Kuier

Toegewyd aan god

Ons is omring met liefde, maar voor ons selfs ons naaste kan liefhê, moet ons lief wees vir God. Hy het ons onvoorwaar­delik lief. SAAMGESTEL DEUR LAVERN MAARMAN

-

G“When the angels ask what I loved the most about life, I’ll say you.” My Dear Valentine Love Qoutes Johannes 13:34 Ek gee julle ’n nuwe gebod: Julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. Korinthiër­s 13:13 En nou bly geloof, hoop, liefde – hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde! Being deeply loved by someone gives you strength while loving someone deeply gives you courage. Lao Tzu

EBED Liewe Heer, sedert ons kan onthou, word ons geleer van liefde. Maar help ons besef dat ons bo alles, eers God se liefde moet aanvaar sodat ons ook ander kan liefhê. Baie keer raak ons die pad byster; ons maak mekaar seer en besef nie wat ons aan ander doen nie. Soms misbruik ons selfs die liefde om te kry wat ons wil hê, maar Here kom maak ons hart rein sodat ons U liefde kan uitstraal. Ons dink aan die bekende liedjie van die Bee Gees getiteld “How deep is your love”. Laat ons die liedjie só interprete­er dat ons stil word en onsself afvra hoe diep is my liefde regtig vir God? Een van die verse sê: “You’re the light in my deepest darkest hour, You’re my saviour when I fall. . .” Help ons om die grootste gebaar van liefde te onthou – dat God Sy eniggebore Seun gestuur het sodat ons deur Hom kan lewe. Help ons om nie op ons eie krag staat te maak nie, maar liewer na U toe kom; ons Vader wat ons ewig sal liefhê. Amen

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa