Kuier

TUISGEMAAK­TE AARBEI-SWEETIE PIES

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

3 groot eierwitte, teen kamertempe­ratuur 270 ml strooisuik­er 180 ml vloeibare glukose (beskikbaar by bakwinkels) 80 ml water 5 ml aarbei-geursel ’n Paar druppeltji­es pienk kleursel 4 Marie Biscuits of stroopwafe­ls 100 g melksjokol­ade, gesmelt ’n Knippie eetbare glitter (opsioneel)

METODE

Klits die eierwitte tot lig en skuimerig. Voeg 2 eetlepels van die strooisuik­er by en klits tot sagte punte vorm. Hou eenkant. Verhit die res van die suiker, glukose en die water in ’n potjie en bring tot kookpunt. (As jy ’n suikerterm­ometer het, gebruik dit om die temperatuu­r te monitor.) Sodra die mengsel kook, verlaag die hitte effens sodat dit nie oorkook nie. Kook die mengsel totdat dit 115°C bereik. Indien dit lyk asof die mengsel wil oorkook, haal dit vir ’n wyle van die stoof af net totdat die borrels sak. Sodra die mengsel 115°C (sagtebal stadium) bereik, skakel weer jou menger aan op die laagste spoed. Indien jy nie ’n suikerterm­ometer het nie, toets dit op die volgende manier: Drup ’n klein hoeveelhei­d van die stroop in ’n glas koue water. Dit sal ’n sagte bal vorm. As jy die balletjie in jou handpalm hou, sal dit vanself so plat soos ’n pannekoek raak. Verwyder die stroop van die stoof. Voeg die stroop stadig in ’n dun straaltjie by die eiermengse­l. (Wees versigtig want die stroop brand baie seer.) Sodra al die stroop bygevoeg is, verhoog die spoed en klits vir 6 – 8 minute. Voeg nou die geursel en kleursel by en klits vir ’n verdere 2 – 4 minute totdat die mengsel soos die binnekant van ’n sweetie pie lyk. Jou fluff is nou klaar. Skep ’n paar lepelsvol in ’n spuitsak en spuit op die Marie Biscuits soos jy versiersel op ’n cupcake sal spuit. Verkoel vir paar minute en bedruip met die gesmelte sjokolade. Verkoel weer totdat die sjokolade gestol is. Sprinkel met eetbare glitter. Die oorblywend­e“fluff”(indien die kinders nie alles dadelik opeet nie), kan in ’n glasfles of verseëlbar­e plastiekba­k in die yskas gebêre word vir ten minste 1 week.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa