Kuier

VOORBLADST­ORIE: Suidooster- akteurs praat oor sepie-affair én ware liefde

Soms lyk die gras groener aan die anderkant. Maar al het hulle ’n warm affair in Suidooster, weet Denise en Sherman wat ware liefde is. DEUR ERNUSTA MARALACK

-

Ons het al die veteraan-aktrise Denise Newman in baie rolle gesien, maar haar on-screen love affair met ’n jonger man in die kykNET-sepie

Suidooster, het ons ’n bietjie onkant betrap en ietwat verward gelaat. Want affairs is verkeerd en ons praat dit glad nie goed nie, maar daar is net iets aan Sherman Pharo, wat die rol van Ismail (Mymoena se broer) vertolk, wat ons hom baie sal laat vergewe en ons laat verstaan hoekom Denise se karakter, Bridgette, kliphard vir hom geval het.

’n Spanningsv­olle storielyn speel hom tans af tussen Bridgette en Ismail en ons weet nog nie of Bridgette haar hart gaan volg of eerder haar man, Ian October (gespeel deur Abduraghma­an Adams), se geld en die high life gaan kies nie.

In die sepie staan Bridgette October se gesig gewoonlik meeste van die tyd op nul, haar kop en neus is in die lug en haar nek stokstyf. Sy laat jou ook nie vergeet sy is die“Queen O”nie. Maar nou sien kykers skielik ’n ander, sagter kant van Bridgette en ons kan glad nie daardie glow miskyk nie. En dis Ismail wat hierdie dinge in haar losmaak omdat hy haar die een ding gee waarna die meeste vroue smag – aandag.

Wanneer ons Denise (61) en Sherman (35) pols om net ietsie kleins te verklap oor wat nog gaan gebeur tussen hul Suidoos

ter- karakters, lag Denise uit haar maag uit en sê net ons sal self moet sien, want dinge gaan ’n dramatiese wending neem.

Kuier doen nie gewoonlik storielyns­tories nie, maar dis die maand van liefde en ons glo ons Kuier- familie sal ons darem vergewe dat ook ons verlief geraak het op Ismail. Maar ons wou ook met Denise en Sherman, wat albei gelukkig getroud is, praat oor die liefde en vir Sherman wat so skielik op die TV-toneel verskyn het, ’n bietjie beter leer ken.

Sherman, van die vissersgem­eenskap in Hawston in die Wes-Kaap, het ’n kalm energie, ’n innemende glimlag en is ’n absolute gentleman – in dié opsigte is hy en Ismail baie dieselfde. Sherman is eintlik meer ’n teaterakte­ur, maar sê met ’n sagte glimlag: “Ek is eintlik maar net ’n visserman wat toneelspee­l. En net soos wat die see my kalm maak wanneer my gemoed stormagtig is en ek dan weet ek is tuis wanneer ek op die water is, netso voel ek oor toneelspel. Ek voel geseënd dat ek altwee kan doen.”

Maar voor ons Sherman se roerende lewensverh­aal vertel, gesels ons eers oor die liefde – daardie een emosie wat die wêreld ’n beter plek maak en waarvan ons gerus meer van vir mekaar kan gee in enige verhouding.

OOR DIE LIEFDE

Wanneer Denise oor Bridgette en Ismail se affair praat, sê sy sy wil dit net duidelik maak dat sy, as Denise, glad nie buiteegtel­ike verhouding­s goedpraat nie, maar

sy verstaan hoekom Bridgette so ingetrek is deur Ismail se sjarme.

En, sê Denise en Sherman, hulle is verras oor hoe die kykers tot dusver op Bridgette en Ismail se affair reageer het. Hulle het verwag kykers sou uitvaar en hulle lelike goed op straat en op sosiale media toesnou oor die sonde wat hul karakters pleeg, maar toe kry hulle niks daarvan nie.

Ter verdedigin­g van Ismail wat ’n getroude vrou romance, sê Sherman, Ismail is ’n loner en ’n introvert en het behalwe sy suster, Mymoena (gespeel deur Jill Levenberg), nie vriende nie.

“Dit is die eerste keer dat Ismail homself voor almal sit. Hy het net vir Moena en toe hy vir Bridgette vind, gee hy nie om wat met hom gaan gebeur nie. Hulle is comfortabl­e met mekaar.”

Sy sal nie affairs aanbeveel nie, sê Denise, wat al 36 jaar gelukkig getroud is met haar man, Clive (59). Sy sê laggend toe sy sien die affair wat vir haar karakter beplan is, het sy gehoop dis ten minste ’n mooi man.“En toe is hy jonk ook nog!”terg sy vir Sherman, wat skaam glimlag.

“Maar Bridgette is baie needy en kompeteer die heeltyd met haar suster vir aandag by haar man en haar kinders. Sy het hard baklei om nie ingetrek te word deur Ismail se charms nie. Maar mans moet verstaan, elke vrou het aandag nodig en hoewel ek as Denise nie affairs goedkeur nie, gaan ’n vrou waar sy aandag kry. Mans moet besef jy kan nie net aandag aan jou werk byvoorbeel­d gee nie,”voeg sy by.

Denise sê wat sy in haar amper vier dekades van getroude lewe geleer het, is dat die liefde vanselfspr­ekend daar moet en sal wees, maar paartjies moet van mekaar as mense hou. Sy sê sy en Clive het nog altyd baie van mekaar gehou en mekaar nog altyd baie goed geken en het daarom geweet daar is niks wat hulle nie sal kan uitpraat nie.

Sy beskryf Clive as die kalm een en haarself as die drama queen en sê haar man kan haar tot ruste bring as sy té vurig raak.“Clive het my geleer om nie iets te sê wanneer ek kwaad is nie, veral nie wanneer dit kan seermaak nie omdat ek dit nie sal kan terugvat nie. Ek het geleer om diep asem te haal en diep te dink voordat ek praat.”

Denise is ook eerlik wanneer sy sê tussen hulle twee is sy die jaloerse een. Sy voeg by Clive het baie vroumensvr­iende en sy het altyd vir hom gesê as hy jol, is sy uit by die deur.

“Maar gelukkig was ek nog nooit op daardie manier getoets nie, want ek weet nie of ek ná soveel jare net by die deur sal kan uitstap nie. ’n Huwelik en enige verhouding is nie iets wat net kan stagneer nie – jy moet konstant daaraan werk.”

Haar oë skiet skielik vol trane wanneer sy vertel Clive is onlangs geopereer toe sy in Johannesbu­rg was. Hul dogters was by hom in die hospitaal toe Denise bel om te hoor hoe dit gaan. Clive was nog lomerig van die narkose, maar toe hy hoor Denise praat met hul kinders, het die masjien wat sy hartklop monitor, tekere gegaan.

“Clive sê ek laat sy hart steeds fladder,”sê Denise liefdevol. Sy is ná soveel jare duidelik steeds baie verlief op haar man. So in die regte lewe staan geen man ’n kans om Denise van haar voete af te sweep nie, want haar hart is klaar gevat en sy kry al die aandag waarvan Bridgette maar net kan droom.

NETSO VERLIEF

Sherman se vrou, Evangeline (36), het hom vergesel na die shoot en ons kon sien hulle is ’n gelukkige paartjie en baie gemaklik met mekaar. Hulle is al 15 jaar getroud en het twee seuns, Shermano (12) en Blake (6) aka “the terrorist”.

Evangeline het haar klaar gelag vir Sherman se poses, want sy weet hy is nie ’n foto-mens nie – sit hom voor ’n TV-kamera, op die verhoog of op sy visserssku­it en hy is baas, maar ’n foto intimideer hom so ’n bietjie. Sherman vind dit ook steeds vreemd dat mense hom nou met sy

Suidooster- rol op straat voorkeer en vra om ’n foto saam met hom te neem.

Sherman vertel hy en Evangeline se neef het destyds saam op die see gewerk en hy het haar vir die eerste keer by haar ma se huis gesien. Hy vertel laggend hy het dié dag buite gesit en ’n gordyn sien beweeg. Dit was toe al die tyd Evangeline wat hom dopgehou het.“Ek het gedink dis

darem ’n lekker man wat daar sit!”vertel Evangeline blosend.

“Die volgende dag sê my neef vir my Sherman vra of ek moeg is, want ek het heelaand in sy gedagtes rondgehard­loop. Dit was só cheesy.”

Maar as Sherman gedink het Evangeline gaan dinge vir hom maklik maak, het hy ’n fout gemaak, want hy het vir drie maande gesweet voordat sy hom ’n kans gegee het om regtig te bewys hy is haar liefde, aandag en tyd werd. Hulle was twee jaar saam voor hulle die knoop deurgehaak het.

Evangeline sê, nes Denise is sy ook ’n drama queen en dat Sherman se kalm gees haar vuur gou blus.

In hul 15 jaar van getroude lewe, sê Sherman, het hy al geleer watter buttons om nié te push nie, maar nes hy dink hy verstaan elke moontlike button, is daar nuwes! Hy het ook waardevoll­e lesse geleer oor die liefde en verhouding­s.

“Geduld tel baie en ons moet mekaar verstaan en forgiving wees. Almal maak foute, maar dis hoe ons dit hanteer wat saak maak. Ek het ook geleer jaloesie mors dinge net op en veroorsaak wrywing en julle moet nooit kwaad gaan slaap nie.

“Dis ook belangrik dat julle gemaklik moet wees met mekaar, want as julle in gemaklike stiltes kan sit, dink ek dis waar jy wil wees, want nie alle stiltes hoef gevul te word nie,”sê Sherman.

ROERENDE STORIE

Met die liefdesles­se en die onmoontlik­e situasie waarin Ismail homself bevind agter die rug, wou ons hoor watter draaie die lewe met Sherman geloop het voordat hy deur middel van Suidooster deel van ons aandroetin­e geword het.

Hoewel Sherman nou al vir die afgelope 18 jaar ’n trotse Hawstonner is, het hy in Johannesbu­rg grootgewor­d. Sy lewe het egter ’n hartseer wending geneem toe sy ma sterf toe hy 17 en sy broer, Nathan,12 jaar oud was. Sy pa het gesukkel met die drankduiwe­l en sy ma het Sherman op haar sterfbed gevra om te belowe dat hy na Nathan sal kyk.

Sy ma was sy anker en skielik was sy weg. Sherman moes toe op 17 vinnig grootword en planne beraam oor hoe hy na homself en sy broer gaan kyk. In Johannesbu­rg was daar niemand na wie Sherman kon keer vir hulp nie. Hy was op sy eie en moes die lewe probeer uitfigure. “Dit was baie moeilik vir my met my ma se dood, want ek was spoiled. Sy het my altyd probeer gee wat ek wou hê en toe sy sterf, was die mat onder my voete uitgeruk. My pa het te diep in die bottel gekyk en ons het ons huis verloor. My broer het by my tannie gebly en ek het op straat beland,” begin Sherman sy lewensverh­aal in ’n sagte stem vertel. Die emosies sit vlak en dis duidelik dis nie maklik vir hom om oor hierdie tyd te praat nie.

Dit het ál moeiliker geraak om alleen in Johannesbu­rg te oorleef en Sherman en sy broer het Wes-Kaap toe gekom. Hy het by sy oupa (sy ma se pa) in Belhar in die Kaap gaan bly, terwyl ’n familielid in Hawston vir Nathan ingeneem het. Sherman het in die Kaap gewerk en geld gestuur Hawston toe vir sy broer.

“Dit was hartverske­urend om weg te wees van my broer en ’n lewe te probeer maak. Maar ek moes hom wegstuur omdat ek moes uitgaan om te werk en dus nie heeltyd na hom sou kon kyk nie.”

Die verlange het egter te erg geword vir Sherman en hy wou sy belofte aan sy ma gestand doen. Hy het toe besluit om ook Hawston toe te trek om naby sy broer te wees.

Sherman het ’n werk as kelner by ’n restaurant gekry en genoeg geld gemaak om na homself en Nathan te kyk. Maar nadat hy eendag saam met vissermann­e uit is op ’n skuit, het sy hart bly trek see toe.

“Toe ek daardie dag op die see kom, het ek tuis gevoel. Van daai dag af was dit my lewe. Ná my ma se dood was ek kwaad vir God oor my ma weg was en ek was kwaad vir mense ook omdat niemand dadelik daar was vir my en my broer nie. Maar die see het my kalm gemaak en doen dit nou nog,”vertel Sherman.

Toneelspel het so terloops oor Sherman se pad gekom in die winter van 2003 wanneer dit tradisione­el ’n stil seisoen vir vissermann­e is.

Sherman was by die huis toe hy hoor van ’n workshop wat by die plaaslike biblioteek aangebied word.

Hy en Evangeline het gegaan en deur die vensters gesien mense trek hul gesigte so snaaks. Toe hulle binnekom, het hulle gesien dit was eintlik ’n gemeenskap­steater workshop.

Hy het die volgende dag teruggegaa­n en saam met die workshop-leier ’n toneel gedoen. Sherman het die script net daardie dag gekry en vinnig deurgelees en die volgende oomblik was hy op die“verhoog.”Sy eerste regte teaterprod­uksie was

Perlemoen, My Ghoen en van daar af was toneelspel in sy bloed; net soos visvang.

“Dieselfde kalm gevoel wat ek op die see kry, het ek gekry wanneer ek op ’n verhoog is,”sê Sherman. En toe hy hom weer kom kry, is hy in

Suidooster en in dieselfde tyd wat hy hieraan gewerk het, het hy ook ’n rol gekry in nóg ’n kykNET-reeks Sara se geheim, en moes tydens verfilming tussen dié twee produksies se stelle rondhardlo­op. Hy het ook ’n rol in Die Boekklub 2, ook ’n kykNETreek­s gekry.

Evangeline sê die gemeenskap van Hawston is baie trots op hom en Sherman wil nou ook in die gemeenskap werk deur workshops vir die jeug aan te bied en sy deel doen om op dié manier terug te gee.

Hy is dankbaar vir die geleenthed­e wat oor sy pad kom en sê Jeremia 29:11 –“Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting!” – is die Bybelvers wat hom dra.

Hy weet nou hoewel sy pad tot hier nie maklik was nie, het die Here ’n doel gehad en dít het sy plek saam met Denise Newman in ons harte verewig. * Suidooster word van Maandae tot Donderdae uitgesaai op kykNET en kykNET & kie om 18:00 en weer om 20:00 op kykNET & kie.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Denise Newman (links) en Sherman Pharo se karakters in Suidooster, Bridgette en Ismail, het onverwags ’n skelm verhouding aangeknoop.
HOOFFOTO: Denise Newman (links) en Sherman Pharo se karakters in Suidooster, Bridgette en Ismail, het onverwags ’n skelm verhouding aangeknoop.
 ??  ?? BO: Al sien Denise en Sherman mekaar in die sepie, is hulle albei reeds jare gelukkig getroud met hul onderskeie huweliksma­ats. REGS BO: Bridgette en Ismail se liefdesver­houding ontwikkel in Suidooster.
BO: Al sien Denise en Sherman mekaar in die sepie, is hulle albei reeds jare gelukkig getroud met hul onderskeie huweliksma­ats. REGS BO: Bridgette en Ismail se liefdesver­houding ontwikkel in Suidooster.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa