Kuier

PANGEBRAAI­DE FOREL MET VINKEL- EN APPELSLAAI

-

Genoeg vir 2 BESTANDDEL­E Vir die forel

2 x forel (trout)-filette (salm werk ook) Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 eetlepel olyfolie 2 eetlepels vars pietersiel­ie, gekap ½ suurlemoen Gerasperde skil van ½ suurlemoen

Vir die vinkel- en appelslaai

¼ bol jong vinkel, in dun skyfies gesny 1 groen appel, in dun repies gesny (stokkies, julienne) 1 handvol wilde rocket-blare 1 teelepel suurlemoen­sap 1 eetlepel olyfolie ’n Knippie elk, sout en swartpeper

METODE

Bedruip die forel met olyfolie. Geur met sout en peper en vryf dit lekker in. Strooi die pietersiel­ie op ’n snyplank en druk die vis met die vleiskant na onder daarin. Verhit ’n kleefvrye pan oor medium tot hoë hitte. Plaas die vis met velkant na onder in die pan en rooster tot bros. Draai die vis versigtig om en braai die anderkant tot die vis begin verkleur, maar moet dit nie heeltemal gaarmaak nie anders droog die vis te veel uit. Skep uit en druk die suurlemoen­sap oor die vis. Besprinkel met suurlemoen­skil.

Slaai: Klits die suurlemoen­sap, olie, sout en peper saam met ’n vurk. Plaas die rocket, appel en vinkel in ’n bakkie. Giet die sousie daaroor en meng liggies met die vingers deur. Plaas ’n hopie van die slaai op ’n bord en bedien saam met die forel. Die slaai moet net voor opdiening gemaak word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa