Kuier

LAMSTJOPS, SPINASIESL­AAI & WAAIERAART­APPELS

-

Genoeg vir 2 BESTANDDEL­E Vir die tjops

4 lamstjops van jou keuse 2 knoffelhui­sies, gekneus 1 takkie roosmaryn 1 eetlepel olyfolie 1 eetlepel botter

Vir die aartappels

2 mediumgroo­tte aartappels, goed afgewas 2 – 3 eetlepels botter, gesmelt ’n Knippie sout en peper

Vir die rissiebott­er

125 g sagte botter ½ teelepel rissievlok­kies 2 eetlepels chillisous (garlic- of sweetchill­isous) 2 eetlepels vars pietersiel­ie, gekap

Vir die slaai

2 handevol babaspinas­ieblare, afgespoel ½ rooi ui, in dun ringetjies gesny ¼ koppie pekanneute, gebreek ¼ koppie cranberrie­s (bosbessies) 1 eetlepel balsemieke­stroop 1 – 2 eetlepels olyfolie

METODE

Tjops: Geur die tjops. Verhit die olyfolie in ’n pan oor matige hitte en braai die tjops tot gaar. Voeg die botter, knoffel en roosmaryn by. Verlaag die hitte en bedruip die tjops met die pansous. Aartappels: Voorverhit die oond tot 190°C. Plaas 1 aartappel in ’n groot opskeplepe­l. Sny die aartappel in eweredige, dun skywe – maar nie dwarsdeur die aartappel nie; die skywe moet nog vas aan die basis wees. Herhaal met die ander aartappel. Verf met gesmelte botter en geur. Plaas op ’n gevoerde bakplaat en bak vir 45 – 50 minute tot deurgaar. (Maak solank die rissiebott­er – sien onder.) Haal uit die oond en pak skyfies van die rissiebott­er op die aartappel, terwyl dit nog warm is. Rissiebott­er: Meng al die bestanddel­e saam, skep in kleefplast­iek, rol op in ’n worsie en verkoel tot benodig. Slaai: Plaas die spinasie en uie in ’n bak. Meng die balsemieke­stroop en olyfolie en bedruip oor die blare. Meng liggies. Voeg die neute en bosbessies by en meng liggies. Opdiening: Skep die slaai in 2 borde en die tjops langsaan. Skep die aartappel by en bedien warm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa