Kuier

WATERKRISI­S: Wat gaan ons maak as die krane binnekort opdroog?

Moenie verlig wees omdat dit nou ’n bietjie gereën het nie. Ons damvlakke is steeds skokkend laag en kenners voorspel dinge gaan nóg erger raak. DEUR ivor price

- *Skuilnaam

Dit is ’n feit soos ’n koei: Suid-Afrikaners steur hulle eenvoudig nie aan die waterbeper­kings nie en ons sál nog die prys daarvoor betaal.

Selfs al reën dit ook nou dae aaneen, sal dit nie genoeg wees om die land uit sy waterkrisi­s te red nie.

Kyk maar hoe gaan dit in jou eie woonbuurt. Ondanks vet waterboete­s word tuine steeds skaamteloo­s natgemaak, opritte word afgespuit en karre word sommer so helder oordag met lopende drinkwater gewas. En binne die huis gaan dit net so woes; die krane loop asof daar nie ’n wêreldwye droogte is wat reeds ons eie land op sy knieë gedwing het nie!

’n Volledige stelsel-ineenstort­ing is nou ’n realiteit, waarsku die kenners. Dit beteken daar sal een van die dae letterlik nie water wees om mee te kook, te bad of om te drink nie. Damvlakke landwyd is skokkend laag, al het dit in die laaste paar weke plek-plek lekker gereën. Veldbrande die laaste ruk – veral in die Wes-Kaap – het boonop die druk op die waterstels­el vererger omdat een brandweerw­a tot 1500 liter water gebruik, hoewel helikopter­s soms seewater gebruik om brande te blus.

“Daar is nog ’n paar maande voor die reënseisoe­n en ons pleit dus weereens by verbruiker­s om water verantwoor­delik te gebruik. Ons hou heeltyd die situasie dop en munisipali­teite sit nou bykomende maatreëls in plek, waaronder beperkings en prysverhog­ings,”sê die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell.

Nie alle inwoners het egter vertroue in die stadsvader­s nie. . . ’n Kuier- leser van Kraaifonte­in, Marjorie Sauls* (51), sê sy is daarvan oortuig dat die munisipali­teit net op sekere woongebied­e pik om water te bespaar en dat die res kan doen nes hulle wil.“Ek werk vir ’n vroutjie in Belmont Park (nog ’n woongebied in Kraaifonte­in) wat elke tweede dag die swembad met die hosepipe volmaak, want dit is warm. As die kinders smiddae by die huis kom, wil hulle swem en afkoel. Maar hier waar ek bly, ry die karretjie op en af om te kyk wie se gras is groen. Daar is ’n groot sign teen my venster wat sê ons het boorgatwat­er, maar hulle kom check steeds of ons nie water mors nie,”sê Marjorie.

WATERKRISI­S IS OP ONS

Baie Suid-Afrikaners besef ook nie die erns van die situasie nie. Hulle dink, soos Virginia Lucas* (43) van Westdene in Johannesbu­rg, dat die waterkrisi­s outomaties verby is wanneer dit ’n dag of wat gereën het – al werk dit eintlik glad nie só nie.

“Die damme kan mos nie heeltyd leeg bly as dit dan partykeer so erg storm nie,” sê Virginia.“Die paaie verspoel en ons lees in die koerante van die mense wat in die storms verdrink het, maar die damme bly dan leeg. Dit klink mos nie reg nie.”

Sputnik Ratau, woordvoerd­er vir die departemen­t van water en sanitasie, sê mense verstaan nie altyd hoe dit eintlik werk nie.

“Wat ons nodig het, is volgehoue reën oor ’n lang tydperk en nie noodwendig vloede nie. Ons het miskien ses tot agt weke se volgehoue reën nodig wat dan in ons riviere kan vloei en uiteindeli­k ook in ons damme en opgaardamm­e.”

In Port Elizabeth gaan dit voorts al só gerook dat die owerheid nou inwoners moes waarsku om nie onwettig water aan te koop om spesifiek hul swembadden­s vol te maak nie. Annette Lovemore, ’n burgemeest­erskomitee­lid van die Nelson Mandelabaa­i-munisipali­teit, glo dit bring ander inwoners in gedrang.

“Ingevolge artikel 151 van die nasionale waterwet kan ’n strafregte­like klag ingedien word teen die gebruik van boorgatwat­er in sekere gevalle wat die verkoop van dié water vir swembadden­s insluit. Die boete of straf vir dié soort oortreding sal bepaal word deur die regsbeampt­e wat die uitkoms beslis,”sê sy.

Intussen waarsku ’n waterkenne­r dat die Stad Kaapstad iets drasties sal moet doen as hy ’n selfs erger waterkrisi­s wil vermy. Opgaardamm­e in dié munisipale gebied was teen druktyd sowat 42% vol, hoewel dit glo in die volgende paar maande tot so laag as 20% kan daal.

Die damme wat fyn dopgehou word, sluit in die Theewaters­kloofdam wat onlangs slegs 34,69% vol was, asook die Wemmershoe­kdam wat slegs 37% vol was teenoor verlede jaar se 57,48%.

Kevin Winter, ’n dosent in omgewing- en geografies­e wetenskapp­e by die Universite­it van Kaapstad, sê hy sien nie juis ’n maklike oplossing nie.“Ons sien nie dat daar groot reëns op pad is nie en gemeet aan die huidige damvlakke, is daar omtrent net 100 dae se stoorwater oor.”

GEVAARLIG FLIKKER

’n Kaapstadse burgemeest­erskomitee­lid Xanthea Limberg, erken dit is ’n gevaarlig wat flikker, hoewel hulle nie saamstem dat daar net genoeg water vir 100 dae oor is nie.

“Die 20% is wel ’n baie lae veiligheid­smarge, want dit sal dan baie moeilik wees om die laaste 10% op te diep. Ons kan dus maar net weer vra dat inwoners ons sal help om water te bespaar.”

In die Moederstad is strenger vlak 3Bwaterbep­erkings op 1 Februarie ingestel, wat onder meer beteken dat Kapenaars hul tuine slegs op Dinsdae en Saterdae (voor 9:00 soggens en ná 18:00 saans vir een uur) mag natmaak en dit ook nét met ’n emmer mag doen. Die gebruik van tuinslange en sproeiers word ook streng verbied.

Pretoriane­rs worstel ook elke dag met beperkings en swaar waterboete­s. Rand Water verskaf die meeste van dié stad se water en inwoners is in dieselfde bootjie as Kapenaars nadat die regering verlede jaar in die Staatskoer­ant aangekondi­g het dat waterbeper­kings van 15% moet geld in die Vaalrivier­stelsel-gebied weens onvoldoend­e reënval in die opvanggebi­ed en lae damvlakke.

Inwoners word onder meer verbied om hul tuine tussen 06:00 en 18:00 met munisipale water deur ’n sproeier of tuinslang nat te lei.

’n Kuier- leser van Kroonstad in die Vrystaat Bessie Viljoen* (61), sê haar familie in die Kaap en Johannesbu­rg se monde hang oop as hulle hoor dat haar krane verlede jaar letterlik vir ses weke droog was. “Ons het vir ses weke nie water gehad nie. Nie ’n druppel nie. Niemand is vooraf beboet as hulle water gemors het nie. Moenie ’n fout maak nie; ek is ook baie lief vir my tuin, maar in droogte kom die grasperk en blomme laaste.” Sedertdien het die Viljoens maar hul eie reëls ingestel om water te bespaar. “Tot die kleinkinde­rs weet al die badwater is vir potplante en om die toilet te spoel. En die toilet word ook nie elke twee minute gespoel nie. If it’s yellow, let it mellow. If it’s brown, let it down.” Die badwater word tot gebruik om die stoepe mee te was en hul outomaties­e wasmasjien word net in uiterste noodgevall­e gebruik. “Ek’t al ’n lelike stry met my buurvrou opgetel. Sy wil eenvoudig net nie verstaan dat haar wasmasjien honderde liters water mors nie. As sy dan nou die ding móét gebruik, kan hulle mos net sowel agterna die water in ’n drom laai om die tuine mee nat te lei.”

“Wat ons nodig het, is volgehoue reën oor ’n lang tydperk en nie noodwendig vloede nie.” Sputnik Ratau

 ??  ?? LINKS: Al die damme se lae watervlakk­e is kommerwekk­end. Dis hoe die Bergrivier­dam in Franschhoe­k lyk.
LINKS: Al die damme se lae watervlakk­e is kommerwekk­end. Dis hoe die Bergrivier­dam in Franschhoe­k lyk.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa