Kuier

Wenke wat werk

Ons gee raad vir miere en ontmoet ons ook Wenk van die Jaar-wenner.

-

Om klere met zips lank te laat hou, maak die zip toe voor jy dit was en maak eers weer los wanneer die klere droog is. A. VAN KRADENBURG­H, RANDFONTEI­N

Vir slegte spysverter­ing, eet pynappels. Dis ryk aan vitamien C en kollageen en dit hou jou bloedvate skoon. MARIA PIETERS, SARON

Om te verhoed dat iemand per ongeluk teen ’n toe skuifdeur vasloop, plak koekdoilie­s op verskillen­de hoogtes vas met contact. Dit dien ook as mooi versiering. MARLENE MARAIS, STRAND

As jou neus seer word van baie afvee weens sinus of verkoue, smeer Lip Ice aan, veral die een met die genesende factor. Dit help gou en is veilig vir babas en kleuters. ELZE VISSER, PAARL

Gebruik Handy Andy en ’n ou tandeborse­l om jou krane en die onderkant van jou toiletsitp­lek skoon te maak. GERRI BOTHA, PRETORIA

Vergeet jy ook om jou Pick n Pay-afslag te gebruik voor dit verval? Knip dit van die strokie af en draai dit sommer om jou Smart Shopper-kaart. Dan is dit sommer byderhand wanneer jy weer iets gaan koop. JANETTE JULIES, WELLINGTON

Sit van jou drinkglase in die yskas om dit lekker yskoud te hou. Wanneer jy gaste kry, gebruik die glase in die yskas, dan bly die koeldrank langer koud. ALDINE JACKSON, GRAAFFREIN­ET

Gebruik ’n baby wipe om roll-on merke af te vee. JAYLEE GERTSE, RIVERSDAL

As jy ’n las het met miere, gooi ’n bietjie waspoeier daar waar hulle bedrywig is. AMINA RECEIT, UITENHAGE

As een van jou geel rubberhand­skoene skeur, moet dit nie weggooi nie. Dop dit net om en dra op die ander hand dan het jy weer ’n volle paar. NICOLEEN KAPANK, KAREEDOUW

Om van onaangenam­e reuke in jou huis ontslae te raak, sny ’n suurlemoen in kwarte en sprinkel sout op. Dit sal die reuke absorbeer. FLORENCE KOEKEMOER, GERMISTON

As jou hare hard en leweloos is, was dit met Dove-seep en gooi ’n doppie Savlon in jou spoelwater. Dit doen wondere vir jou hare en kopvel. BELLA LATEGAN, PAROW-OOS

Vir watermerke op houtmeubel­s: Blaas die vlek met jou haardroër op warm. Dit sal stadig verdwyn terwyl jy blaas. SUZETTE VAN DER BERG, BLOEMFONTE­IN

Vir die rash tussen jou bene, smeer alkoholvry­e roll-on aan. JUANITA DE WAAL, VANDERBIJL­PARK

As jy desperaat is om jou nail polish af te kry, maar nie remover het nie, smeer nail polish bo-op en vee af met ’n sterk lap. SHARNE ESSOP, GOODWOOD

Leerskoene sal selfs nog mooier blink as jy ’n bietjie swart koffie by jou skoenpolit­oer meng. SANDRA DANIELS, BISHOP LAVIS

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa