Kuier

BOODSKAP: Betoon jou liefde aan jou maat soos God jou liefhet!

As mense het ons ’n beperkte vermoë om mekaar lief te hê, maar nie God nie. Sy liefde vir ons is vir ewig en ons kan altyd daarop staatmaak. En dit is slegs Sy liefde wat van ons beter mense kan maak. DEUR pastoor dean carelse

-

Februarie is die maand van liefde en Valentynsd­ag is om die draai. Soveel so dat paartjies hul troudag beplan dat dit op Valentynsd­ag kan plaasvind. ’n Valentynsd­ag-tradisie het selfs ontwikkel wat Robbeneila­nd as ’n ideale plek bestempel vir huwelikser­emonies.

Die troudag is ’n dag van lof en feesvierin­g. Dit is ’n dag wanneer familie, vriende en kollegas die troupaartj­ie vereer met hul teenwoordi­gheid en ondersteun­ing. Die troudag gaan gepaard met drukkies, soentjies, trane van blydskap, gelukwensi­ng en o ja, ’n klomp geëetery. Maar is dít waaroor die troudag of huweliksfe­esviering moet gaan? Het ons nie die dalk die kat aan die stert beet nie? Want wanneer die gaste al lankal van die spesiale dag en die menu vergeet het, is dit die paartjie wat die pot aan die roer moet hou.

Ek glo die huwelikser­emonie gaan oor iets dieper en meer kosbaar. Ek glo ook die troudag moet ’n celebratio­n van die paartjie se liefde wees, maar meer presies ’n feesvierin­g van God se liefde wat ’n paartjie se harte vul. As ’n pastoor van byna 30 jaar, kom ek gereeld in kontak met paartjies wat vir my sê,“Pastoor, ons het mekaar nie meer lief nie,”maar wat hulle eintlik vir my sê is,“Pastoor, ek weet nie meer hoe om hom of haar lief te hê nie”. Die rede hiervoor is: Die liefde van ’n bruid en haar bruidegom is beperkte liefde, maar God se liefde is onbeperk.

As liefdespaa­rtjies is daar ’n limiet aan ons menslike vermoë om te kan liefhê. Ons bron van liefde is beperk en kan opdroog. Alle paartjies, self ons sogenaamde celebs, gaan soms deur moeilike huweliks- en verhouding­sprobleme wat hul kapasiteit om lief te hê tot sy uiterste toets. Paartjies slaag dikwels nie die toets nie omdat hulle probeer om mekaar slegs op ’n menslike manier lief te hê.

Dit maak nie saak of jy Brad Pitt of Angelina Jolie is nie. Dit maak nie saak hoe ryk of geleerd die man of vrou is nie. Rykdom, skoonheid, sjarme, intellektu­ele of sportiewe vaardighed­e kan ons nie beskut teen die aanvalle van elemente wat die liefdesver­houding bedreig nie. Om dus mekaar slegs lief te hê met menslike vermoëns, is nie genoeg nie. Ons moet ons harte, wat die bron van liefde is, met God se liefde vul.

Ons het God se liefde nodig. Romeine 5:5 sê:“Die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.”

Wanneer ons op God se liefde staatmaak, dan word Sy liefde ons reservoir waarvan ons kan skep om ons harte te hervul wanneer dit leeg loop. Verhouding­s floreer wanneer ons die liefdestui­n kan voed deur God se liefde met mekaar te deel. Sy perfekte liefde; God se onvoorwaar­delike liefde. Ek glo slegs God se liefde kan paartjies bymekaar hou.

Eerstens, ons lees in 1 Korinthiër­s 13:13: “En nou bly geloof, hoop, liefde – hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.”

Die teks praat van dinge wat vergaan op ons lewenspad, maar God se liefde vergaan nimmermeer. Let wel, die teks praat nie van ons liefde nie, maar wel God se liefde. Dit wil vir my sê ons moet nie op ons liefde staatmaak om ons verhouding­s of ’n huwelik te laat werk nie. Ons moet op God se liefde vertrou. As ons as liefdespaa­rtjies verlang om ’n mooi en genotvolle huwelik of verhouding te bou, dan moet ons op God se liefde staatmaak.

Tweedens, dit is God se liefde wat ons bemagtig. Dit is slegs deur God se liefde wat ons in staat is om mekaar te kan vergewe. Dit is wanneer ons die Heilige Gees toelaat om God se liefde in ons harte te stort, dat ons liefde, geduld en lankmoedig­heid kan betoon aan ons geliefdes wanneer hulle fouteer en seermaak-dade herhaal.

God se liefde in ons harte gee ons die vermoë om nie onwelvoegl­ik of selfsugtig op te tree nie. Slegs God se liefde raak nie verbitterd nie. Ons in ons menslike natuur vind dit maklik om ’n databasis van kwaad op ons memory cards te stoor. Maar dit is God se liefde wat ons help om die foute en sonde van ons eggenote en lewensmaat te kan bedek en te verdra. God se liefde sal ALTYD die beste van ons lewensmaat hoop en glo. Die liefde wat nimmermeer vergaan, begeer om te verstaan, aan te pas, te aanvaar, op te offer, te kommunikee­r, bemoedig en getrou te bly in moeilike en negatiewe omstandigh­ede.

Liewe vriende, kom ons maak ons harte oop gedurende die seisoen van liefde en romanse, om gevul te word met God se liefde. Want dit is slegs Sy liefde wat ons bymekaar kan hou. * Pastoor Dean Carelse is verbonde aan die Shekinah Volle Evangelie Kerk van God in S.A. in Mitchells Plain.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa