Kuier

Wenk van die jaar

-

SHARON SEEKOEI van Brackenfel­l is aangewys as die gelukkige wenner van Kuier se Wenk van die Jaar-kompetisie vir 2016. Sy stap weg met ’n GLAD-hamper sowel as R6 000 kontant! Sharon se wenk is in Oktober verlede jaar as die wen-wenk van die maand gekies:“Gebruik die krummels wat agterbly in jou Weetbix-boks in plaas van broodkrumm­els wanneer jy frikkadell­e maak. Dis baie meer voedsaam en lekkerder.”

Sy sê sy het dié blink idee gekry toe sy eendag frikkadell­e wou maak, maar geen brood gehad het nie.“Ek het altyd die Weetbix-krummels in ’n fles versamel omdat ek nie geweet het wat om daarmee te doen nie. Toe ek dus eendag nie brood vir frikkadell­e gehad het nie, het ek idee gekry om die Weetbix-krummels te gebruik.”

Sharon se bure en vroue in die oefenklub waaraan sy behoort, is mal oor dié wenk en gebruik dit ook. Sy is ’n getroue Kuier- leser en sê sy pas gereeld die wenke toe wat sy in die tydskrif lees.“Ek hou veral van die wenk om roesmerke uit klere te kry. Jy smeer suurlemoen en sout daarop en los dit dan in die son.”

Sharon het ook nog ’n wenk van haar eie met Kuier gedeel. Sy sê as jou belt te lank is, kan jy ’n lussie van cable ties maak. Met haar prysgeld gaan Sharon haar familie en veral haar dogter, Aimee, wat binnekort verjaar, ’n bietjie bederf. LINKS: Sharon ontvang haar GLAD-hamper van Courtney Cupido, Kuier se bemarkings­assistent. ONDER: Sharon demonstree­r die wen-wenk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa