Kuier

AKTUEEL: Seksspelet­jies onder kinders is allesbehal­we onskuldig!

Nie alle kinderspel­etjies is so onskuldig as wat ouers dink nie. En party het gevaarlike seksuele ondertone wat die gevaarligt­e moet laat flikker, waarsku kenners. DEUR ernusta maralack

- * Skuilnaam

Wegkruiper­tjie, kennetjie, aan-aan – lekker kinderspel­etjies wat ons nou nog met heimwee laat terugdink aan ons kinderdae. Maar wat die kinders deesdae speel, is soms allesbehal­we onskuldig . . .

Vat nou maar die speletjie genaamd “Vang My, Druk My”wat ons in ’n Kaapse woonbuurt gesien het. Dit lyk op die oog af na ’n lekker speletjie tussen ’n groep seuns en meisies, maar dit het baie vinnig ontaard in iets wat menige ouer se hare sal laat regop staan. Want in hierdie speletjie waar die seuns die meisies jaag, word dit baie seksueel wanneer die seuns die meisies op ’n onvanpaste wyse bevoel en betas wanneer hulle die meisies vang.

In die toneel wat ons gesien het, het ten minste drie seuns op een meisie toegesak, haar omsingel en suggestief aan haar begin vat. Maar dit het nie daar geëindig nie. Toe voeg die seuns in kru-taal by:“Ons speel nou Vang My, N** My!”en van die meisies wat saamgespee­l het, het ewe kru byvoeg,“d****r haar as sy nie wil saamspeel nie!”. En die mees onstellend­e: Die kinders wat gespeel het, was almal tussen sewe en 12 jaar oud. Hulle is dan veronderst­el om nog onskuldig te wees – hoe weet hulle van sulke goed op daai ouderdom?

Die ouer seuns het die leiding geneem en het die jonger seuns in die groep beheer met die meeste meisies wat gewillig saamgespee­l het. Daar was een of twee meisies wat duidelik ongemaklik was met die“druk my”-gedeelte, maar dis dan wanneer van die ander meisies die seuns aangemoedi­g het om fisieke geweld te gebruik om die onwillige meisies te laat saamspeel.

Hierdie is nie ’n speletjie waarvan Kuier bloot net gehoor het nie. Ons het dit self aanskou toe die kinders dit gespeel het. Dit was vroegaand – tussen halfsewe en seweuur – op ’n weeksaand. Dalk het die kinders se ouers gedink hul kinders speel maar net buite rond, soos wat kinders maar doen, sonder dat hulle weet van watter seksuele aard die speletjies werklik is.

PROBLEEM STREK WYD

Toe Kuier begin rondvra oor“Vang My, Druk My”en die seksualise­ring van kinders en kinderspel­etjies in die algemeen, blyk dit hierdie speletjie is maar net“the tip of the ice berg”. Ons sit met ’n generasie kinders (selfs voorskools en op laerskool), wat aan pornografi­e verslaaf is en seksueel suggestiew­e musiekvide­o’s kyk en probeer uitbeeld wat hulle gesien het!

“Vang My, Druk My”word klaarblykl­ik ook nie net gereservee­r vir wanneer die kinders by die huis speel nie. ’n Bekommerde ma van die Wes-Kaap, Stella Johnson* (28), het onlangs met dié speletjie kennis gemaak, maar in ’n ander vorm.

Stella vertel haar dogter, Zoey* (6), wat in gr. R is, het onlangs by die huis aangekom en gekla oor drie seuns in haar klas

wat ’n speletjie met haar wil speel waarin hulle haar probeer vasdruk en soen. Sy het nie daarvan gehou nie en ’n ander keer vir Stella vertel sy het een van die seuns geklap omdat hy nie wou ophou (probeer het om haar vas te druk en te soen) nie.

“Zoey het vir my gesê die speletjie se naam is‘Vang My, Soen My’en sy het haar juffrou ook daarvan vertel, wat die seuns aangespree­k het. Zoey het egter later weer kom kla oor die seuns en gesê hulle wil nie ophou nie. Ek het haar pa gesê om skool toe te gaan en met die hoof te gaan praat. Ek wonder net waar kom die kinders aan hierdie speletjie en/of hulle dit by die huis ook speel?”voeg Stella bekommerd by.

Sy sê voorts die hoof het die seuns se gedrag onder hul ouers se aandag gebring en in ’n vergaderin­g, wat Stella bygewoon het, vir ouers gesê kinders kan instem om nie weer die speletjie te speel nie, maar dit tog doen wanneer daar nie ouer- of volwasse toesig is nie.“Die hoof het ouers aangeraai om eerder hul kinders in die huis in te laat kom – veral saans of ná hulle uitgeval het – sodat hulle ’n oog oor hul kinders kan hou wanneer hulle speel. As ’n mens ’n meisiekind het, wil jy nie hê iets moet met haar gebeur nie, daarom vra ek elke dag vir Zoey hoe haar dag was.”

STATISTIEK­E

Toe ons praat met dr. Marita Rademeyer, ’n kliniese sielkundig­e en medestigte­r van die Kindertrau­ma-kliniek in Pretoria, het wat sy gesê het, die wind uit ons seile geneem.

Volgens Rademeyer is daar wêreldwyd ’n probleem met kinderseks­ualisering en problemati­ese seksuele gedrag. Die grootste skok is dat omtrent 40% (4 uit 10 gevalle) van kinders wat slagoffers is van seksuele mishandeli­ng, sê ander kinders het dit aan hulle gedoen. En nader aan die huis het hulle navorsing gedoen en agtergekom watter groot rol pornografi­e in die seksualise­ring van kinders en problemati­ese seksuele gedrag speel.

“Pornografi­e is ’n groot bekommerni­s en ons sien dit selfs by voorskools­e en gr. 1 – 2-kinders wat verslaaf is aan pornografi­e! En 1 uit 10 hoërskoolk­inders in Gauteng kyk daagliks pornografi­e,”deel Rademeyer die skokkende werklikhei­d. Sy behandel onder andere kinders wat ander kinders seksueel uitbuit sowel as kinders wat verslaaf is aan pornografi­e.

Sy sê egter ouers en volwassene­s moet bewus wees van watter gedrag normaal is en watter nie om te verhoed dat hulle oor- of onderreage­er en deur hul optrede meer skade aanrig.“Dis normaal vir ’n voorskools­e kind om te sê,‘show me yours and I’ll show you mine’omdat hulle nuuskierig is, maar wanneer daar penetrasie in die vagina of anus plaasvind of byvoorbeel­d deur middel van ’n stokkie wat in die anus of vagina gedruk word of orale kontak met die genitalië, moet ons bekommerd raak.

“Dieselfde met wanneer ’n ander kind geforseer of gemanipule­er word om seksuele dade te pleeg. En as daar ’n ouderdomsv­erskil van twee jaar tussen die kinders is, wek dit alles gevaarligt­e.”

Sy sê voorts ouers en volwassene­s se optrede wanneer hulle uitvind van iets seksueel van aard tussen kinders, speel ’n belangrike rol. As voorbeeld sê Rademeyer as twee voorskools­e meisies hul broekies aftrek en na mekaar se geslagsdel­e kyk, moet jy nie oorreageer deur die kinders te slaan en te sê hulle mag nie meer maatjies wees nie. Dis beter om met hulle te praat en leiding te gee en te verduideli­k hoekom hulle dit nie mag doen nie. In terme van ’n onderreaks­ie, sê Rademeyer as een kind ’n vinger in ’n ander se vagina druk en volwassene­s maak dit af as“kinders is maar net kinders”, is dit nie die regte manier om die situasie te benader nie.

ONTOEPASLI­KE SPEL

Pornografi­e en musiekvide­o’s waar die lyne tussen sensueel en seksueel geblur word, speel ’n groot rol in kinderspel­etjies soos“Vang My, Druk My”, wat so ’n groot seksuele ondertoon het.

“Seksuele spel is nie noodwendig traumaties nie, maar dit ís ontoepasli­k as gevolg van pornografi­e en die omstandigh­ede van hul samelewing. Kinders kyk TV en musiekvide­o’s met seksuele suggestiew­e bewegings op YouTube wat seksualite­it promote. Musiekvide­o’s word nie gereguleer nie,”voeg Rademeyer by.

Maar die skokfeit wat sy ons meegedeel het, is voorskools­e kinders wat verslaaf is aan pornografi­e.“Die meeste kinders kom per ongeluk op pornografi­e af op hul pa, oupa of ouer se selfoon. In Pretoria byvoorbeel­d is daar gevalle van ouers wat pornografi­ese video’s van hul eie kinders maak en dit verkoop! En dis nie net pappas wat dit doen nie, mammas ook.”

Rademeyer doen deurlopend navorsing oor nuwe neigings op die gebied van kindermish­andeling en seksuele uitbuiting.

In navorsing wat die organisasi­e CIET in 2004 gedoen het, het hulle onder meer bevind 1 uit 10 meisies vind seuns wat seksueel aggressief is, aantreklik. En kinders glo ook dis oukei vir ’n seun om ’n meisie te dwing om seks te hê.“Dit kom uit die verkragtin­gskultuur in Suid-Afrika en dis nie net meisies wat seksueel mishandel word nie; mans ook,”verduideli­k Rademeyer.

Oor hoe sy voorstel skole speletjies soos “Vang My, Druk My”moet hanteer, sê Rademeyer elke skool behoort ’n beleid te hê wat riglyne gee oor hoe om sulke voorvalle te hanteer; by wie dit aangemeld word; en hoe dit hanteer moet word.

“Dit baat nie jy straf ’n kind vir ontoepasli­ke spel nie, want hy sal dit net weer doen wanneer jy nie sien nie. En wees versigtig om nie net te dink seuns is alleen die aggressors nie. Meisies kan dit aan mekaar ook doen en seuns met mekaar. As daar forsering was, haal diep asem, raak kalm en gaan dan skool toe.”

Wanneer ouers sulke voorvalle soos geseksuali­seerde kinderspel­etjies of soortgelyk­e voorvalle met ’n skool opvat, moet hulle sê,“dít het gebeur, wat is die beleid in plek, wat gaan ons doen en teen wanneer kan ek terugvoeri­ng verwag?”En indien jy nie voldoende terugvoeri­ng kry nie, wend jou na die owerhede.

Ons lewe in ’n tyd waar kinders toegang tot soveel goed het en ouers weet nie waarmee kinders hulself besig hou nie. Wat“Vang My, Druk My”en kenners ons leer, is dat ons meer bewus moet wees van ons kinders se doen en late en gepas moet optree indien nodig. Maar een ding is vir seker – ons kan nie niks doen nie.

“Ek wonder net waar kom die kinders aan hierdie speletjie en/of hulle dit by die huis ook speel?” Stella Johnson*

 ?? Foto ter illustrasi­e ??
Foto ter illustrasi­e
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa