ’n tandarts moet uitkom om seker te maak dat dit reg skoongemaa­k word.”

wees atyd versigtig

Volgens De Wet word baie van hierdie siektes veroorsaak deur ontlasting (fecal matter) wat in die speeksel agterbly wanneer mense aan hul monde vat sonder om hul hande gereeld te was. Hy raai mense aan om gereeld hul hande te was, veral nadat hulle die badkamer gebruik het.

Hy maan ook dat mense nie ’n gewoonte daarvan moet maak om kinders op hul monde te soen nie. Aan die einde van die dag maak dit nie saak of jy ’n nat soen, romantiese soen of piksoentji­e gee of ontvang nie. Jy moet altyd bewus wees daarvan dat daar meer as net lippe betrokke is en dat kieme maklik versprei.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa