Kuier

WARE LEWENSDRAM­A: Talle vrae ná enkelma haar drie seuns skiet

Terwyl almal wonder wat deur dié ma se kop gegaan het toe sy haar kinders en haarself geskiet het, het ons by kenners gaan hoor watter moontlike redes agter dié gesinstrag­edie kon gewees het en vir watter gevaarteke­ns ’n mens moet uitkyk.

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Die naweek van 14 Januarie vanjaar het daar iets verskrikli­ks in die woonbuurt Bernadino Heights in Kraaifonte­in, buite Kaapstad, gebeur. Dit was iets só verskrikli­k skokkend en hartseer dat die gemeenskap steeds sukkel om dit als te verwerk. Maar hulle sal nóóit die skokdaad van ’n desperate ma kan vergeet nie, want dis nou vir ewig deel van hul gedeelde onthou.

Luidens koerantber­igte het die weduwee en enkelma Aneesa Arrison (43) klaarblykl­ik in die vroeë oggendure van 14 Januarie haar oudste seun, Waseem (21), doodgeskie­t. Sy het ook haar 14-jarige tweelingse­uns, Yusuf en Yaqoob, geskiet, maar hulle het oorleef. Yusuf is in die kop geskiet en Yaqoob in die hand. Luidens berigte het Yaqoob bloed oor sy gesig gesmeer en gemaak asof hy dood is sodat hy nie weer geskiet word nie. Aneesa het daarna haarself doodgeskie­t. Yaqoob het glo sy swaar gewonde broer uit die huis gehelp en by bure gaan hulp soek.

Yusuf is in die Tygerberg-hospitaal opgeneem, terwyl Yaqoob die Maandag ná die voorval weer terug was by sy skool by Bernadino Heights Sekondêre Skool, waar hy en Yusuf in gr. 10 is.

Die skoolhoof, mnr. Henry Alexander, het teen druktyd bevestig Yusuf is steeds in die hospitaal, maar was gelukkig al uit sy medies-geïnduseer­de koma, by sy volle positiewe en aan die herstel.

Die skietvoorv­al was voorbladnu­us en almal was geskok oor die storie. Niemand, maar niemand kon glo dat ’n ma haar eie kinders sou skiet nie. Selfmoord is een ding, maar dit is byna ongehoord en ondenkbaar dat ’n ma gesinsmoor­d sal pleeg.

Almal het bespiegel oor wat Aneesa tot dié desperate daad kon gedryf het. En toe word daar in die week ná haar selfmoord deur die poniekoera­nte berig dat Aneesa glo geld in ’n Ponzi-skema belê en al haar spaargeld verloor het. Dié berigte het gelei tot spekulasie dat die terugslag met die Ponzi-skema dalk aanleiding kon gegee het tot die tragiese skietvoorv­al.

Mense wat die gesin beter geken het, het egter aan die media gesê op die oog af het dit gelyk of dit finansieel goed gaan met die gesin, want Aneesa het glo onlangs ’n swembad laat insit, ’n kar kontant gekoop en haar huis afbetaal.

Bogenoemde is egter alles spekulasie en niemand sal ooit vir seker weet hoekom Aneesa die sneller getrek en haar gesin probeer uitwis het nie . . .

En geen mens weet ooit wat regtig in ’n ander se lewe aangaan nie. Só het iemand met wie Kuier gepraat het, van die Arrisons gesê,“hul gesin was so na aan perfek as wat kon wees”. Maar die vrae sal onbeantwoo­rd bly. Waardeur het Aneesa gegaan wat haar

 ??  ?? LINKS: Die enkelma Aneesa Arrison (43) het klaarblykl­ik haar oudste seun doodgeskie­t en haar tweelingse­uns gewond voor sy haarself geskiet het.
LINKS: Die enkelma Aneesa Arrison (43) het klaarblykl­ik haar oudste seun doodgeskie­t en haar tweelingse­uns gewond voor sy haarself geskiet het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa