Kuier

wat gebeur met my liggaam?

Ons gaan almal die een of ander tyd deur puberteit en dit kan baie verwarrend wees. Sorg dus dat jy weet watter veranderin­gs met jou liggaam gaan plaasvind sodat jy dié moeilike tyd kan oorkom.

- Deur Shirmoney Rhode

puberteit is ’n vreemde, snaakse, ongemaklik­e, dog opwindende tyd in ’n jongmens se lewe. Die een oomblik is hulle gelukkig en optimistie­s oor alles, maar as jy weer sien, gooi die kleinste dingetjie hul hele lewe omver. En al is hulle soms skaam om dit te erken, weet diegene van ons wat al puberteit oorleef het, wat om te blameer – hormone!

Eenvoudig gestel, is puberteit ’n stadium van ’n jongmens se lewe waarin hulle fisiek en emosioneel baie vinnig op pad is na volwassenh­eid. Gedurende hierdie stadium van hul lewe ondergaan hul liggame vinnig fisieke en hormoonver­anderinge wat hulle voorberei vir voortplant­ing en geboorte. Puberteit is buite ’n mens se beheer en daar stroom hordes hormone deur die bloedstroo­m, wat jongmense se liggame dwing om te verander.

Die duidelikst­e veranderin­g tydens puberteit, is dalk die feit dat tieners skielik vinnig groei. Die probleem is dat nie al hul liggaamsde­le ewe vinnig groei nie. Maar wees verseker dat dinge mettertyd wel sal regkom. ’n Aantal ander fisieke veranderin­gs vind ook plaas tydens puberteit.

Hare groei onder die arms, rondom die geslagsdel­e en op die gesig Geslagsorg­ane word groter Stem verander (word dieper) Onwillekeu­rige ereksies en nagtelike masturbasi­e en ejakulasie (wet dreams)

Hormone is spesiale chemiese boodskappe­rs in die liggaam wat geskep word in die endokriene­kliere. Hierdie boodskappe­rs beheer die meeste groot liggaamlik­e funksies, van eenvoudige basiese behoeftes soos honger wees tot komplekse stelsels soos voortplant­ing en selfs die emosies en gemoedstoe­stand.

Estrogeen is vir vroue die belangriks­te geslagshor­moon. Dit veroorsaak puberteit, berei die liggaam en baarmoeder voor vir swangerska­p en dit reguleer die menstruele siklus.

Testostero­on is die belangriks­te geslagshor­moon in mans. Dit veroorsaak puberteit, verhoog beendigthe­id, stimuleer haargroei op die gesig en vermeerder spiermassa.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa